Teken aan

Wie's aanlyn?

No Users Online

Skreeu hier bietjie vir mekaar

Laaste Boodskap: 1 week, 4 dae gelede
  • Douwlina : Almal uitgeval vir hygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Avigailtjie : hallo! Ja, ek wil graag weet waar my gedigte is...? ek kan hul nie vind en lees nie. Dankie en beste wense,
  • Avigailtjie : Hallo!
  • riaan : As dit die afgelop twee weke was, kan dit die SEACOM kabel wees, ek het persoonlik BAIE drama gehad om ENIGE websites oop te maak, weens spoed. Weet nie verseker of dit dit was nie, maar dis al wat ek kan dink.
  • www.novani. : Dit is lyk my n Grooot probleem om by enige afdelings in te kan gaan....maak net nie oop nie...is daar dalk tydelik n probleem!!

Jy moet eers aanteken voordat jy kan saamskreeu

Nuutste Kommentaar

Advertensieflitse

Hygroman 1 PDF Print E-mail
User Rating: / 1
PoorBest 
Written by Riaan Eloff   
Woensdag, 16 Desember 2009

Hier is waar ons ons tweede prosateks op Praat Afrikaans gaan aanpak.  Die vorige een het baie lekker gewerk, 'n paar probleempies opgelewer in die begin, maar uiteindelik baie goed gevorder.  Sien gerus die detail hieronder vir instruksies en voorstelle.

 

Die verhaal is 'n hygroman (nie 'n "high grow man" nie...lol...die eerstekeer toe ek dit lees, toe lees ek in INGELS, en dit klink to baie vreemd...watse soort wese is 'n "hygroman - high grow man"...lol...ek's lekker toe nê?

Hoe dit ookal sy, my "toe-geit" of nie...hier is hoe ons te werk gaan:
Enige een wat wil kan saamskryf.  Stuur vir my 'n vonkpos indien jy wil saamskryf, en ek voeg jou naam by hierdie lysie.  Ons volg die lysie bloot om die beurt van bo na onder.  Ek lys vinnig almal wat ek vermoed wil saamskryf, maar as ek jou naam uitgelaat het, vonkpos my.  Elkeen skryf 'n hoofstuk, en laat weet die volgende persoon op die lysie sodra hul hoofstuk gepubliseer is.  Daar is 'n forumafdeling vir prosatekste, hou dit gedurig dop sodat ons met mekaar daar kan kommunikeer oor die roman.

  • Douwlina
  • LisaC
  • Vettie
  • Mvick

Die publikasie van die hoofstukke bly steeds onderhewig aan my goedkeuring.  As jy twak maak, sal ek met jou praat daaroor, en as jy weier om op te hou, verwyder ek bloot jou werk.  Hou dit daarem beskaafd en ons is almal gelukkig en tevrede.

Lekker skryf ouens.

Comments
Search
Only registered users can write comments!
Douwlina  - Hoofstuk 1   |Registered |2010-01-14 13:23:14
avatar Die vendusie is reeds in volle swang wanneer Xavier se luukse bakkie stilhou. 'n Paar boere kyk onder hulle

breërandhoede uit en mompel onder mekaar wanneer hulle die logo van sy wildsplaas herken. Hy kan sien hulle dink:

"Nog kompetisie."

Xavier stel nie in die los implemente belang nie. Die groot rooi beeste staan nog en maal in die tydelike krale.

Hulle en die grond is waarin Xavier belangstel.

Xenon runnik asof hy Xavier herken. Die voshings staan ook nog saam met die drie saalperdmerries in die krale.

Xavier fluit sag tussen sy tande vir die perde. Xenon ruk sy kop op en runnik weer. Galop 'n draai so wyd as wat

die kraal hom toelaat en draf dan kopspelend tussen die merries in. Dalk moet hy die perde ook maar koop, maar hy

het regtig nie tyd om aan hulle te spandeer nie en dit is juis wat die perde nou nodig het om weer hulle glorie te

bereik en aan skoue deel te neem. Oom Jacques het kanker gekry en sy gesondheid het so agteruitgegaan dat hy nie

meer die boerdery kon waarneem nie. Eers wou hy dit aan sy seun oorgee, maar het nadat hy gehoor het dat die jong

Jakkie al kopers soek vir sy bees stoet en die grond, het hy vinnig self 'n vendusie gereël en vir Xavier geskakel.

