Teken aan

Wie's aanlyn?

No Users Online

Skreeu hier bietjie vir mekaar

Laaste Boodskap: 1 week, 4 dae gelede
  • Douwlina : Almal uitgeval vir hygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Douwlina : Almal uitgeval vir huygroman? Ek gaan dit gebruik vir ander rede.
  • Avigailtjie : hallo! Ja, ek wil graag weet waar my gedigte is...? ek kan hul nie vind en lees nie. Dankie en beste wense,
  • Avigailtjie : Hallo!
  • riaan : As dit die afgelop twee weke was, kan dit die SEACOM kabel wees, ek het persoonlik BAIE drama gehad om ENIGE websites oop te maak, weens spoed. Weet nie verseker of dit dit was nie, maar dis al wat ek kan dink.
  • www.novani. : Dit is lyk my n Grooot probleem om by enige afdelings in te kan gaan....maak net nie oop nie...is daar dalk tydelik n probleem!!

Jy moet eers aanteken voordat jy kan saamskreeu

Nuutste Kommentaar

Advertensieflitse

Speurverhaal 1 PDF Print E-mail
User Rating: / 7
PoorBest 
Written by Riaan Eloff   
Woensdag, 02 Julie 2008

Nou maar goed, hierdie week het ek heelwat navrae en reaksie gekry oor die storie wat ons saam wil skryf.  Lees gerus die detail, en klim in.

Hier is hoe ons te werk gaan:

  1. Dit is 'n speurverhaal...'n tipiese "whodunnit"
  2. Dit speel af in Wes-Europa/Engeland
  3. Niemand het nog 'n naam vir die hoofkarakter voorgestel nie, so ek kies sommer my laaitie se naam:  Justin
  4. Daar moet 'n liefdesbelangstelling in die verhaal wees vir Justin...kom ons noem haar maar Amanda.
  5. Elkeen dien 'n hoofstuk in - NIE 'n paragraaf.
  6. Ons maak dit nie 'n kortverhaal nie,aangesien ek vermoed ons gaan te lank wees daarvoor.  Ons noem dit 'n Prosateks (voorstel deur die ATKV) aangesien dit ons baie meer vryheid gee in terme van die lengte van die stuk.

Hieronder lys ek die name van persone wat belangstelling getoon het in die eksperiment.  Elkeen kan sy hoofstuk invoeg in die volgorde wat hulle hier verskyn.  Daar is geen spesefieke voorkeuere gegee in die volgorde nie, so moenie my uithaal daaroor nie...ek sit sommer net die name in soos ek hulle sien!  Die enigste voorkeur is mvick, aangesien ek in 'n kommentaar belowe het hy (sy?) kan begin daarmee.

  • mvick
  • Vettie
  • LizaC
  • Douwlina
Om dit makliker te maak vir kuiergaste en ander lesers, het ek die res van die detail verwyder uit hierdie artikel.  Ek het dit ook gestandardiseer vir toekomstige verhale.  Dit kan nou gevind word onder die "Hoe werk goed hier?" indeks.  As jy daarop kliek (links-bo op hierdie bladsy), kyk maar net uit vir die gedeelte wat getitel is: "Om saam te skryf aan 'n groepstorie".  Die enigste verskil tussen ons huidige storie en die toekomstiges is dat hierdie een 12 skrywers het, en ons gaan dit so hou vir nou.  Volgende stories sal funksioneer soos uiteengesit in daardie artikel.
BELANGRIKE SAKIE:  MOET TOG NIE KOMMENTARE OP DIE VERHAAL HIER MAAK NIE.  ENIGE KOMMENTARE WAT NIE 'N HOOFSTUK VAN DIE VERHAAL IS NIE WORD VERWYDER.  SLEGS HOOFSTUKKE VAN DIE VERHAAL WORD HIER GEPLAAS.  INDIEN JY 'N KOMPLIMENT OF KOMMENTAAR WIL LEWER, DOEN DIT GERUS OP DIE FORUM VAN HIERDIE STORIE.
Lekker lees en skryf!
Comments
Search
Only registered users can write comments!
mvick  - Hoofstuk 1   |Registered |2008-07-21 05:43:52
avatar Dusseldorf. 10:30vm. 2 November 2008

"Hierdie een was in 'n deurstraat agter die Rathaus gevind. Hierdie een tussen 'n klomp bees karkasse by Viehmarkt, sewe weke later. Nou is dit hierde een, ses weke later" Eerste Luitenant Amanda Dixon maak nog 'n leer oop en plaas dit voor Inspekteur Justin Faber op die lessenaar neer.

