|
Written by Riaan Eloff
|
|
Woensdag, 16 Desember 2009 |
|
Hier is waar ons ons tweede prosateks op Praat Afrikaans gaan aanpak. Die vorige een het baie lekker gewerk, 'n paar probleempies opgelewer in die begin, maar uiteindelik baie goed gevorder. Sien gerus die detail hieronder vir instruksies en voorstelle.
Die verhaal is 'n hygroman (nie 'n "high grow man" nie...lol...die eerstekeer toe ek dit lees, toe lees ek in INGELS, en dit klink to baie vreemd...watse soort wese is 'n "hygroman - high grow man"...lol...ek's lekker toe nê? Hoe dit ookal sy, my "toe-geit" of nie...hier is hoe ons te werk gaan: Enige een wat wil kan saamskryf. Stuur vir my 'n vonkpos indien jy wil saamskryf, en ek voeg jou naam by hierdie lysie. Ons volg die lysie bloot om die beurt van bo na onder. Ek lys vinnig almal wat ek vermoed wil saamskryf, maar as ek jou naam uitgelaat het, vonkpos my. Elkeen skryf 'n hoofstuk, en laat weet die volgende persoon op die lysie sodra hul hoofstuk gepubliseer is. Daar is 'n forumafdeling vir prosatekste, hou dit gedurig dop sodat ons met mekaar daar kan kommunikeer oor die roman. Die publikasie van die hoofstukke bly steeds onderhewig aan my goedkeuring. As jy twak maak, sal ek met jou praat daaroor, en as jy weier om op te hou, verwyder ek bloot jou werk. Hou dit daarem beskaafd en ons is almal gelukkig en tevrede. Lekker skryf ouens.
|
|
Last Updated ( Woensdag, 13 Januarie 2010 )
|
Xavier teug rustig aan sy koffie hier...
Xavier sien eerste die pragtige saalp...
Xavier sien aan die stofwolk toe sy w...
Xavier is nie seker wat hy verwag het...
Daar is nie veel ruimte hier om op al...
Die vendusie is reeds in volle swang ...
Die vendusie is reeds in volle swang ...