"Xavier, ek weet dat jy mooi na my diere en grond sal kyk, maar daar is nog iemand spesifiek wat ek 'n kans wil

gee. Daarom die vendusie."

'n Welgevormde vrouefiguur in kakie draai van die ander boere weg. Rooibruin hare soos die vos se maanhare hang

agter haar rug af tot amper op haar stewige sitvlak. Sy steek haar hand uit na die hings en 'n uitroep sterf op

Xavier se lippe. Xenon is oor die algemeen 'n befoeterde perd. In plaas van dat hy egter nou sy ore plattrek en sy

lippe wegtrek om haar te byt, strek die hings sy sierlike nek lank voor hom uit en ruik versigtig aan die hand.

"Dis 'n dom ding om te doen as jy nie die perd ken nie." Sê hy kortaf.

Haar donkerbruin oë kyk hom geamuseerd aan.

"Ek ken Xenon beter as wat jy my ken. Daarom seker jou aanmerking." Sy draai weg en loop na waar die afslaer

gereedmaak om voort te gaan met die verkoop van die perde. Haar kuite is bruin tussen die kniebroek en bruin

stewels. Sy is seker reg, want hy ken die perd net van sien en het self nog nooit op hom gery nie. Net maar 'n paar

keer by Oom Jacques aangekom as die oom Xenon in die ring geoefen het in die tyd lank voor die kanker hom te broos

gemaak het om die groot hings te ry.

Die afslaer blaf 'n string voorgeslagte en nageslagte van die voshings uit. Wei uit oor die merries en hulle

prestasies. Xavier het self net 'n paar ryperde op sy wildsplaas vir die besoekers. Xenon is enige man se droom,

maar dit sal nie reg teenoor die hings wees om hom net vir ritte op sy wildsplaas te hou nie. Daarby is die hings

dalk ook te fynbesnaard vir ritte tussen wilde diere.

"Wil iemand die hings ry voor ons hom opveil?" vra Vet Victortjie, die afslaer, so half verspot. Thabiso hardloop

flink met die saal nader. Die voskop skud haar hare agteroor en die wyerandhoed skuif af na agter. Xavier sien die

fyn sproetjies oor haar hoë wangbene gesaai lê.

"Ek wil hom graag ry." Sê die rooihaarnooi.

Van die mans lag onderlangs. Xavier vererg hom. Dit is regtig nie 'n grap as 'n vrou so 'n sterk hings met 'n wil

van sy eie probeer beheer nie. Hy dink aan die geamuseerde bruin oë wat nou flussies met hom die spot gedryf het en

sê dus niks toe die meisie met gemak in die saal swaai nie. Sy beheer die perd meesterlik.

"Magtig, sy probeer die mans beïndruk," dink hy, maar kan self nie die bewondering wat in sy borskas kom lê ontken

nie. Sy en die perd maak 'n pragtige prentjie van samewerking en aanvoeling tussen mens en dier.

Sy trek die perd in en lig haar been om flink uit die saal te wip. Xavier raak bewus van 'n knorgeluid hier langs

sy been. Dit is Vet Victortjie se Jack Russell wat oral agter die kort vet mannetjie aan karring en ook elke

vendusie bywoon. Dit is net nekhare en tande soos die hond homself opwerk. Xavier sien die Siamese kat luilekker

haarself uitstrek in die middagson. Die meisie en die perd is direk in die lyn tussen die kat en die hond.

