Teken aan

Wie's aanlyn?

No Users Online

Skreeu hier bietjie vir mekaar

Laaste Boodskap: 1 week, 4 dae gelede
  • Douwlina : Almal uitgeval vir hygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Avigailtjie : hallo! Ja, ek wil graag weet waar my gedigte is...? ek kan hul nie vind en lees nie. Dankie en beste wense,
  • Avigailtjie : Hallo!
  • riaan : As dit die afgelop twee weke was, kan dit die SEACOM kabel wees, ek het persoonlik BAIE drama gehad om ENIGE websites oop te maak, weens spoed. Weet nie verseker of dit dit was nie, maar dis al wat ek kan dink.
  • www.novani. : Dit is lyk my n Grooot probleem om by enige afdelings in te kan gaan....maak net nie oop nie...is daar dalk tydelik n probleem!!

Jy moet eers aanteken voordat jy kan saamskreeu

Nuutste Kommentaar

Advertensieflitse

Kunste

Hierdie is die outeurs wat bydraes maak tot ons Kunste afdeling

Onderaan hierdie lys van outeurs is die Gedigte en Kortverhale, roll net die venster so 'n bietjie af, dan sal jy dit sien.

Anastasia BesterAnastasia Bester

Sy het die volgende te sê oor haarself:

"Ek haal graag 'n deeltjie aan uit 'n gedig van Lina Spies:
 
Gedig: jy is geen balsemskruid:
Wat mens wil vergeet,
DIT lap jy uit:
Jy kluister digters aan hul leed -
 
Dit is so waar. Ek stoei my lewe lank nog in protes teen die vers. Maar ek verloor telkens die stryd. Want die woorde het 'n lewe en wil van hul eie. Die stryd voer ek al aan van skooldae af. Eens het ek al my geskrifte in 'n laai gelaat om stof te vergaar. Nou dat ek ouer word, wil ek dit al meer en meer met ander deel"

 

Christo du PlessisChristo du Plessis

Hy vertel die volgende:

"Ek is in die ou Suidwes Afrika gebore 24 Feb 1956. Het daar groot geword en gewerk. Ek bly sedert 1980 in Pretoria.
 
Ek skryf al gedigte vanaf skooldae, maar het dit diep in die kas gebêre tot ongeveer 10 jaar terug. Ek het dit gewaag om een van my gedigte na die "Poetry of Africa" gestuur. Dit is gepubliseer en van my gedigte is in nog 4 van hulle bundels geplaas. Daar is ook van my gedigte geplaas in verskeie van "Die Woordgilde" se bundels. Ek is ook eenkeer gepubliseer in die "Christian Poetry Assosiation", almal natuurlik Afrikaanse gedigte.

In my gevorderde jeug het ek besluit om sang lesse te neem en volgens my sangonderwyseres gaan dit besonder goed. Ek kan ook 'n bietjie kitaar speel."

 

Corné DannhauserCorné Dannhauser

Corné stel homself aan ons voor met hierdie woorde:

"Ek is 'n baskitaarspeler vir verskeie groot kunstenaars in die Afrikaanse musiekmark waarvan Nataniël seker die bekendste is. Ek het saam met Heidi Bouwer 'n besigheid waarin ons onsself besig hou met allerhande relevante dinge in die kreatiewe rigting. Dan is ek ook liedjieskrywer en sanger wat laas jaar my eerste, eie Afrikaanse CD uitgebring het.

Ek werk aan die digkuns en hoop om spoedig 'n bundel te kan uitreik wat saam met my konserte bemark word. Ek wens ek was so goed met woorde soos Hans du Plessis of Sheila Cussons, maar ek ploeg maar op my eie manier voort; hoop iemand vind aanklank!

Vir meer inligting oor wat ons besigheid aanvang, gaan gerus na www.velvetmotion.co.za. Vir inligting oor my Afrikaanse musiek, besoek www.cornecorne.co.za. Laastens en belangrikste is ek die gelukkigste man in die heelal met 'n fantastiese vrou en kind."

 

Johanna van niekerkJohanna van Niekerk

in haar eie woorde:  "Ek is 'n kunstenaar in verskeie rigtings. Ek skilder, skryf gedigte, asook lang verhale. My eerste boek is in 1988 vrygestel. Dit was vir my 'n ongelooflike ervaring  om die eerste proefbundel in my hande te kon vas hou.  Die tweede druk is in Desember 2007 vrygestel. Dit is dieselfde boek wat herdruk is en die inligting in die boek is net opgradeer.

 Ek poog om nou 'n digbundel te skryf onder die naam Petronella de Beer.  My gedigte verf ek op doek en in woorde. Die onderstaande gedig het ek in 'n kontemporêre kunsstuk omskep.

 Ek wou eensaamheid skilder
'n nietige skepsel...
'n verinneweerde skepsel
wat goddelik is.

 Die verf  reën oor die doek
 my hande besete...
 Langsaam begin 'n gesig
uit die doek groei.

Stuk na stuk
vorm die beeld op doek...
Ek gryp my siel
 en plak dit op die doek."

 

Inalize CilliersInalize Cilliers

"Ek is Inalize Cilliers. My verlede is geskiedenis. My hede is my waarheid. My toekoms 'n ontdekkingstog. 

My oudste seun is van mening dat ek 'n ewige tiener is. My tweede seun dink sy ma is kwaai, maar kan ure met my sit en kuier. My jongste (ook 'n seun) noem my “super mom”, want volgens hom is daar niks wat ek nie kan doen nie. Ek hoop ek mag vir elkeen van hulle nog 'n rukkie langer die ‘magic’ behou.

My lewensmaat sê nie baie nie, maar staan deur dik en dun by sy ‘weird’ vrou met haar vreemde beroep (Opvoedkundige Kinesioloog).

Ek het my eerste song geskryf voor ek my naam kon skryf. Naas my vier manne, is my grootste liefde die verhoog, sang, liedjiesskryf, poësie, dans en mense.
 
Na ‘n lang stilte, is dit tyd om weer die papier te laat praat. Wat die mond nie sê nie, sal die berge uitskreeu. Dus sê ek soms wat party nie durf nie, maar ander dink. Soms is dit kommentaar op dinge wat ek raaksien, soms is dit my eie ervaring. Soms is dit die woorde self wat lewe kry en hulle eie sprook sprak. Geniet die ontdekkingstog saam met my."

Beveel ons aan by jou Sosiale netwerk


RedditDel.icio.usGet more widgets at VivoCiti.comDiggGoogleHuggReddot@eShiok!LiveFacebookSlashdotNetscapeTechnoratiStumbleUponSpurlWistsSimpyNewsvineBlinklistFurlFarkBlogmarksYahooSmarkingNetvouzShadowsRawSugarMa.gnoliaPlugIMSquidooco.mmentsBlogMemesFeedMeLinksBlinkBitsTailranklinkaGoGo
Module is designed by http://www.vivociti.com

Teken in op ons RSS kanaal

Statistieke

Members: 600
News: 130
Web Links: 0

Meningspeilings

Gaan die Bokke wen op Ellispark ook, en onoorwonne uit die reeks tree?