Teken aan

Wie's aanlyn?

No Users Online

Skreeu hier bietjie vir mekaar

Laaste Boodskap: 1 week, 4 dae gelede
  • Douwlina : Almal uitgeval vir hygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Avigailtjie : hallo! Ja, ek wil graag weet waar my gedigte is...? ek kan hul nie vind en lees nie. Dankie en beste wense,
  • Avigailtjie : Hallo!
  • riaan : As dit die afgelop twee weke was, kan dit die SEACOM kabel wees, ek het persoonlik BAIE drama gehad om ENIGE websites oop te maak, weens spoed. Weet nie verseker of dit dit was nie, maar dis al wat ek kan dink.
  • www.novani. : Dit is lyk my n Grooot probleem om by enige afdelings in te kan gaan....maak net nie oop nie...is daar dalk tydelik n probleem!!

Jy moet eers aanteken voordat jy kan saamskreeu

Nuutste Kommentaar

Hoe werk goed hier? PDF Print E-mail
User Rating: / 2
PoorBest 
Written by Riaan   
Woensdag, 30 April 2008

Hieronder is 'n oorsig van al die funksies, aktiwiteite, funksionaliteite en/of vermoëns wat www.praat-afrikaans.co.za aan gebruikers bied.  Kliek maar net op elkeen om meer inligting daaroor te sien.  Dit is basies 'n "wat kan ek alles hier aanvang" stuk.  Baie soos 'n FAQ (F requently A sked Q uestions).

 

Registrasie is gratis.

  • Om te registreer, volg bloot die volgende paar eenvoudige stappe:
  • Kliek op die "Word nou een" opsie net onder die aantekenarea.
  • Vul die vormpie in wat aan jou voorgelê word op die daaropvolgende bladsy.
  • Kliek die "STUUR REGISTRASIE" Knoppie.
  • Die sisteem sal vir jou 'n vonkpos stuur met 'n skakel om jou te aktiveer.
  • Wanneer jy die vonkpos ontvang, kliek op die skakel, en jy's geregistreer.
  • Gaan na die werf, tik jou gebruikersnaam en wagwoord in, en teken aan.

'n Paar opmerkings
Jy kan die "onthou my" opsie gebruik indien jy gemaklik is daarmee.  Dit sal die sisteem toelaat om jou te "onthou" deur die gebruik van 'n "cookie".  Elke keer wat jy dan by ons aankom, sal jy outomaties ingeteken word.  Jy hoef dan nooit weer jou gebruikersnaam of wagwoord in te tik nie.  Uiteraard, as jy van 'n ander rekenaar af ons kom besoek, sal die sisteem jou nie "onthou" nie, dan sal jy weer jou gebruikersnaam en wagwoord moet intik.  Die "onthou" funksie is verbind aan die rekenaar wat gebruik word.

Die rede vir aktivering is bloot om te verhoed dat internetrobotte 'n klomp fiktiewe gebruikers registreer op die sisteem.  Dit kan eerstens lei tot baie, baie, baie ure se adminstrasiehoofpyne, en dit kan (indien hulle genoeg tegelyk doen) lei tot 'n "crash" van die databasis.

Onthou om jou "SPAM filter" vir jou epos so te stel dat hy wel epos vanaf www.praat-afrikaans.co.za aanvaar, anders sal die aktiveringsvonkpos nooit by jou uitkom nie.

Registrasie is hoofsaaklik daar om te verhoed dat mense anoniem hier rondvoeter en mense beledig, twak kwytraak en vulgêre goed op die forums of die werf laai.  Alle funksies waar mense iets kan byvoeg tot die werf vereis dat jy 'n geregistreerde gebruiker is.  Dit beteken ek weet wie jy is en waar jy bly, wat jou kind se skoolgraad is en watter sop jy verkies!  Nee, nee, ek grap net!  Dit gee bloot aan ons 'n naam en vonkposadres.  Dit stel ons in staat om boosardige persone te verhoed om aanstootlike materiaal hier te laai.  Indien jy vloek en skel op die forums, of aanstootlike fotos laai, of aanhoudend ongemanierd optree teenoor ander op die werf, word jou gebruikersnaame bloot geblok, en jy het nie meer toegang nie.  Jou IP-adres word ook belet, so dit veroorsaak dat jy gladnie ooit weer op ons werf sal kan registreer nie.

