Wie's aanlyn?

No Users Online

Skreeu hier bietjie vir mekaar

Laaste Boodskap: 1 week, 4 dae gelede
  • Douwlina : Almal uitgeval vir hygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Avigailtjie : hallo! Ja, ek wil graag weet waar my gedigte is...? ek kan hul nie vind en lees nie. Dankie en beste wense,
  • Avigailtjie : Hallo!
  • riaan : As dit die afgelop twee weke was, kan dit die SEACOM kabel wees, ek het persoonlik BAIE drama gehad om ENIGE websites oop te maak, weens spoed. Weet nie verseker of dit dit was nie, maar dis al wat ek kan dink.
  • www.novani. : Dit is lyk my n Grooot probleem om by enige afdelings in te kan gaan....maak net nie oop nie...is daar dalk tydelik n probleem!!

Jy moet eers aanteken voordat jy kan saamskreeu

Om te blog of nie te blog nie PDF Print E-mail
User Rating: / 1
PoorBest 
Written by Rozanne Myburgh   
Woensdag, 15 Julie 2009

[Soos gepubliseer in die Junie-uitgawe van jouwêreld e-tydskrif http://www.jouwereld.co.za/jl_blogs.html]

 

Almal het al van blogs gehoor, maar wie op aarde blog? Waar doen hulle dit, en waarom?

 

Wat op aarde is 'n blog?

Tensy jy êrens op 'n vergete plekkie in 'n afgeleë woestyn woon, moes jy al die konsep van blogging teëgekom het. Ons goeie vriende by Wikipedia meen dat 'n blog of webjoernaal (soos hulle verkies om dit te noem) 'n webwerf is wat gereeld - soms meer as een keer per dag – opgedateer word en waarop die inligting in chronologiese volgorde (volgens datum) weergegee word. Besoekers vind ook op die tuisblad die mees onlangse bydraes. Die outeur skep in wese 'n logboek van inligting wat hy met sy publiek, die besoekers aan sy webjoernaal, wil deel. Gewoonlik bestaan 'n webjoernaal uit teks, maar kan ook om foto's ('n fotowebjoernaal), video (vlog) of klank (podgooi of, op Engels podcast) gaan. Blogs bied hul lesers ook gewoonlik die geleentheid om reaksies op artikels te plaas.

 

Die gewildheid van blogs

Blogging word meestal deur individue, wat oor hul eie lewens en opinies skryf, gedoen. En siende dat elke mens die belangrikste persoon in hul eie lewe is, wonder mens hoe 'n blog dan gewild kan raak. Daar is drie maniere waarop blogs gewild word. Die eerste is deur verwysings (citations) op ander blogs of webwerwe of deur middel van affiliasie, byvoorbeeld webjoernaalrolle (blogrolls). Dit kan ook gelys word op verskillende webwerwe waarop gebruikers hul gunstelinge lys. In Suid-Afrika is Afrigator, Amatomu en Muti die toonaangewende webwerwe vir gunstelinge. 

 

Die moets en moenies van blogland

Daar is 'n paar basiese riglyne vir 'n suksesvolle blog. Gaan lees ook ander mense se blogs, veral die suksesvolste blogs om te sien wat hulle doen en nie doen nie.Matthew Buckland van Thought leader en Amatomu gee die volgende riglyne:
1. Wees altyd eerlik. Erken wanneer jy 'n fout gemaak het en moet nooit probeer om jou lesers om die bos te lei nie.
2. Links is die beste en vinnigste manier om te groei. Gee erkenning aan ander skrywers se werk wat jy gebruik deur na hul blogs te link. Bou ook jou eie blog-gemeenskap op deur ander bloggers op jou blogroll te plaas.
3. Antwoord altyd op die terugvoer wat jy van ander kry. Dis verniet en bou goeie verhoudinge.
4. Probeer ook soveel moontlik op ander blogs terugvoer gee. Dit dien ook as 'n verniet link terug na jou eie blog toe.
5. Gee jou blog 'n persoonlikheid. Maak dit pret en interessant. Dit is die enigste manier om te verseker dat lesers male sonder tal sal terugkeer.

 

So van blogging gepraat . . . waarom blog jy?

In die soektog na redes om te blog of nie te blog nie, het ek oor 'n reeks inskrywings, van ander se redes om aan hierdie kontaksport deel te neem, gestruikel.
"Ons almal blog vir 'n rede en dit is nie noodwendig 'n wen-blog nie maar iemand lees dit, jou gedagtes jou herinneringe en jou pyn, selfs jou lag." sê Tweeling wat haar sê by litnetblogs sê.