Hy gryp verbete na die Jack Russell, maar die ontwyk hom maklik en met 'n tjankblaf bestorm hy die kat, reg tussen

die perd se bene in. Die perd steier terug en klim dan verbouereerd die lug in. Die meisie is heeltemal onkant

gevang met net een voet nog in die stiebeuel. Xavier spring oor die lae heining en is met 'n paar lang treë by die

perd en die meisie. Sy word soos 'n lappop deur die lug gegooi. Xavier se arms sluit betyds om haar lyf, maar die

momentum gooi hom ook van balans en hulle val saam op die grond gevaarlik naby Xenon se kappende hoewe. Xavier rol

met haar in sy arms vinnig buite bereik van perd.

Hulle lê langs mekaar in die rooi stof terwyl Xenon weg galop. Eers dink hy dat die meisie huil, want hy voel haar

warm lyf teen syne ruk, maar wanneer hy sy kop draai en na haar kyk, besef hy dat sy ruk soos sy lag. Dan borrel

dit oor en sy lag kliphard, staan flink op en stof haarself af.

Sy steek 'n vuil hand na hom uit. Haar oë nog vol pret. "Ek is Angelique, Oom Jacques se susterskind."

Dit is sy! Dit is vir haar wat Oom Jacques die vendusie gereël het. Sy was weg om iewers op 'n plaas in Amerika te

gaan werk. Nou is sy terug en sy gaan beslis op die plaas bie.

Hy vou die hand in syne toe in 'n stewige handdruk: "Xavier Branco. En daar is twee van jou hemp se boonste knopies

afgebreek."
LizaC  - Hoofstuk 2   |Author |2010-01-24 02:26:41
Xavier is nie seker wat hy verwag het nie, maar 'n verdieping in die klank van haar lag, is nie op die lysie nie. Dalk het hy gehoop om haar 'n bietjie te ontsenu, van balans af te gooi. Hy is beslis nie sy gemaklike self nie, maar die vroumens lyk onverstoorbaar. Sy kyk hom op en af en kap terug: "Jy lyk self asof jy êrens in die grond rondegerol het. Stof maar eers jou eie klere af, voor jy jou oor myne uitspreek." Sy oë rus vir oomblik op die ronde heuwels wat so bekoorlik oor die onopgesmukte wit materiaal beur. Sy draai flink in haar spore om en trek die hemp ongeërg toe. "Hou jou oë vir jouself, cowboy, anders gaan jy arc eyes kry."

Dan verdwyn sy tussen die ander mense. Die ander mans se onderlangse aanmerkings, laat hom soos 'n lomp skoolseun voel. Alles behalwe die held van die oomblik. Klein merrie. Nou het sy verkeerde man se toutjies getrek. As sy vir een oomblik gedink het dat hy haar genadig gaan wees, maak sy 'n groot fout. Sy sal haar dollars moet gereed hou as sy vandag op enige iets wil bie waarin hy belangstel. Hy is nou sommer ekstra lus om die vos aan te skaf. Net omdat hy weet dat sy die perd wil hê. En hy sal, want hy kan.

Victortjie se vendusiestem dreun weer lustig voort. Na die insident is Xenon eers die veld in. Na hy plegtig om verskoning gevra het vir sy Jack Russel se kattewales en Angelique handsein dat alles reg is, kondig hy sonder seremonie aan dat die vosperd later opgeveil sal word. Hulle gaan met die merries voort. Xavier laat Angelique begaan met die koop van die perde. Hy het tog nie tyd om aan hulle te spandeer nie. Hy voel haar smalende oë op hom, voor hy in die gloeiende dieptes vaskyk. Met 'n trotse sywaartse lig van haar ken, sein sy dat sy die rondte gewen het. Xavier buig sy kop ekstra stadig. Gemaak statig raak hy met sy wysvinger aan die leerhoed se rand. Kleur kruip onmiddellik teen Angelique se nek en wange op. As dit nie was vir die geïrriteerde trek om haar mond nie, sou hy kon sweer dat sy bloos.

