Teken Aan

Facebook

 
Banier
Welkom almal PDF Afdruk E-pos
Algemeen - Welkom
Geskryf deur Riaan   
Maandag, 24 Maart 2008 08:23

Hi daar, en welkom by Praat Afrikaans!

Hierdie webtuiste is bloot 'n plek waar Afrikaners lekker in hul eie taal kan kuier.  Daar is verskeie forums oor verskeie onderwerpe, so val weg en praat hoor!  Indien jy oor iets wil praat wat NIE daar gelys is nie, laat weet my, en ek voeg 'n nuwe forum in oor die onderwerp wat jy wil bespreek.

Afrikaans is tans die vinnigste-groeiende taal op die Internet!  WOO HOO! Ek's lekker trots daarop, wat van jou!? (***)

Onthou om te registreer!

Daar is nog 'n huisvol dinge om te doen en lees op die werf, maar jy moet registreer om toegang te verkry daartoe.  Registrasie is gratis en oombliklik.  Word deel van ons werf se gebruikers en kuier tot die koeie huistoe kom!

Die webtuiste is so tweejaar aan die gang.  Dis eintlik nog 'n baba.  Help ons om dit vinnig te groei na 'n lekker bron vir Afrikaans deur jou tjommies, jou familie, jou tjommie se pêl, jou suster se vriend se niggie se oom se kind se beste buddy en elke annir jan-rap en sy maat te nooi om hier te kom kuier!

Geniet die werf!

(***)Hierdie is nog hoorsê op dié stadium.  As iemand my kan help om statistieke op te spoor ter stawing hiervan, asb. doen so en vonkpos my.

Laas Opdateer op Maandag, 23 Mei 2011 14:03
 
lieplapper man PDF Afdruk E-pos
Gebruiker Beoordeling: / 1
SlegsteBeste 
Kunste - Gedigte
Geskryf deur Chy JvV   
Woensdag, 04 April 2012 00:57

ek verorber jou woorde

dink dis beter as lerieke en akkorde

 

maar dis bepeinsing -

omdat jy n dood oor die liefde bring

 

en ek weet waarom ek moet vlug

en eerder as om lief te he, sal ek daaroor dig

 

en oor n veilige hart wag hou

en China mure om hom bou.

Laas Opdateer op Woensdag, 18 April 2012 00:42
 
tevergeefs PDF Afdruk E-pos
Kunste - Gedigte
Geskryf deur Chy JvV   
Woensdag, 04 April 2012 00:52

want jy vergeet

hoe jou spies-punt

tong my aandoen met leed

en ek moet maar weer wonde toe bind

 

en ek othou

ekt lank terug gebid vir jou

sodat die liefde van die Here jou moet omvou

maar jou hart is klaar weer vuil-wit.

Laas Opdateer op Woensdag, 18 April 2012 00:41
 
hart huurder PDF Afdruk E-pos
Kunste - Gedigte
Geskryf deur Chy JvV   
Woensdag, 04 April 2012 00:54

Al besoek ek alle wereld wonders

en draai verkeerd af

en ek vlug met n loop-draf

en ontmoet hom soveel meer as jy

sal jy oertyd in my vierkamers bly

 

ek luister na jou stem

gevange in n klank-omskakeling

en ek hoop jy kan weer geluk bring

en ek hoop daar waar jy is

jou gemoed en hart veilig rus.

Laas Opdateer op Donderdag, 26 April 2012 06:05
 
Die eerste Taalmonument Aandwedloop PDF Afdruk E-pos
Algemeen - Ander Afrikaners
Geskryf deur Riaan Eloff   
Vrydag, 02 Desember 2011 01:33

Die eerste Taalmonument Aandwedloop, aangebied in samewerking met die Historium Konferensiesentrum en Paarl Atletiekklub, vind op Woensdag 14 Desember 2011 by die Taalmonument in die Paarl plaas. Die wedloop word aangebied ten bate van Huis Andrew Murray, ‘n Wellingtonse kinderhuis. Drakenstein Munisipaliteit is een van die hoofborge van die geleentheid.

Die wedloop, wat volgens die reëls van Atletiek Suid-Afrika en Boland Atletiek aangebied word, vervang die gewilde Simonsvlei-wedloop op die wedloopkalender and volg ‘n opwindende en uitdagende nuwe roete. Die 10 km-wedloop begin om 18:30, en die 5 km-pretloop om 18:40. Die inskrywingsfooi is R40 vir die 10km (tydelike nommers sal beskikbaar wees teen R25) en R15 vir die pretloop. Stappers is welkom om deel te neem. Toegang sal gratis wees vir ondersteuners, wat genooi word om ‘n piekniek met musiek te kom geniet. Eie piekniekmandjies is welkom en verversings sal te koop aangebied word.

Medaljes en kontantpryse is op die spel en gelukkige trekkings sal plaasvind. Atlete kan aanlyn inskryf by www.entrytime.com / www.sa-active.co.za (spertyd vir aanlyn-inskrywings is op 09.12.11) of ‘n inskrywingsvorm van www.taalmonument.co.za aflaai. Inskrywings op die dag van die wedloop kan tussen 17:00 en 18:15 by die Taalmonument gedoen word.

 
Verdere Artikels...
«BeginVorige12345678910VolgendeEinde»

Bladsy 1 van 14
 

Wie's nou aanlyn?

Geen

Fiks en Gesond

Die basiese beginsels van sinvolle oefening

Almal weet dat fisiese oefening baie belangrik is, eerder onweglaatbaar, as jy fiks en gesond wil wees en jou kleinkinders sien groot word. Maar alle oefening is nie dieselfde nie. Enige oefening is beter as niks, maar as jy tyd, energie en geld daaraan gaan spandeer is dit dalk wys om so effektief as moontlik te oefen, dink jy nie ook so nie?

Hier is wat ek beskou as die belangrikste komponente van 'n goeie, sinvolle oefenprogram:

Lees meer...

Gemeenskapskalender