Shoutbox is die klein blokkie in die linkerkolom getitel: "Skreeu hier bietjie vir mekaar".  Indien jy in die spasie net onder dit tik, en dan "Stuur" kliek, of "ENTER" druk op jou rekenaar, word jou teks binne 'n sekonde of twee vertoon in die shoutbox.  Die bladsy word nie "refresh" nie, die teks verskyn net.  Dit vertoon op die skerms van alle persone wat op daardie stadium 'n blaaiervenster oop het op www.praat-afrikaans.co.za.  (Blaaier = Browser).

Jy het ook die opsie om "Smilies" te gebruik.  Dis nou daai klein geel gesiggies wat glimlag (vandaar die naam smiley) of vrons of knipoog of watookal.  Indien jy die standaard sleutelkombinasies gebruik in jou teks wanneer jy tik, sal die sisteem dit outomaties herken en die "smiley" invoeg.  Indien jy nie so bekend is met "smilies" nie, moenie komkommer nie (ok, so dis bekommer):  by die shoutbox is die opsie om op "smilies te kliek en hulle so in te voeg.  Somtyds, indien jy hul nie gereeld gebruik nie, sal die sisteem hulle "wegsteek".  Die sisteem vervang al die klein geel gesiggies dan net met die woord: "Smilies".  Indien jy kliek op daai woord, sal die sisteem hulle weer vir jou uitrol en vertoon.

'n Nadeel van hierdie shoutbox is dat jy geen tipies-Afrikaanse letters kan gebruik nie.  Letters soos: "ê, ë, é" en ander.  Dit is uiteraard 'n ongelukkigheid, maar soos ons taal groei op die internet, is ek oortuig dat die skrywers van daardie sagteware ook hierdie probleem vir ons sal oplos.

Jy sal gewoonlik maklik kan sien wie is aanlyn (die aantal persone, sowel as hul name word vertoon net onder die aantekenarea).  So, as jy dan begin tik, en hulle kyk na die venster, sal hulle jou boodskap sien.  Maar, al sien hulle dit nie dadelik nie, dit sal nie verdwyn nie.  Dit bly daar todat iemand anders 'n nuwe boodskap tik, en dan rol joune so 'n bietjie af na onder.

BAIE BELANGRIK:  Sommige mense beleef probleme met die shoutbox, naamlik dat wanneer hulle ENTER druk of STUUR kliek, gebeur niks.  Kon nog nie agter die kap van die byl kom wat dit betref nie.  Wat ek wel weet is dat indien jy die adres waarnatoe jy kom aanpas, werk hy gewoonlik 100%.  Hieronder verduidelik ek:

As jy gaan na www.praat-afrikaans.co.za of na http://www.praat-afrikaans.co.za ondervind sommige mense somtyds 'n pyn.  As jy sukkel met die shoutbox, gaan na http://praat-afrikaans.co.za en hy behoort pynloos te werk.  Merk op dat in hierdie laaste adres is daar geen www soos in die vorige twee nie.  Dis tegnies, ek verstaan nog nie dit alles mooi nie, maar dit werk wel as jy sou sukkel.

Aan die bokant van meeste bladsye, net onder die prentjie, is daar 'n voorstelle blokkie.  Die titel is: "Wat moet hierdie webtuiste jou bied?"

Daarin kan jy enige voorstel of versoek vir inhoud noem.  Dit word aan die Administrateur deurgegee.  Hou in gedagte:  hierdie is 'n anonieme indiening, dus sal jou naam/gebruikersnaam/epos gladnie deurgegee word nie.  Dit is totaal en al anoniem.  Hou ook dan in gedagte dat indien jy 'n vraag vra, sal die Administrateur jou NIE kan beantwoord nie, want hulle sal geen idee hê wie die versoek ingedien het nie.  Dit is wel baie handig as jy iets wil versoek, maar graag anoniem wil bly, of jy wil nie nou 'n hele vonkposproses aan die gang sit nie.