SpekBek sê in dieselfde inskrywing: "Ek blog want ek is 'n wannabe skrywer. Ek lei aan 'n narsistiese begeerte dat iemand tog net iets van my moet lees."

"Alleen in my lief vir Afrikaans my lief vir skryf vir die prosa en poësie die skeppende die sielsvoedende. Alleen in my dink en verstaan. En meer dikwels die gloed, seer! warm! rou! en etterend! in die verstaan!
Omdat ek seer het. Wat ek maar versigtig hier en daar ter woorde lê . . . wat ek wil vertel op papier vaspen aan die kruis van die skerm, wil hang en van ontslae raak. Wil verwoord en aan bande lê sonder om bloot net daarvan weg te hol.
Om myself te verbeel ek dra by tot iets groter, iets beter! Is deel van iets groter as myself..." is deel van fairybloom se beweegredes.

Die skrywer, Willem Anker, het in sy publikasie, Siegfried, nog 'n donkerder prentjie van die mens se behoefte om te blog geskets:
". . . Blogs - mense log aan en het hul eie ruimte waarin hulle hulleself kan maak en hermaak en vermaak aan al die selwe kan uitgee in die wêreld van die www. Maak jou eie rimpel in die riool van die net. Skree ek is ook hier. En so aan. Dan die statistiek: die meeste van die mense wat dit begin, hou hulle blogs by, brei hul lewens uit, probeer sê ek is ook 'n mens. Dan die stats: net 4% van al die siele wat hierop aanlog, lees iemand anders se woorde. Elkeen gaan terug na dit wat hy self gister geskryf het. Is ek nog hier? Wie was ek gister? Selfkennis in 'n tyd waar geheue downloadable en medikeerbaar is. Jy wil letsels los. Die wêreld is 'n toegegroeide wond. Al is dit ook nie vir ewig nie. Na 'n maand of wat waarin jou woorde alleen gelos word, verdwyn hulle eenvoudig van die www af. Maak plek vir die volgende Ek is . . . "

 

Lekker blogs om jou blogspiere te strek

* Onder die maan en sterre
* Gaan loer wie almal by litnetblogs blog
*
Lees op duskant van nog 'n blogger se lewe en opinies
* Willeklong beweer die geskrifte is vars, trots en lekker Afrikaans
* Lees blogs in Afrikaans op blogcatalog
* Johan Swarts is 'n MA-student wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer – sy tesis fokus op Afrikaanse blogs.

 

Nog hulpmiddels om jou bloglewe makliker te maak

* Vergelyking tussen die verskillende blogging-sagteware
* Skep vir jou 'n profiel by linetblogs
* Of skep vir jou 'n gratis wordpress-profiel
* Weblogs gee raad en wenke met jou blog
*
Kyk na ander blogs op Muti, Amatomu en Afrigator


Hoe meet jy die sukses van jou blog?

As jy 'n blog het, is dit belangrik om te weet waar jou besoekers (traffic) vandaan kom, wat hulle lees en hoeveel tyd hulle op jou blog
spandeer. Daar is 'n verskeidenheid statistiek-sagteware op die mark beskikbaar. Probeer gerus enigeen van ons top 5:

* Google Analytics
* StatCounter
* SiteMeter
* AWStats
* MyBlogLog 

[Soos gepubliseer in die Junie-uitgawe van jouwêreld e-tydskrif http://www.jouwereld.co.za/jl_blogs.html] 

Comments
Search
Only registered users can write comments!

3.20 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 
< Prev   Next >

Beveel ons aan by jou Sosiale netwerk


RedditDel.icio.usGet more widgets at VivoCiti.comDiggGoogleHuggReddot@eShiok!LiveFacebookSlashdotNetscapeTechnoratiStumbleUponSpurlWistsSimpyNewsvineBlinklistFurlFarkBlogmarksYahooSmarkingNetvouzShadowsRawSugarMa.gnoliaPlugIMSquidooco.mmentsBlogMemesFeedMeLinksBlinkBitsTailranklinkaGoGo
Module is designed by http://www.vivociti.com

Teken in op ons RSS kanaal

Statistieke

Members: 600
News: 130
Web Links: 0

Meningspeilings

Gaan die Bokke wen op Ellispark ook, en onoorwonne uit die reeks tree?