Die vlug na Dusseldorf was uitputtend. Sestien uur se ononderbroke vlug in die ekonomiese afdeling van British Airways is al reeds ongemaklik. Voeg daarby 'n oorgewigte Brit wat oopmond Nik-Naks sit en kou aan die een kant en 'n techno junkie aan jou anderkant wie se kop soos 'n metronoom aanhoudend knik-knik op die maat van die musiek op sy "iPod" . Natuurlik op maksimum volume gestel om die volle 3D klank effekte te geniet.

Dit was nog donker toe hulle land en die winterslug was yskoud. Scotland Yard beamptes het hom ingewag by Doeane en hy is vlugtig na die kantore in Dusseldorf vervoer.

Op pad daarheen het Justin gewonder of hy die regte besluit geneem het om terug te keer na speurwerk. Dis juis 'n saak soortgelyk soos die wat hom laat besluit het om eerder in die sekuriteitsbedryf in te gaan. Die afgelope twee jaar het hom goed gedoen om weg te breek van die ondankbare polisie speurwerk. Hy was hoog geag in speurkringe wereldwyd, veral na sy oplossing van die Alice Martins ontvoering wat vroeg in sy loopbaan wereldwyd opslae gemaak het. Die oproep van Scotland Yard het egter so dringend geklink, hy het verplig gevoel om oor te vlieg vir die vergadering. Hy was, helaas, 'n spesialis op die gebied.

"Ons het weer jou hulp nodig." het Amanda verlede week oor die foon gese.

"Hoe lank gelede het dit gebeur?" het hy gevra.

"Laasweek..en dit is nou al die derde een."

Hy het besluit om 'n breek te vat na hy 'n saak in Amsterdam, Nederland ondersoek het oor 'n twaalfjarige seun wat vermis geraak het. 'n Klein see-blou oog blondekop Duitsertjie wat op vakansie was saam met sy ouers. Die ondersoek het op 'n grusame ontdekking uitgeloop wat hom tot diep in sy gemoed geskud het. Hoe kon 'n mens so iets aan 'n kind doen? Hoe kon 'n mens so iets aan enige ander lewende wese doen? Die Duitsertjie was die vierde soortgelyke slagoffer oor 'n drie jaar tydperk. Maar daardie een, die onskuldige twaalfjarige seuntjie, het hom baie herinner aan sy eie seuntjie, Kyle, wat kort voor sy elfde verjaarsdag in 'n trompopbotsing tussen 'n skoolbus en taxi omgekom het. Dertien skoolkinders is oorlede op daardie grudag agt jaar gelede.

Die kantore is koud en saaklik. Hier en daar hoor hy 'n drukker verslae druk, en 'n ent in die gang af skel-wat 'n kaptein moet wees-op 'n offisier wat klaarblyklik sy helm by die huis vergeet het. Nog altyd streng, hierdie lot, herinner hy homself.

"Waar is hierdie plekke waar die lyke gevind is?" vra Justin.

"Wittlich, in die ooste van Duitsland langs die Lieser Rivier" se Amanda en wys na die kaart van die dorpie op die muur.

"Al drie?" vra hy

"Ja, al drie in dieselfde dorpie. Dis hoekom ons jou na Dusseldorf laat kom het, ons sal hier baseer wees vir die afsienbare toekoms terwyl die ondersoek aan die gang is" se Amanda.

"Maar dis mos 'n klein plekkie, hoe gebeur so iets in so 'n klein plekkie? Daar is sekerlik omtrent net so, wat, twintig duisend mense in daardie dorp?" Justin is verbaas dat so 'n klein plekkie deur sulke onheil getref is.

"Negentien duisend vieronderd nege en tagtig volgens die mees onlangse sensus om presies te wees". Amanda het hom nog altyd beindruk met haar deeglike werk. Dis geen wonder sy is onlangs bevorder na Eerste Luitenant nie. Justin besef dat hy skielik opmerk hoe mooi Amanda in hierdie laaste drie jaar, vandat hy laas Scotland Yard met 'n ondersoek gehelp het, geword het. Sy het hom nog altyd beindruk met haar intellegente opmerkings en afleidings, en kon hom ure lank in geselskap noop oor 'n Guiness of drie. Hulle het dikwels, na 'n laat aand op kantoor, gaan afblaas by 'n plaaslike "tavern". Sy is die loopbaan gerigte tipe vrou wat alles opoffer vir haar werk en passie. Die prys van haar liefde vir haar werk was derhalwe dat sy nie veel van 'n persoonlike lewe gehad het nie en van 'n liefdeslewe was daar geensins sprake nie. Justin het haar altyd half as "een-van-die-ouens" gesien.