Die los implemente is volgende en die potensiële kopers skuif nader om hulle slag te probeer slaan. Xavier hou die vrouefiguur onderlangs dop. Hy weet nie wat sy gedoen het nie, maar haar hemp is weer plegtig op sy plek. Verbeel hy hom, of knel die materiaal 'n bietjie meer as nommerpas om haar rondings. Hoe dit ook al sy, hy is bly hy hoef nie nou sy volle aandag aan die verrigtinge te gee nie. Die vroumens moenie dink sy gaan met haar lang hare en rondings almal om haar pinkie draai nie. Hy wat Xavier is, het nie gekom waar hy het deur sy aandag deur elke mooi sitvlak te laat aftrek nie. Met die gedagte draai hy weg en gaan koop 'n koeldrank. Die koue staal van die blikkie, help om sy gedagtes weer te fokus op die rooi beeste. Hy stap solank na die ring waar die diere opgeveil gaan word.

Die eerste koeie staan gedweë en wag om deur die drukgang se kopklem gejaag te word. Ook maar goed hulle het die perde eerder by die kampie opgeveil. Nog kopers soek sitplek om die veilingsring. As die verdekselse vroumens nie wou aandag trek nie, kon hulle nou al nader aan klaar gewees het. Die gedrang neem toe. Asof sy uit sy gedagtes kristalliseer, neem die voshaar nooi skuins oorkant hom stelling in. Dis nou verdeksels onnodig, flits dit deur sy gedagtes. Dit is tyd om te fokus, nie om sy aandag te laat aftrek nie. Die eerste beeste word die ring in gejaag. Xavier se instink as boer en besigheidsman neem oor. Die opwinding van veilingsadrenalien pols deur sy are. Hy is in sy element.

Oorkant die ring, is Angelique meer as bewus van die teenwoordigheid van die lang man. Dit irriteer haar. Sy het nie tyd vir mans in haar lewe nie. Veral nie vandag nie. Vandag is haar kans om van die beste Bonsmara stoetbeeste te bekom. Dit is nie elke dag wat beeste van die kwaliteit in die mark kom nie. Die pryse wat gejaag word, weerspieël haar sentiment. Xavier is nie die enigste groot koper wat ook belangstel nie. Die sonbruin gesig gee nie veel weg nie, maar sy skouers se strak lyn, verklap dat hy nie noodwendig van die kompetisie hou nie. Wel as hy gedink het hy is hier vir 'n winskoop, dan moet hy weer dink. Haar hand sein vir die soveelste keer vir die afslaer. Die bod word op haar toegeslaan. Sy het meer vir die koeie betaal as wat sy beplan het. Sy sal moet mooi speel as sy genoeg wil oorhou om die plaas te koop. Sy is redelik oortuig dat dit nie sommer net in haar skoot gaan val nie. Dit is oom Jacques se goeie reg om met die grond te doen wat hy wil, maar dit sou soveel makliker gewees het as hy eenvoudig die grond aan haar verkoop het. Dis nie asof hy die geld regtig nodig het nie. Daarvoor was hy nog altyd 'n te sterk besigheidsman. Seker daarom dat hy nie uitgepraat kan raak oor die Xavier-kêrel se besigheidsvernuf nie. Sy kry die slaphand Jakkie amper jammer. Dit kan nie maklik wees om heeltyd met 'n jong god vergelyk te word nie. Nog 'n bod word op haar toegeslaan. Sy moet weer kyk om seker te maak watter bul sy gekoop het. Vrekselse mansmens. Sy het wraggies weer meer betaal as wat sy beplan het. Sy sal meer koelkop moet bly.

Die beeste wors deur die ring. Xavier is tevrede met sy aankope. Pryse is hoër as wat hy verwag het, maar dit is nog binne perke. Die plaas is volgende. Die vroumens moet nou net nie so mal word soos nou-nou met die stoetbul en die prys onnodig opjaag nie. Hy is van plan om vandag die eienaar van Groenkloof te word, maak nie saak teen watter prys nie.