Uiteraard is daar verskeie artikels, insluitende kunste-items soos gedigte en kortverhale, wat op die werf gepubliseer word.  Op die Indeks kan jy kliek op sekere afdelings en so al die artikels lees.  Sommige van hulle sal ook in die onlangse en populêre blokkies verbyrol.  Daardie twee blokkies opdateer outomaties na aanleiding van aktiewe inhoud.  So, as daar nuwe artikels ingedien word, sal hulle outomaties vertoon in die "WAT'S NUUT?" blokkie.  Artikels wat baie getref word (baie mense lees hulle) sal in die "POPULêRE" blokkie verskyn.

Om meer as net die inleidingsteks van 'n artikel te lees, kliek eenvoudig op die "lees meer" of "lees verder" skakel aan die onderkant van die artikel.  Jy kan die artikels ook deel met vriende deur die vonkposblokkie te kliek.  Of jy kan dit druk na jou drukker of stoor na PDF.  Daardie drie knoppies verskyn bo-aan elke artikel.

Dan natuurlik, kan jy elke artikel ook beoordeel/evalueer.  Wanneer jy die artikel se volle teks lees, verskyn daar 'n beoordelingsopsie bo-aan die artikel.  Jy maak jou keuse, en kliek "Beoordeling".

Hierdie is vir my persoonlik die opwindendste deel van die werf!  Onderaan elke artikel kan jy 'n kommentaar los oor die artikel.  Jy kan letterlik jou sê sê!  Dit werk baie soortgelyk as 'n gewone Internetforum, so as jy reeds met forums te doen gekry het sal jy dit maklik bemeester.

Indien jy onbekend is met forums, sien die "FORUMS" opsie laer af in hierdie artikel vir meer detail oor hoe forums werk.  Die kommentare is maar soortgelyk.  Ook sal jy merk dat op meeste bladsye is daar in die linkerkolom se onderkant 'n lys met die 8 nuutste kommentare.  Dit maak dit maklik vir jou om te sien waaroor klets die ouens op die oomblik.

Hou ook in gedagte dat by die kommentare (net soos by die forum) het jy die opsie om die sisteem te versoek om jou per vonkpos te laat weet as iemand antwoord op jou kommentaar.  Dit maak dit lekker maklik om te kuier.  Sodra iemand reaggeer op iets wat jy gepos het, sal die sisteem jou inlig, met 'n skakel na die kommentaar, en jy kan maklik en vinnig dit lees en verder klets.

Om 'n kommentaar te lewer op 'n artikel doen die volgende:
Sommige artikels sal onderaan die artikel 'n skakel hê wat sê:  "Write commnent" (Ja, ja, ja, ek weet...dit sal nog vertaal word na Afrikaans...dis net op die oomblik nog te ingewikkeld...ek leer nog...he he).  As jy daarop kliek, sal jy na die artikel se bladsy geneem word, en onderaan die artikel sal jy 'n opskrif sien wat sê:  "Comments".  Aan die regterkant van hierdie opskrif staan daar: "Add New | Search" of iets soortgelyk.  Direk onder die opskrif staan daar:  "Write comment".  As daar reeds kommentare gelewer is op die artikel, sal hulle dan onder hierdie opskrif vertoon.  Indien nie, sal daar nie veel verder onder dit vertoon word nie.
Om 'n nuwe kommentaar by te voeg, kliek jy op ADD NEW, of jy kliek op die klein prentjie wat soos 'n omgevoude bladsy lyk, direk aan die linkerkant van WRITE COMMENT.  Enige van hierdie twee skakels sal jou neem na die opsie om 'n new kommentaar te skryf.  Nou vertoon 'n nuwe bladsy waar jy 'n titel kan invoeg, jou kommentaar kan skryf en dit dan kan byvoeg.  Heel onder is daar 'n SEND knoppie.  Sodra jy tevrede is met jou kommentaar, kliek op SEND, en jou kommentaar word bygevoeg.
Om te antwoord, of reaggeer, op 'n ander person se kommentaar, kyk net aan die onderkant van hul kommentaar en kliek op die REPLY skakel wat daar vertoon word.  Dan word jou kommentaar bygevoeg as 'n antwoord op hulle s'n.