Na klein Kyle se dood het hy en sy vrou se paaie uitmekaar geloop. "Soms, is die seer seker te veel vir selfs twee mense om te dra" het hy eendag vir die polisie-sielkundige gese. 'n Paar jaar na Kyle se dood het sy vrou saam met haar gym instrukteer weggeloop. Hy het haar nooit weer daarna gesien nie, en die skeidokumente wat deur die pos gekom het summier geteken.

"En geen getuies nie? Hierdie is tog publieke plekke, iemand moes tog iets gesien het?"vra hy.

"Ons het alreeds al die werknemers by die Rathaus ondervra, maar geen geluk gehad nie. Die stadsklerk wat op die lyk afgekom het se hy was oppad werk toe, toe hy 'n skoen onder 'n karton sien uisteek, en in Wiitlich is dit nie 'n normale verskynsel nie. Dis toe hy op die lyk afgekom het 'n paar meter verder. Hierdie ander een is deur 'n skoonmaker, ook vroeg die oggend, tussen die bees karkasse ontdek. Volgens die afslaer by die Viehmarkt, is daar ook niemand oornag nie, en dus ook geen getuies nie. En hierdie mees onlangse een is by die Judenbusch begraafplaas deur toeriste onttdek - tienuur die oggend." Se Amanda. Sy moes al nagte aan hierdie ondersoek spandeer het die afelope week, en sy lyk nog so vars soos 'n briesie, dink Justin.

"Daar is egter iets wat jy moet sien, Justin." Amanda se stem ruk dadelik sy gedagtes terug na die onderwerp.

"Wat is dit?" vra hy.

"Die grafsteen waar die laaste slagoffer gevind is. Sien jy die naam?" dis nie juis 'n vraag wat Amanda vra nie, sy weet reeds wat sy antwoord gaan wees.

Justin tel die foto op en probeer die naam uitmaak op die bloedbesmeerde grafsteen. Dit is een van daardie Engel vormige grafstene, soos die wat hom altyd aan die Kupido engeltjie laat dink, sonder die pyl en boog, natuurlik.

"Aan...ons...engel..." begin hy die woorde uitmaak. "Ons...sal...jou...nooit..." die res is so oortrek met bloed dat dit nie sigbaar is nie,

"Ons...liefling..."

"O my genade!" Justin voel die walg in sy binneste opstoot.

"Dit is hy..."


****
Petronella  - Hoofstuk 2   |Author |2008-09-17 08:47:49
"Justin is jy seker?...die ou sit toegesluit in Weskoppies! Dit is nie moontlik nie...dit kan nie hy wees nie."

Justin is langs haar, sluit sy hande vas om hare, brand sy oë soos 'n vlam op haar en sê: "Kyk na my, Amanda..." en teen wil en dank kyk sy na hom en die vlam in sy oë is soos 'n hipnotiese krag wat haar verlam...
"Amanda dis hy, ek's oortuig daavan"
Justin sien die ontsteltenis op Amanda se gesig. Sy skud haar kop wanhopig, gefolterd en fluister: "Dit kan mos nie wees nie..."

Amanda voel die naarheid in haar keel opstoot, die kantoor voel soos 'n vlot waarop sy, alleen in die nag, op die oop see dryf...alleen...alleen...en daar is geen hulp nie, net die koue benoudheid, die koue angs in haar hart, in haar keel...
Lank gelede, toe sy 'n kind was...
Hulle het iewers gaan kuier. Sy het op die werf tussen die bome rondgestap. Om haar het dit skielik gewemel van die yslike swart perdebye! Die perdebye het soos 'n groot swerm vlieë om haar gezoem en sy kon nêrens heen vlug nie. Hulle was oral, op die stoep, tot in die huis...
Sy was vreeslik bang - totdat sy moeg was vir die bang. Toe was dit asof iets diep, diep in haar woordeloos sê: "Jy kan daar niks aan doen nie. As hulle wil steek, laat hulle maar steek...laat hulle..."