Kopers wat al begin wegbeweeg het, drom al meer saam by die ring. Sowat van 'n tweegeveg, het hulle lanklaas gesien. Dit is duidelik dat nie een van die twee bes wil gee nie. Dit gaan hulle duur te staan kom. 'n Paar koppe skud in ongeloof. Mens sal nooit daardie tipe geld uit die grond geboer kan kry nie. Oom Jacques hou die twee met openlike genot dop. Hy het geweet dat die poppe gaan dans as hulle paaie kruis. Hy is oortuig hierdie is maar net die begin.

Xavier se are suis van die opwinding. Groenkloof is syne. Dis 'n prys wat hy bereid is om te betaal. As toegif, koop hy Xenon ook onder haar uit. Angelique bewe van ingehoue woede. Hoe durf die vent haar plaas en perd voor haar kom opraap. Net omdat hy nie die einde van sy skatte ken nie, gee dit hom nie die reg om haar drome te kom vertrap nie. Sy groet skaars vir oom Jacques voor sy in haar bakkie klim en wegjaag. Sy haal skaars haar plaas se lyndraad voor die trane van magtelose woede uit haar bars. Sy sal hom nog wys.
Vettie  - Hoofstuk 3   |Registered |2010-02-10 18:11:34
avatar Xavier sien aan die stofwolk toe sy wegry dat sy woedend is. Hy glimlag stilweg by homself. Oom Jaques is langs hom en sien die laggie om sy mond. Hierdie twee gaan nog vir baie opwinding sorg. Hy wens Xavier geluk met sy aankope en vra: "Ou Seun ek ken jou nou al jare ... Hoekom die skielike drang om Xenon te koop, jy gaan hom tog nie ry nie en hy gaan gladnie aanpas op die wildsplaas nie. Xavier kyk lank na die oom en skud sy kop dis 'n pragdier daardie ek kon hom nie net aan iemand anders afstaan nie. "Jy bedoel jy kom hom nie net aan Angelique afstaan nie of hoe". Die oom draai om en stap stadig na sy bakkie toe.

Angelique is verblind deur haar trane en stop net daar in die pad. Sy wou so graag die plaas gekoop het, sy het soveel planne met die pragstuk gehad en nou is dit neusie verby omdat 'n vooruitstrewende sakeman se geld hom pla. Sy vee vasberade die trane van haar wange af en los in die proses 'n stofstreep op haar wang.

Skielik praat hy langs haar. "Vies omdat jy nie jou sin gekry het nie. Jou lewe lank is jy verwen en het jy agteroor gesit dat almal jou bederf. Wat het jy verwag om te kry, deur hierheen te kom" Eis hy "Het jy werklik gedink dat ons net agteroor gaan sit en 'oë toeknyp terwyl jy die plaas voor ons neuse opraap.