Die forums is 'n lekker plek om te kuier, te klets, grappe te maak en opinies te lig.  Daar is reeds verskeie afdelings daar, so jy kan 'n onderwerp begin in sy gepasde afdeling.  Indien jou onderwerp nie mooi inpas by enige afdeling nie, laat weet ons in die VERSOEKE forum, en ons kyk of ons vir jou 'n afdeling kan skep wat die onderwerp waaroor jy wil kuier beter sal pas.

Die forum werk maar soos enige ander standaard Internetforum.  Hier is bietjie meer inligting oor forums: http://en.wikipedia.org/wiki/Internet_forum

Ons forum is slegs vir geregistreerde gebruikers.  Elk het ook 'n "profile".  Dit beteken dat jy kan vir jouself 'n foto of "avatar" laai waarmee jy jouself voorstel op die forum.  Die gebruikerskoppelvlak (user interface) is redelik vanselfsprekend en meeste aksies is voor-die-hand-liggend.  Peuter maar 'n bietjie daar, jy kannie veel skade aanrig nie.  Meeste dinge wat jy verander of peuter mee is net vir jouself of die wyse waarop jy alleen die forum aangebied sien in jou blaaier.

Die tipiese proses sou wees dat jy een van die afdelings kies, en daarbinne 'n nuwe onderwerp begin, of ander onderwerpe lees en antwoord daarop.  Om 'n nuwe een te begin kliek jy eenvoudig op "NEW TOPIC".  Dan sal jy teks kan intik.  Om te antwoord op 'n pos, kliek eenvoudig op "QUICK REPLY" of "REPLY".  Die verskil is dat quick reply nie vir jou al die gedetaileerde funksionaliteit van "REPLY" bied nie.  Al die funksies is steeds daar, maar jy sal die kodes vir dit moet ken om dit te gebruik.  Byvoordbeeld:  indien jy vetdruk wil gebruik (bold) sal jy moet weet om [b] te gebruik en daarna weer [/b].  Indien hierdie laaste sin jou verwar, is "QUICK REPLY" nie vir jou nie.. ;-)

'n Mens kan ook "KARMA" toevoeg of aftrek.  Dit is die groen of rooi duimpie-ikoon regs-onder op 'n gebruiker se pos.  As jy hou van wat hulle sê, kliek die groen een.  As jy nie hou van wat hulle sê nie, kliek die rooi een.  So vermeerder of verminder jy die gebruiker se "KARMA" op die werf.

Voor enige religieuse Teoloog my nou kom oor die kop slaan oor my Oosterse gelowe wat ek hier promofeer:

NEE! NEE! NEE!  Dit het niks met geloof of regte "Karma" te doen nie mense!  Ontspan die boude!  Dit is bloot 'n maklike manier om aan te dui dat mense op die forum hou van, of hou nie van, die gebruiker en/of sy/haar opinies nie.  As jou "KARMA" op die forum 12 is, hou meer mense van jou.  As jou "KARMA" -8 is, werk jy op iemand se senuwees!

Daar is verskeie ander funksies, maar oos jy rondspeel met die forum-opsies, sal jy op hulle afkom.  Geniet dit.

Op die MY INDEKS gedeelte is daar 'n JOU INLIGTING skakel.  Kliek daarop om jou ingligting te sien.  Daar behoort bo-aan daardie bladsy 'n EDIT skakel te wees.  Indien jy jou muis oor dit hou, of op dit kliek, sal dit 'n kort indeks daaronder vertoon.  Op hierdie indeks is die opsie om jou IMAGE (foto) te UPDATE, ADD of REMOVE.  Kies die een wat jy wil doen.  Die nuwe bladsy wat vertoon word gee vir jou onder andere die opsie om te "browse" vir die prentjie wat jy graag wil gebruik.  Wanneer jy "browse" kliek, sal jou rekenaar 'n "Windows Explorer" venstertjie oopmaak, waar jy dan kan rondsoek op jou hardeskyf vir waarookal jy die prentjie gebêre het (ge save het).