Dít is die wanhoop wat sy nou weer beleef as sy vir 'n oomblik moet glo dat hierdie moorde aan hom toegeskryf moet word. Dit is vir haar te veel...

"O, Justin..." hyg sy benoud.
Sy hand sluit ferm om haar arm.
"Kom Amanda..."
Hy beur met haar deur die kantore en die offisiere aan diens, 'n pad oop na buite...
"Jusitn, ek is so bang...kan jy onthou? My pa...en nou sê jy sy moordenaar is weer los?"
"Amanda...ek onthou wat jy deurgegaan het, ek besef die pyn...ek weet...maar dis hy"

****
LizaC  - Hoofstuk 3   |Author |2008-07-22 20:06:24
Justin trek die sigaret se rook diep in sy longe. Hy verstaan nou hoekom Scotland Yard hom ingeroep het. As sy vermoede reg is, het die moordenaar sy gruwelspoor al op vier van die sewe kontinente getrap. Die monster het geen grense of medemenslikheid nie. Voor hy kan seker wees, moet hy een belangrike oproep maak.

Die internasionale oproep maak korte mette van tyd en afstand. By Weskoppies het die nagskof skaars minute gelede oorgegee aan vars personeel. Justin luister na die gelui oorkant die waters en wens hy kon die koue oggendlug verruil vir die warm somertemperature van Suid-Afrika. Net toe hy wil neersit kry die telefoon lewe.

"Dokter Helmut De Waard, asseblief."

"Dokter is besig met sy rondtes, kan hy u dalk terug skakel."

"Sê vir hom dis Inspekteur Justin Faber van Scotland Yard. Sê vir hom die Ysterklou het weer toegeslaan. Glo my, hy sal vinniger met my praat as wat jy dink"

Terwyl hy wag vir die liggaamlose stem om terug te keer, suig Justin gespanne aan sy sigaret. Hy moet hierdie slegte gewoonte los voor dit nog sy dood veroorsaak. Elke nou en dan besluit hy om meer gesond te lewe, te begin oefen, meer te ontspan, maar nes hy goed op dreef kom met sy nuwe regime, kom iets soos hierdie saak en krap alles deurmekaar.

De Waard se stem kom joviaal oor die telefoonlyn: "Justin, jou semel, is dit wragtig jy? Ek het eerder my dood verwag as 'n oproep van jou."

"Ja dok, wonderwerke gebeur nog, ongelukkig gewoonlik nadat chaos eers sy deel gedoen het."

"Wat is die storie met die Ysterklou?"

"Ek wil hoor of hy nog onder jou veilige sorg is. Ek hoop wrintiewaar hy is eerder nog by jou. Ons vermoed hy het in Wittlich, Duitsland, toegeslaan. Die patroon lyk dieselfde. Al drie slagoffers was jong blonde Duitsers. Die laaste een maar net 17 jaar oud."

"Nee my ou, ek dink jy't die keer die kat aan die stert beet. Jou vriend die klou is sowat drie maande gelede dood."

"Wat was die nadoodse ondersoek se bevinding?"

"Daar was nie een nie."

"Hoe so?"

"Hy het twee dae voor sy dood beroerte gehad. Hy het sy laaste nag op aarde in 'n koma deurgebring. Daar was geen groot vrae rondom sy dood nie. Die doodsertifikaat is uitgereik sonder dat dit die staat nog meer geld gekos het."

"Weet julle wat die beroerte veroorsaak het?"

"Hoe sal mens weet met 'n ou wie se brein al so lankal ontspoor het? Dit het eintlik die laaste ruk besonder goed gegaan met hom. Hy het goed op die rehabilitasie gereageer. Die hof het hom selfs agter tralies uitgehaal en hy is stadig maar seker weer tussen mense toegelaat."

"Enige besoekers of iets interessants wat ons kan help."

"Ek weet nie of dit van enige hulp sal wees nie. Jy onthou dat die meeste van sy familie uitgewis is deur die Neo-Nazi ekstremiste? Hulle het kort voor sy moordtog begin het sy jonger broer vermoor. Dit blyk steeds die enkel grootste faktor wat hom oor die rand gedryf het. Daarom sy preokkupasie met die Duitsers."

"Ja, dis hoekom die hof hom destyds na julle toe gestuur het."

"Jip. Vir die eerste ruk mag hy geen besoekers gekry het nie. Ons het in elk geval nie geweet dat hy nog familie gehad het nie."

"So?"