Angelique kyk hom woedend aan. "Liewe genade! Jy weet niks van my af nie en tog dink jy, jy weet alles van my af "Jy het niks om aan te bied waarin ek belangstel nie. Haar skerp blik sny vernietigend oor hom en maak dit duidelik dat die gesprek afgehandel is. Ondanks alles, ondanks die feit dat hy die duiwel self is,is Angelique nie in staat om die trilling in haar lyf te onderdruk nie. Wat is fout met haar Hoe kan sy toelaat dat hierdie man haar in so 'n mate beinvloed dat sy skaars rasioneel kan dink. Hy is skandelik aantreklik, erken sy terwyl haar blik van sy welige donker hare skuif na sy breë bors en laer af na sy maaggspiere wat onder die fyn material van sy hemp sigbaar is. sy is gevul met 'n wilde en heel vreemde verlange om die hemp los te ruk en dit van sy skouers af te skeur sodat sy haar hande oor sy olyfkleurige torso kan stryk. Nou is dit nie die tyd vir haar sensualiteit om te ontwaak nie, dink sy senuagtig. Sy moet van die man af wegkom. En... vra Xavier "moet ek verstaan dat jy hou van dit wat jy sien juffrou .Hy laat sy oë stadig oor haar gaan, merk haar blosende wange en die vinnige op en neer deining van haar borste. " Ek het nie ...bedoel om te staar nie" snou sy heftig. Ek het gehoop ons kan een of
ander ooreenkoms bereik..." Sy praat nie verder nie, skielik daarvan bewus dat sy niks het om oor te praat nie. Die idee is walglik, afskuwelik en sy sal nie een oomblik erken dat sy in die versoeking gelei is nie. Toe hy voor haar kom staan, maak sy haar oë toe. Sy geur, skoon en vars met'n effense eksotiese speseryreuk van sy naskeermiddel, val haar sintuie aan. Die bloed bruis deur haar are. Dis asof 'n mantel van sensuele hitte haar omhul en onbewus leun sy nader na hom.
"Te oordeel aan die yweige uitnodiging in daardie besonder gevoelvolle oë van jou sal jy dit nie so ontbering vind om my bed met my te deel nie" Nog nooit
het sy iemand met soveel seksuele insinuasie in sy stem hoor praat nie dink Angelique. Sy haal skerp asem. "Ek dink nie so nie, sis sy kriewelend van
verleentheid. Wankelend tree sy agteruit maar hy plaas meteens sy vinger onder haar ken en kantel haar gesig op sodat sy geen ander keuse het as om hom in die oë te kyk nie. "Ek is bevrees om jou sloerie te word is nie 'n keuse wat ek ooit sal oorweeg nie," snou sy hom toe, haar vinger jeuk om die hooghartige grynslag van sy gesig af te vee. 'Gelukkig vir ons albei dat ek geen erg het aan selfopoffernde maagde nie" spot hy. Angelique knipper haar oë en kleur spoel oor haar wange. Hoe weet hy, kan hy raai of is die woord "ongeskonde" op haar voorkop getatoeëer. Ek het nog nooit in my lewe om seksuele gunste gekwansel nie. En ek het geen voorneme om nou te begin nie, lig sy hom in. Jy het nou genoeg van my tyd verspil, Ek stel voor jy gaan huis toe en geniet Groenkloof.
Douwlina  - Hoofstuk 4   |Registered |2010-03-24 11:19:30
avatar Xavier sien eerste die pragtige saalperdmerrie teen die wal staan. Sjokoladebruin met 'n wit bles en vier wit

sokkies.Sy ruk haar kop op en runnik uitnodigend toe hy nader ry op Zenon. Iewers onder teen die rivier hoor hy

stemme.


"Dot kry ore en kom uit die water. Die arme Reno ly al aan sy senuwees oor sy dragtige vrou in die rivier." sê die

vrouestem wat vir hom wil-wil bekend klink. Seker maar 'n kommin mens as sy van haar mede-vroue as dragtig praat.

Wie die hel gee hulle die reg om op Oom Sybrand Nel se grond te oortree net na die oom se dood. Tannie flolinda

het hom gevra om 'n ogie te hou oor die grond tot en met die boedelveiling.


Hy stoot Zenon vorentoe totdat die diggroeiende struike nader aan die rivier die perd voorkeer. Hy lig hom hoër in

die saal om te sien of hy die oortreders kan sien. Dan hoor hy haar lag en herken dadelik die stem. Die rooikop!

Wat die duiwel maak sy op hierdie plaas? Sy is baie beslis nie familie van die Nels nie.


Hy klim van sy perd af en met 'n verbete trek om die mond, baan hy sy weg deur wilgerslierte na die plek waar hy

haar hoor lag het. Toe hy haar sien, glip sy voete onwillekeurig onder hom uit en seil hy op sy sitvlak tot teen

die water. Hy kan steeds nie glo wat hy sien nie. Sy is nakend! Sy het reguit na hom gekyk net voor hy sy balans

verloor het. Haar nat rooibruin hare het haar vol borste bedek, maar so daaraan gekleef dat hy kan sweer hy hoor

die temalied van My Little Mermaid. Nou is sy tot by haar skouers weggesak in die rooibruin water. Hy voel iets

sags en warm onder sy regterhand. Haar klere.