Die beperkings hier is dat jou foto nie meer as 200x500 pixels mag wees nie (bloot om die spasie op die werf te beskerm).  Dit mag kleiner wees.  Dit mag ook nie groter as 100KB wees nie, dit mag wel kleiner wees.  Indien jy 'n foto het, maar onseker is oor sy grootte, hou jou muis oor dit, en laat dit stilstaan daar.  Meeste rekenaars sal dan vir jou 'n blokkie vertoon met meer inlgiting oor die foto.  Indien niks gebeur nie, regs-kliek op die foto, en kliek dan op PROPERTIES.  Dit sal ook 'n nuwe venstertjie vir jou oopmaak met detail oor die foto.

Indien jy nodig het om dit kleiner te maak of so iets, gebruik gerus "Easy Graphics Converter".  Dit is 'n gratis program wat fotos manipuleer.  Jy kan hul dan aanpas met heirdie program.  Ek kan ongelukkig nie al sy instruksies hier insluit nie, aangesien hy wel oor 'n hulplêer beskik (helpfile).  Lees dit net deur en pas die instruksies toe.  Easy Graphics Converter is hier gratis verkrygbaar: http://www.etrusoft.com/download.htm

Met ons eerste verhaal (Speurverhaal 1) het ons op verskeie probleme afgekom in die proses (en dit is juis waarom ons daardie eksperiment deurgegaan het - om te sien hoe werk dit) wat ons nou kan aanspreek en sodoende toekomstige verhale se skryfproses kan vergemaklik.

As jy wil deelneem aan enige van die stories wat ons op die werf skryf, vonkpos jou gebruikersnaam en die storienaam aan my, en ek voeg jou by die lys van skrywers vir daardie storie.

Afhangende van hoe dinge loop, laat ons ouens meer as eenkeer skryf, dus sal ons verskeie kere deur die siklus loop.  Sodra daar 7 name op die lys is, sluit ons die lys af, en sal enige ander persone wat betrokke wil wees so 'n oomblikkie moet aanhang, todat ons 'n volgende een begin.

Ons sal dan elkeen van die persone toewys aan 'n dag van die week.  Daardie dag is hul geleentheid om hul hoofstuk in te dien.  Dit vergemaklik die proses in terme van kennisgewing oor wie se beurt dit is, en laat elkeen gerus wees dat hulle weet wanneer hul beurt is.

Elke storie sal as 'n nuwe artikel op die werf verskyn.  Daar sal 'n titel wees, sowel as 'n paar basiese riglyne (waaroor gaan die storie, watter genre, waar speel dit af ens.).  Die lys van skrywers sal ook daar verskyn.  Die storie word dan geskryf in die kommentaararea van die artikel.

BAIE BELANGRIK:

Ouens, moet nou nie kommentare tussen-in byvoeg oor ander se hoofstuk nie.  Indien iemand 'n kommentaar lewer onder die storie, wat NIE 'n hoofstuk is van die storie nie, gaan ek dit bloot verwyder.  As jy enige iets wil sê oor hoe die stuk loop, wat ons kan verander, of 'n ander voorstel wil maak, doen dit op die forum wat ek sal skep met dieselfde titel as die verhaal se titel.

Ek gee aan elke skrywer totale vryheid om te skryf nes hy of sy lekker kry, solank dit binne morele en etiese perke is, en solank dit binne die genre van die stuk is.  As ek sê morele en etiese perke bedoel ek die volgende:

  1. Geen gevloekery...maak nie saak HOE desperaat jy is om iets oor te dra of hoe goed jy dink dit sal pas in die stuk nie.  As jy onseker is oor 'n woord, vonkpos my en ek sal bevestig.  Woorde soos "moerse", "poephol", "bliksem" en soortgelyke woorde wat nie noodwendig as vloek beskou word nie, maar wat wel ietwat onvanpas is in 'n gekultiveerde dame se teenwoordigheid, is die tipe goed wat ook vermy moet word.
  2. Geen eksplisiete (kan iemand asseblief daai spelling nagaan) erotiese dele.  Geen detail beskrywings van seksuele aktiwiteite nie.  Die stuk moet geskik wees vir persone vanaf 12 jarige ouderdom en ouer.