"'n Paar maande gelede daag daar uit die bloute 'n kleinneef op om hom te besoek."

"Jy's nie ernstig nie."

"Jip. Die snaakste was dat hulle ure gesit en praat het. Ek dink as die personeel hom nie amper hardhandig moes wegjaag nie, hulle nagte om sou gesels."

"Ek het nie gedink hy's in staat tot 'n normale gesprek nie. Hy was meer soos 'n gedierte as 'n mens toe ek hom laas gesien het."

"Dis waar. Hy het egter baie goed reageer op behandeling. Jy sou hom nie herken het as dieselfde persoon nie. Die man was eintlik hoogs intelligent. Dit was dalk deel van sy probleem. Jy weet ons kry soms die slim-malles hier by ons. Hulle raak so betrokke by hul studievelde dat hulle obsessief raak en later nie meer in 'n normale opset kan funksioneer nie."

"Nou wat het dit met die Ysterklou te doen?"

"Onthou jy die ysterhand wat hy ontwerp het? Die een waarmee hy sy slagoffers se gesigte letterlik van hul kopbene afgestroop het?"

"Ek wens ek kon dit vergeet."

"Wel, ek het een middag verby die twee gestap terwyl hulle gesit en kuier het. Hy was besig om in detail te verduidelik hoe die meganika agter die hand gewerk het. As ek nie die gebruik van die klou geken het nie, sou ek gedink het die man is geniaal. Hy sou selfs vir mense met kunsledemate iets positiefs kon beteken."

"Het jy toegelaat dat hulle dit so openlik sit en bespreek?"

"Nee, natuurlik nie. Die oomblik toe ek besef wat aan die gang was, het ek dadelik ingegryp onder een of ander verskoning en die besoeker weggestuur. Ek was bang dat dit hom negatief sou beïnvloed. Ons het hom die volgende paar dae baie fyn dopgehou, maar niks. Dit was amper asof hy nie besef het watter verskriklike dinge hy met sy uitvindsel aangevang het nie."

"En die kleinneef?"

"Ons het sy kuiers probeer beperk, maar hy het weer en weer teruggekom. Dit was eintlik effens freaky."

"Weet jy wat sy naam is?"

"Lazarus Wechsler"

"Lazarus, soos die een wat in die Bybel uit die graf opgestaan het?"

"Selfde."

"O my magtag."

"Wat nou?"

"Die naam op die graf waar die laaste slagoffer verlede week gevind is, is Joseph Lazarus Wechsler."
Douwlina  - Hoofstuk 4   |Registered |2008-07-24 09:50:59
avatar Die donkerder skaduwee skuif effe weg van die ewe donker heining. Die maan hang rooi, soos 'n bloedsteen, teen die
blougrys van die aandlug. 'n Vrou lag en dan verskyn sy teen die helder lig van die vertrek agter haar. Sy kyk oor
haar skouer na die man wat haar volg. Die lig trek goudstrale uit haar blonde hare. Amanda.

Mooi vrou, hoekom lag jy? Wat is vir jou snaaks? Lag jy vir my? Ek maak nie foute nie en verseker lag min mense
oor dit wat ek doen. My lewenstaak. Jou lag sal opdroog soos gille wat in my hand stol soos warm jellie. Bloed en
gille, albei rooi en warm, albei moet altyd die stilte voorafgaan. Die wonderlike stilte wat koel om my kom vou en die geraas in en om my stilmaak, al is dit net tydelik totdat die Ysterklou weer begin praat. Eers sag en dringend en dan al harder totdat dit 'n magtige waterval se geruis word en ek soms verskrik rondkyk of iemand anders dan nie ook die stem hoor nie.

Amanda, jy is soos goeie rooiwyn. Of 'n rustige ryk sjerrie na 'n vyfgangmaal. Maar jy sal nog moet wag. Ek is nog
besig met die spyskaart. En watter voortreflike spyskaart is dit nie. Amanda en die man wat hy nou as Inspekteur Justin Faber herken, loop naby hom verby sonder om ag te slaan op hom. Vir 'n oomblik is hy woedend. Dink hulle nie dat hy belangrik genoeg is nie, maar dan giggel hy genotvol en skuif dieper in die skadu van die heining in.

Hulle het hom nie gesien nie! Hy is een met die kosmos, een met die rooi maan en die swart heining, kind van die
nag.