"Wat maak jy op 'n ander se plaas? Nogal kaalstert. Is jy van jou sinne beroof? Wanneer word jy vermoor of verkrag

of iets?"


"Ek is op my eie plaas. Gister gekoop. Tannie flolinda R200 000 meer aangebied as die verwagte prys op die

veiling. Sy wou juis nie die stress van die veiling ook nog deurgaan nie."


"R200 000! Jy sal dit skaars hier uitboer."


"Met alles ingesluit. Die plaas as lopende besigheid, melkstalle, voer op die land, nee wat, ek dink dit sal

werk."

Sy lag 'n klein smalende laggie. "Jy moet nou loop, want ek het nog werk om te doen en ek moet aangetrek kom.Ek

moet R200 000 gaan uitboer!"


"Wie keer jou?"sê hy terwyl hy orent kom. "Kom kry jou klere. Of moet ek ook uittrek en dit vir jou inbring?


Sy rek kamstig haar oë angsbevange en roep dan saggies. "Reno! Dot!"


Xavier word eers van die groot Dalmationreun skuins agter hom bewus toe die dreigend grom, hare op sy rug regop en

sy vreemde geelbruin oë glurend op Xavier gerig. Die hond begin om hom sirkel, duidelik baie dreigend.


"Loop net stadig terug in die rigting vanwaar jy gekom het. Draai om, geen vinnige bewegings, nou mooitjies

terug."


Daar is skuim om die hond se bek. Hemel, wat het geword van daai oulike Hundred and one outjies? Sy hart gaan

staan amper toe hy die duidelik dragtige teef by Zenon sien staan. Zenon ruik aan haar kop asof hulle lankal

vriende is. Sy laat egter haar kop sak tussen wydgeplante voorbene en grom laag uit haar keel toe sy Xavier sien

naderkom.Haar een oog is groenbruin en die ander 'n fletsblou.

Hoe die hel klim hy nou op sy perd? Dan hoor hy haar fluit en albei honde begin terugdraf. Die reun gaan staan in

die paadjie totdat die teef hom ingehaal het en gee Xavier eers 'n dreigende kyk voor hy ongeerg se been lig teen

'n boomstam en dan spelerig soos 'n jonghond sy teef begin jaag.


"Hierdie rondte behoort aan jou, jou klein merrie!"
Vettie  - Hoofstuk 5   |Registered |2010-06-07 17:53:53
avatar Xavier teug rustig aan sy koffie hier in tannie Flolinda se kombuis en wonder wat gaan die statige dame met haarself doen daar in Soddom en Gommorra. "Gaan tante nou by Linda bly en so bietjie uithelp in die winkel daar in die gopse" Waar die ou dame by die kombuis venster uitstaar is daar trane in haar oë - Sy is heeltemal te verknog aan hierdie stuk grond met 'n lewe vol herinneringe. Hoe viniger sy hier wegkom hoe beter vir haarself. Sy dink aan die jong meisie wat so vasberade was om hierdie plaas te koop. Sy weet Angelique gaan gelukkig wees hier.
"
Xavier my seun - jy van alle mense behoort te weet dat ek nie tyd vir ledigheid het nie, daar is baie om te doen in Kaapstad ek sal maar eers die kat goed uit die boom kyk voordat ek my in iets begewe my kind, jy ken my mos darem nie van vandag af nie. Jy moet tog net 'n ogie hier hou en die meisiekind darem help as sy vashaak met die melkkoeie."

"Daardie meisiekind het nie hulp nodig nie tante sy kan goed genoeg na haarself omsien.En daardie gediertes wat heeldag om haar draai gee niemand in elke geval 'n kans om naby haar te kom nie. Sy woorde is skaars uit toe die twee honde speels by die agterdeur inkom, Reno stop by Xavier se stoel en gee 'n sagte tjank. Angelique kyk dadelik op en sien hom sit. "Kom Reno, Dot" en onmiddleik gaan lê die twee honde by die deur.