Elke skrywer het geleentheid tot 08:00 die volgende oggend om sy stuk in te dien.  Dus, as die eerste persoon die inleiding/hoofstuk 1 op Maandag moet skryf, kan hulle dit enige tyd op daardie Maandag indien, deur die nag, tot en met Dinsdagoggend 08:00.  As die volgende skrywer op die lys teen Dinsdagoggend 08:00 op die werf aankom, en die eerste persoon se stuk is NIE ingedien nie, dan kan hierdie nuwe skrywer (Dinsdag se skrywer) bloot oorneem en die eerste hoofstuk/inleiding skryf.  Maandag se skrywer mis dan bloot hul beurt, en hang maar aan 'n tak tot volgende week Maandag.

 

WEES GEWAARSKU MENSE!!

Moet nie jou hele hoofstuk in die kommentaar probeer skryf terwyl jy lewendig op die werf is nie!  Jy gaan verseker werk verloor.  GLO MY:  EK WEET!  Dit het talle kere met my gebeur!  Jy raak besig en ingetrek in jou artikel, en voor jy weet, is jy 'n uur aan die gang, en wanneer jy wil "save" is jy reeds afgeskop deur die werf!

My voorstel is dat jy die stuk in NOTEPAD skryf.  Ja, vermy WORD en WORDPAD as jy kan.  Dan, wanneer jy gereed is, "copy" en "paste" jou hoofstuk in jou kommentaar in een vinnige, gladde beweging.  Wink

As jy wel WORD of iets anders wil gebruik ter wille van sy speltoetser en so aan, doen dit gerus, MAAR, voordat jy "copy" en "paste", "copy" eers die hele stuk na NOTEPADNOTEPAD maak die stuk skoon.  hy verwyder enige "rich text formatting".  Daai tipe formatteering kan nogal chaos veroorsaak op die internet, indien jy nie besonders tegnies is en baie detail verstaan van hoe om dit te maak werk op die Net nie - en ek weet self nog nie eers hoe nie!

Daarna "copy" jy dit vanuit NOTEPAD na die kommentaar.  Wees gewaarsku ouens:  jy kan allerhande ander goetjies probeer, en "bolds" en "italics" en sulke dinge insit.  GLO MY!  Jy gaan werk verloor en jou hare uit jou kop wil trek.  Ek beklemtoon:  "Copy" vanuit WORD (of watter program ookal) na NOTEPAD, en "copy" dan weer vanuit NOTEPAD na die kommentaar op die werf waar jou hoofstuk moet verskyn.

Ons sal na die tyd alles saamvat in een stuk, enige spelling nagaan, gramatika nagaan en dan ook sommer formatteering doen (bold, italics etc etc etc).

Nog 'n sakie rondom WORD en ander woordverwerkers wat julle dalk sou wil gebruik:  Daar is sekere karakters (onder andere die Afrikaanse " 'n " en die koppelteken) wat soms probleme gee op die Internet.  Skrywers het al artikels gelaai, en dan word 'n gedeelte van die artikel bloot nie vertoon nie...dit stop sommer netso in die middel iewers.  Na dieper ondersoek kom ons toe agter dat WORD en ander woordverwerkers soms die Afrikaanse " 'n " (wat uit twee standaard ASCII karakters bestaan, naamlik die afkappingsteken ' en die letter n) met 'n spesiale karakter.  hierdie is een enkele karakter wat lyk soos die Afrikaanse " 'n ".  Die koppelteken het ook soortgelyke probleme opgelewer, en ek is seker daar sal ander karakters wees wat dalk ook pla.  Feit is:  die gewone, standaard ASCII karakters word met 'n spesiale kode vervang in hierdie woordverwerkers, en dit is vir die Internet-sagteware op die oomblik nog 'n hoofpyn.  Gewoonlik word jou artikel bloot net vandaar af afgesny.

Die maklikste manier om hierdie probleem te vermy is:  Skryf jou hele stuk in Notepad.  As jy spelling wil nagaan, "copy" die artikel na jou woordverwerker, gaan die spelling na, en korrigeer dit "manually" in Notepad.   Ja, jy lees reg:  moet nou nie die gekorrigeerde artikel vanuit WORD terug "copy" na Notepad toe nie, want dan kom al die spesiale karakters in alle geval weer saam.  Laat WORD die spelling nagaan, maar maak dan self, per hand, die spelfoute in Notepad reg.