Weskoppies en die Ysterklou 'n vae dringende angs in sy geheuebank. Angs en opwinding. Hy druk sy hand hard teen
sy gespierde borskas om die hartkloppings vas te pen. Voel sy hart soos 'n voel in sy bors fladder. 'n Groot roofvoël, dink hy tevrede. Wag vir my Amanda, ek kom, ek kom...dink hy terwyl hy hom losmaak van die skuiling van die heining en geruisloos die paartjie op 'n veilige afstand volg totdat hulle in Justin se gehuurde motor klim en wegry.

Die vinnige klapper van hoë hakskoene trek sy aandag. Die meisie is rooiblond en mooi, lank en skraal en duidelik benoud om nog so laat op straat te wees, want sy kyk kort-kort vinnig oor haar skouer asof sy iemand agter haar verwag.

Sy ruk hoorbaar haar asem in wanneer sy hom voor haar gewaar waar hy roerloos staan onder 'n straatlig. Hy glimlag en
lig sy hande in 'n oorgee-posisie langs sy sye sodat sy kan sien dat hy minstens geen wapen in sy hande het nie.

'Goeienaand. Dit is 'n slegte tyd vir 'n dame om alleen op straat te wees. Kan ek u vergesel iewers heen. Ek belowe dat ek geen maniak is nie.' In sy kop hoor hy iemand giggel.

Die meisie het geen ander keuse nie. Hulle twee is alleen in die kort systraat. 'My motor het gebreek net in die volgende straat en ek het nie my selfoon by my nie. Ek weet dat daar 'n telefoonhokkie hoër op in hierdie straat is.'

'Daar is ook 'n polisiegebou hier. Dalk sou hulle jou kon help, maar dit is onnodig. Jy kan my foon gebruik.'

Hy glimlag toe hy sien dat sy 'n veilige afstand van hom bly staan. Haar blou oë hoopvol op die foon in sy hand,
maar te bang om dit te neem. Hy sit die foon op 'n randsteen neer en gee drie treë terug. Sy bloos so rooi dat
hy dit duidelik in die straatlig kan sien. Rooikoppe bloos tog so maklik. Haar vol lippe is effe oop as sy vorentoe buk om die voor op te tel. Haar bloesie gaap effe oop en hy sien die vol rondings van haar borste teen die materiaal du. Sy is pragtig. Byna so mooi as die vriendelike verpleegsuster wat sy lippe natgemaak het na die elektrokonvulsiewe terapie.

As jy nie self elektrokonvulsiewe terapie gehad het nie, kan jy die hel daarvan nie beskryf nie. Die ontsettende
kloppende hoofpyn en dan die totale niks waar jou geheue was. Die vrees kom lê wyd en oop in jou en jy weet dat jy
iets kosbaars verloor het, maar jy weet nie wat dit was nie. Dan kom stukkies geheue soos glasskerwe stuk stuk terug,
maar nie alles nie, nooit weer alles nie. Daarom het hy ontsnap. Niemand gaan hom ooit weer aan daardie vernedering onderwerp nie. Die stinkende ammoniakreuk, die nat slaapbroek, die seer kakebene en die stukkende tong, bloedskuim om die lippe en die los geheueslierte.

Die meisie het klaar gepraat en gee sy selfoon aan hom terug met 'n fyn glimlaggie. 'Hulle gaan my by my motor kom haal. Baie dankie.' en sy loer benoud die straat af wat donkerder word in die rigting vanwaar sy gekom het.

'Ek stap saam.'

Hulle skaduwees loop hulle vooruit na die motor. Elkeen besig met sy eie gedagtes. Hy sien haar hare 'n koper
duifvlerk oor die sagte lyn van haar wang waaier. Die maan tel die rooi op en slinger dit oor haar hals. Vir
'n oomblik waai die aandwind 'n rooi sliert oor haar wit keel. Dit word 'n gapende wond.

Hy hou vir haar die deur oop sodat sy in die motor kan klim. 'Ek wag hier tot jou redders opdaag. Dit kan gevaarlik
wees selfs al is jy in jou motor.'

Motorligte verlig minute later haar mooi gesiggie agter die ruit. 'Hier is my ouboet nou.'

Hy lig sy hand in 'n saluut teenoor die ander motor, die ligte in sy oë. Hy stap uit die lig en verdwyn in die
donker.

Hy fluit toonloos terwyl hy wegstap. Sy motor is 'n blok verder geparkeer. Hy sal moet aanstoot om betyds te wees op Wittlich se stasie. Die Ysterklou het werk om te doen.

