Teken Aan

Facebook

 
Banier
Welkom almal PDF Afdruk E-pos
Algemeen - Welkom
Geskryf deur Riaan   
Maandag, 24 Maart 2008 08:23

Hi daar, en welkom by Praat Afrikaans!

Hierdie webtuiste is bloot 'n plek waar Afrikaners lekker in hul eie taal kan kuier.  Daar is verskeie forums oor verskeie onderwerpe, so val weg en praat hoor!  Indien jy oor iets wil praat wat NIE daar gelys is nie, laat weet my, en ek voeg 'n nuwe forum in oor die onderwerp wat jy wil bespreek.

Afrikaans is tans die vinnigste-groeiende taal op die Internet!  WOO HOO! Ek's lekker trots daarop, wat van jou!? (***)

Onthou om te registreer!

Daar is nog 'n huisvol dinge om te doen en lees op die werf, maar jy moet registreer om toegang te verkry daartoe.  Registrasie is gratis en oombliklik.  Word deel van ons werf se gebruikers en kuier tot die koeie huistoe kom!

Die webtuiste is so tweejaar aan die gang.  Dis eintlik nog 'n baba.  Help ons om dit vinnig te groei na 'n lekker bron vir Afrikaans deur jou tjommies, jou familie, jou tjommie se pêl, jou suster se vriend se niggie se oom se kind se beste buddy en elke annir jan-rap en sy maat te nooi om hier te kom kuier!

Geniet die werf!

(***)Hierdie is nog hoorsê op dié stadium.  As iemand my kan help om statistieke op te spoor ter stawing hiervan, asb. doen so en vonkpos my.

Laas Opdateer op Maandag, 23 Mei 2011 14:03
 
Die eerste Taalmonument Aandwedloop PDF Afdruk E-pos
Algemeen - Ander Afrikaners
Geskryf deur Riaan Eloff   
Vrydag, 02 Desember 2011 01:33

Die eerste Taalmonument Aandwedloop, aangebied in samewerking met die Historium Konferensiesentrum en Paarl Atletiekklub, vind op Woensdag 14 Desember 2011 by die Taalmonument in die Paarl plaas. Die wedloop word aangebied ten bate van Huis Andrew Murray, ‘n Wellingtonse kinderhuis. Drakenstein Munisipaliteit is een van die hoofborge van die geleentheid.

Die wedloop, wat volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek aangebied word, vervang die gewilde Simonsvlei-wedloop op die wedloopkalender and volg ‘n opwindende en uitdagende nuwe roete. Die 10 km-wedloop begin om 18:30, en die 5 km-pretloop om 18:40. Die inskrywingsfooi is R40 vir die 10km (tydelike nommers sal beskikbaar wees teen R25) en R15 vir die pretloop. Stappers is welkom om deel te neem. Toegang sal gratis wees vir ondersteuners, wat genooi word om ‘n piekniek met musiek te kom geniet. Eie piekniekmandjies is welkom en verversings sal te koop aangebied word.

Medaljes en kontantpryse is op die spel en gelukkige trekkings sal plaasvind. Atlete kan aanlyn inskryf by www.entrytime.com / www.sa-active.co.za (spertyd vir aanlyn-inskrywings is op 09.12.11) of ‘n inskrywingsvorm van www.taalmonument.co.za aflaai. Inskrywings op die dag van die wedloop kan tussen 17:00 en 18:15 by die Taalmonument gedoen word.

 
Discovery Life snuif botter! PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Riaan Eloff   
Donderdag, 10 November 2011 04:58

DISCOVERY LIFE SNUIF BOTTER!!!! DIT IS DIE SATSTE ORGANISASIE WAT EK IN 'N LANG TYD IN MY LEWE MEE TE DOEN GEHAD HET (INDIEN NIE DIE SATSTE NIE!!!!) ARRRRRGGGGHHHH! Wanneer ek bietjie kalmeer en afgekoel het sal ek meer oor hulle orgie hier plaas! Dit is SKRIKWEKKEND! SKOKKEND! FRUSTREEREND! TYDROWEND! Nee, DT IS BELAGLIK!!!! Ek sukkel al bykans NEGE MAANDE om my debietorder by hulle te skuif van my ou bankrekening na die nuwe een!!! WAT 'N GEMORS VA 'N PLEK!  Ek het nou maar eenmaal net genoeg gehad van hulle twak!  Jammer mense, hierdie blad is sekerlik nie die plek om vuil wasgoed te was nie, maarek is raadop, moedeloos, siek-en-sat vir hulle twak, en hierdie is die beste uitlaat wat ek tans het!  Meer volg binnekort, hou maarhier en op www.facebook.com/praat.afrikaans dop.