Die alternatief is ook nie te moeilik nie:  Werk in jou woordverwerker.  Volg die proses soos vroër in hierdie artikel uiteengesit, waar jy Notepad gebruik om die stuk "skoon" te maak.  "Paste" na die Internet, en daar waar die artikel afgesny word (indien enigsins) gaan loer jy net wat is die volgende karakter in die oorspronklike Notepad artikel.  Jy behoort te kan sien watter karakter die probleem gee, en al wat jy doen is om die karakter, sowel as die spasie voor en agter dit, te "delete", en dan te vervang met die korrekte karakter binne Notepad.  Dan "copy" en "paste" jy bloot weer en gaan so voort todat die hele stuk vertoon.

Jy sal merk dat baiekeer vervand die woordverwerker wel nie die spesiale karakter nie.  Ek weet nog nie hoekom woordverwerkers dit soms doen en soms nie, maar minstens het ons nou 'n manier om die probleem te omseil en/of vermy.

Miskien net 'n laaste opmerking:  Probeer die hoofstuk eers heeltemaal voltooi VOORDAT julle dit hier kom "paste".  Jy kan uiteraard na die tyd jou hoofstuk redigeer (edit) hier op die kommentare, MAAR, as jy dit doen, word my posbus VOL gelaai met opdateerings van jou kommentaar.  Spaar my tog as julle kan  Smile

Ek wou nie rêrig 'n "REELS" afdeling hier plaas nie, want ek glo dat daar diep binne is meeste mense basies goed.  Daarom vertrou ek elkeen om hulself te gedra op hierdie werf as dit kom by kommentare, blogs en die forum.  Wees net gemanierd teenoor mekaar en vermy kru taal of onnodige "onder die belt" opmerkings en stories.  Julle is welkom om jul produkte, besighede of dienste te adverteer op die Forum of jou eie blogs, maar moet ons nou nie "flood" nie, wees maar net sensetief daarvoor.  Vermy advertensies in die kommentare area asseblief.  Ek wil dit streng kuier-debateer-gesels hou.  Onthou dat jy jou webwerf in jou "signature" kan insluit, dan word dit in alle geval op elkeen van jou poste ingesluit, en ons beskou dit gladnie as oortollige advertensie nie.  Solank jou "signature" natuurlik nou nie vier bladsye lank raak nie!  Wink  As jy onseker is, gooi my 'n vonkpos en vra net...ek is baie vriendelik, genadig en behulpsaam.  Cool

Dis dit mense!  Niks baie nonsens nie.

As jy onnodige sterk taal gebruik sal jou pos geredigeer word.  Ek weet dat sommige grappe wil net nie WERK as sekere tipies Afrikaanse woorde nie daar is nie, so ek is genadig, moenie bekommer nie...maar as jy onnodiglik varksig raak is daar twak!  As jy dit aanhoudend op onnodige manier gebruik, sal ek jou waarsku, waarna ek jou IP sal verban en jou lidmaatskap opslort.

As jy enigsins in ander geregistreerde gebruikers se karakter inklim op die forums, kommentare of blogs, sal jy een waarskuwing ontvang, en daardie pos sal verwyder of geredigeer word.  As jy dit weer doen groete ons jou.  Verskil bloot op beskaafde manier met mekaar, al hou julle 'n driftige debat.

Comments
Search
Only registered users can write comments!

3.20 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

Last Updated ( Donderdag, 24 Julie 2008 )
 

Beveel ons aan by jou Sosiale netwerk


RedditDel.icio.usGet more widgets at VivoCiti.comDiggGoogleHuggReddot@eShiok!LiveFacebookSlashdotNetscapeTechnoratiStumbleUponSpurlWistsSimpyNewsvineBlinklistFurlFarkBlogmarksYahooSmarkingNetvouzShadowsRawSugarMa.gnoliaPlugIMSquidooco.mmentsBlogMemesFeedMeLinksBlinkBitsTailranklinkaGoGo
Module is designed by http://www.vivociti.com

Teken in op ons RSS kanaal

Statistieke

Members: 600
News: 130
Web Links: 0

Meningspeilings

Gaan die Bokke wen op Ellispark ook, en onoorwonne uit die reeks tree?