Ondersteun Asseblief
| Welkom almal |
|
|
|
| Written by Riaan | ||||||
| Maandag, 24 Maart 2008 | ||||||
Hi daar, en welkom by: Praat Afrikaans!Hierdie webtuiste is bloot 'n plek waar Afrikaners lekker in hul eie taal kan kuier. Daar is verskeie forums oor verskeie onderwerpe, so val weg en praat hoor! Indien jy oor iets wil praat wat NIE daar gelys is nie, laat weet my, en ek voeg 'n nuwe forum in oor die onderwerp wat jy wil bespreek. Afrikaans is tans die vinnigste-groeiende taal op die Internet! WOO HOO! Ek's lekker trots daarop, wat van jou!? (***) Registreer!Daar is nog 'n huisvol dinge om te doen en lees op die werf, maar jy moet registreer om toegang te verkry daartoe. Registrasie is gratis en oombliklik. Word deel van ons werf se gebruikers en kuier tot die koeie huistoe kom! Die webtuiste is nog splinternuut. Dis eintlik nog 'n baba. Help ons om dit vinnig te groei na 'n lekker bron vir Afrikaans deur jou tjommies, jou familie, jou tjommie se pêl, jou suster se vriend se niggie se oom se kind se beste buddy en elke anner jan-rap en sy maat te nooi om hier te kom kuier! Geniet die "site"! (***)Hierdie is nog hoorsê op dié stadium. As iemand my kan help om statistieke op te spoor ter stawing hiervan, asb. doen so en vonkpos my.
Only registered users can write comments!
Powered by !JoomlaComment 3.20
3.20 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved." |
||||||
| Last Updated ( Woensdag, 08 April 2009 ) | ||||||
| < Prev |
|---|


































Xavier teug rustig aan sy koffie hier...
Xavier sien eerste die pragtige saalp...
Xavier sien aan die stofwolk toe sy w...
Xavier is nie seker wat hy verwag het...
Daar is nie veel ruimte hier om op al...
Die vendusie is reeds in volle swang ...
Die vendusie is reeds in volle swang ...