"Middag Buurman en as jy my nie lastige val in my rivier nie kom trap jy my drumpel deur as ek nie tuis is nie. Xavier ruk sy kop op om haar in die oë kyk. Gelukkig het ek klere aan as ek myself hier in jou kombuis tuismaak."Wel", sê sy met 'n tergende glimlag, "dis seker so..." Sy bekyk hom van kop tot tone voordat sy besef wat sy doen en stap dan doelgerig uit. Hy druk sy skouer teen die muur en bal sy vuis. Sy is so koel. So beleef. So verduiwels irriterend. Hy staan op en stap agter haar aan stoep toe.Terwyl sy haar koppie vashou en die soet kruiearoma inasem hervat Xavier die gesprek van vroeër. Haar skouers sak en sy sug. Daar is seker geen ander uitweg nie. "Ons was besig om die gang van jou besigheid te bespreek. 'n onaangename rilling skiet deur haar. Is dit nodig dat hy dit so blatant stel.Sy sit haar koppie neer. "Ek is tans dalk in 'n moeilike situasie, maar ek sal regkom". Sy het nog altyd. Sy skrik toe hy sy hand op haar skouer sit, maar sy durf hom nie in die oë kyk nie. Sy warm aanraking is genoeg om haar van stryk te bring. Sy kan nie nog verwarring waag deur in sy oë te kyk nie. Sy asem is warm teen haar kop en met sy diep stem naby haar oor, sê hy: " Jy moet jou opsies versigtig oorweeg dink aan al die moontlikhede nou en in die toekoms. Toe sy diep stem soos basmusiekdeur haar are suis, sien sy in haar verbeelding hoe sy mond hare opeis, 'n visie van sy sterk naakte lyf wat hare vaspen. 'n Bedwelemde hitte sypel deur haar binneste en sy sluit haar oë. Dis te intens. Te gou. Sy draai kortom om hom te kan sien - of altans, sy borskas en die subtiele vermaak in sy oë. Dan staal sy haar en skuif by hom verby, terug na die deur toe. "Jy het hier met 'n vrou te doen wat in sprokies glo. Moenie dinge vooruit loop nie." Ek sal regkom . "Ek verstaan dat jy voorheen gevoel het dat dit nodig is, maar jou situasie het verander, sê Xavier. Sy wil nie graag dat die Tante die gesprek hoor nie en kyk vinnig kombuis se kant toe, maar sy sien nie die tante nie.

By die venster kyk tannie Flolinda moedeloos na buite tot haar oë op 'n standbeeld val wat soos 'n veldgod wat die ingang na die tuin bewaak. Die tuin is georden, netjies. Die meisiekind se dae sal nie korter wees noudat sy hier is nie. Met geen plaasbestuurder sal dit ook langer werksure beteken en derhalwe harder werk.Sy hoop maar net Xavier is verstandig en neem haar besluit te harte.
As die twee kinders net tot 'n vergelyk kan kom en saamwerk is sy seker gaan hulle paadjies nog saam voor die kansel eindig. Wat 'n wonderlike dag sal dit nie wees nie.

3.20 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

Last Updated ( Woensdag, 13 Januarie 2010 )
 
Next >

Beveel ons aan by jou Sosiale netwerk


RedditDel.icio.usGet more widgets at VivoCiti.comDiggGoogleHuggReddot@eShiok!LiveFacebookSlashdotNetscapeTechnoratiStumbleUponSpurlWistsSimpyNewsvineBlinklistFurlFarkBlogmarksYahooSmarkingNetvouzShadowsRawSugarMa.gnoliaPlugIMSquidooco.mmentsBlogMemesFeedMeLinksBlinkBitsTailranklinkaGoGo
Module is designed by http://www.vivociti.com

Teken in op ons RSS kanaal

Statistieke

Members: 600
News: 130
Web Links: 0

Meningspeilings

Gaan die Bokke wen op Ellispark ook, en onoorwonne uit die reeks tree?