 
Kersliedere by Kerslig PDF Afdruk E-pos
Algemeen - Ander Afrikaners
Geskryf deur Riaan Eloff   
Vrydag, 02 Desember 2011 00:38

Bekende Drakensteinse kore, waaronder Bel Canto, Bethel Congregational Kerk, Joyful Singers, Alpha Messengers en Paarl Voices, tree op Sondag 4 Desember by ‘n Kerssangaand by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op. “Kersliedere by Kerslig” sluit ook vertonings deur die sanggroep Adagio, die Royal Stars Kersorkes en die solis Corrin Watts in. ‘n Gesamentlike massakoor sal Kersliedere saam met die gehoor sing.

Die konsert, ten bate van die Paarl Post se Kersfonds, begin om 19:00 op die verhoog op die grasperk en duur tot 21:00. Gaste kan ‘n kers, ‘n kombers en hul eie piekniekmandjie saambring of een by Volksmond Koffiewinkel bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings.

Toegang by die hek is R10 vir volwassenes en R5 vir pensioenarisse en kinders (gratis onder 6 jaar). Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel.

Piekniekkonserte vind ook plaas op 18 Desember (Valiant Swart), 28 Desember (Dans van die vlamme), 14 Januarie (Les Javan en Riku Lätti) en 28 Januarie (The Rockets). Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441 of besoek www.taalmonument.co.za.

 
Flip Buys se Afrikaanse kat kom weer PDF Afdruk E-pos
Algemeen - Ander Afrikaners
Geskryf deur Riaan Eloff   
Sondag, 02 Oktober 2011 03:54

Flip Buys se Afrikaanse kat kom weer
Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, vertel sy storie van kindsbeen se kanniedood-Afrikaans. Buys is een van ʼn groep voorste Afrikaanse meningsvormers wat op ʼn gereelde basis bydraes lewer tot Dié Groot Debat.

Uittreksel uit: My Afrikaanse kat kom altyd weer

Jan was nie die gemiddelde kat op straat nie. Met Goliat se lyf en Dawid se hart, sou Jan sekerlik nie inpas by my regsvriende se idee van die “redelike kat” nie. Jy sien, Jan was ons huisheld sedert hy ʼn paar weke tevore kat-alleen ’n reuse rinkhals in die stikdonker huis doodgemaak het toe Pa nie mooi met die kers kon sien nie. Destyds, in die dae toe ʼn plaashuis nie eers ʼn sleutel gehad het nie, was slange nog die gevaarlikste goed op ʼn plaas. Ná die geveg het Jan vir ʼn paar dae verdwyn, en na baie soek het ons aanvaar hy’s dood. Eers die dag voor my lewe verander het, was Jan styf-styf terug, met ʼn verergde trek om sy bek asof hy vies was dat ons nie geweet het met nege lewens is hy steeds (ram)kat genoeg vir tien slange nie.

Lees die volledige artikel by http://maroelamedia.co.za/blog/die-groot-debat/my-afrikaanse-kat-kom-altyd-weer/

 
«BeginVorige12345678910VolgendeEinde»

Bladsy 1 van 13
 

Wie's nou aanlyn?

Geen

Fiks en Gesond

Die basiese beginsels van sinvolle oefening

Almal weet dat fisiese oefening baie belangrik is, eerder onweglaatbaar, as jy fiks en gesond wil wees en jou kleinkinders sien groot word. Maar alle oefening is nie dieselfde nie. Enige oefening is beter as niks, maar as jy tyd, energie en geld daaraan gaan spandeer is dit dalk wys om so effektief as moontlik te oefen, dink jy nie ook so nie?

Hier is wat ek beskou as die belangrikste komponente van 'n goeie, sinvolle oefenprogram:

Lees meer...

Gemeenskapskalender