Die maan is nou 'n bevrugte eiergeel. Dit hang swanger bokant die stasiegebou. Hy hou die mense dop soos hulle afstap. Hy glimlag wanneer hy die blonde man van die trein sien klim. Hy ken nie die man nie, maar weet dat dit
die regte man is. Soos hy die Ysterklou nie ken nie, maar tog ken, soos hy sy broer ken, maar tog nie ken nie.

Hy voel koel koue metaal in sy jas se wye sak en tree uit die skadu.

'Goeienaand.'
Vettie  - Hoofstuk 5   |Registered |2008-10-05 21:11:08
avatar 'Naand' Die blonde man stap verder en steur hom nie aan die vreemdeling nie.
Halfpad teen die trappe op voel hy oë op sy rug brand. Hoekom voel hy nou so benoud,
hy het tog al honderde kere hierdie pad gestap.

Hy skud sy kop en lag saggies by homself - bang? Die volgende oomblik staan die vreemdeling
voor hom en lag ook saggies... "Ek is bly om te sien dat jy darem 'n sin vir humor het"
"Wie is jy en waar kom jy nou vandaan?"
"Komaan Heinrich, onthou jy nie 'n ou vriend as jy hom sien nie?"
"Jy!" "Vader nee,dit kan nie wees nie"
"Jammer om jou te skok maar dis ek - in lewende lywe"
"Ek was dan daar - jy is dood weens beroerte - jy is dood!!!

Heinrich voel die naarheid in hom opstoot. Nog nooit was hy bly as iemand se lewe tot 'n einde
gekom het, maar met hierdie man, monster was dit anders, hy het stilweg gebid dat hulle hom
nie moet deurhaal nie, hy het verdien om te sterf.

Dit was sy laaste gedagte voordat hy sien hoe die ysterklou na hom uitreik en stadig om sy hoof
vou... ure later het hy nog daar gelê- gestroop van enige identiteit- bebloed en onherkenbaar.
Op die sement waar sy skedel lê is daar in sy eie bloed geskryf - Miguel Zwarski.

Inspekteur Justin Faber slaan die telefoon met 'n slag terug op die mikkie. Amanda ruk soos sy
skrik,sy het vas geglo die monster is dood en begrawe en nou lyk dit asof hy hulle selfs uit die
graf terroriseer.

"Justin" Amanda roep sag na hom, weer, die keer bietjie harder. "Ek hoor jou, dis net, ek kan
hierdie sinvelose moorde nie meer hanteer nie" Amanda sit asb ons moet praat" Hy laat haar
langs hom op die rusbank sit met haar hande styf in syne toegevou. "Amanda'tjie dis... dis
hierdie keer Heinrich gewees!" Amanda val met 'n snik teen sy skouer en begin droewig huil.
Later staan hy op en bring vir haar 'n bietjie brandewyn en maak haar dit sluk.

Hoe lank sit sy nou al so en staar...?"Amanda"? Sy kyk op en hy sien die glasende oë het in
dowwe glas verander - gelouterde glas wat nog nie deur die poleerder was nie, hoe lank sal sy
dit kan hou? "Amanda ek is jammer, so jammer." Sy kyk oor haar skouer terug na waar hy nog
op die rusbank sit. "Ek gaan hom kry - ek gaan die vark kry!, so seker as wat ek vandag hier
voor jou staan"

Hy laat haar begaan. Hy sal haar so tien minute alleen los in die klein parkie langs die
woonstel en haar dan gaan haal. Sy moet nog die lyk gaan uitken. Hy was al wie sy gehad
het - Heinrich haar aangenome ouboet.

Amanda loop tot by die swaaie en gaan sit op een, sy begin stadig heen en weer swaai.
Agter haar in die digte struike sien sy nie die man met die geheimsinnige glimlag op sy lippe
nie.Sy hoor ook nie toe hy saggies fluister " My Amanda'tjie, ek kan nie wag om jou
in my arms toe te vou en te troos nie, huil maar my meisie een van die dae kom ek jou haal!..."

********************
Toevoeging tot hoofstuk 5 met toestemming van Vettie, deur Douwlina
********************

Justin sit ingedagte en trek aan sy sigaret. Vuil gewoonte! Hy sal dit moet afleer, dink hy. As die verdomde Clark nou net uit Suid-Afrika wil aankom met sy sogenaamde hoogsvertroulike inligting.

Hy hou van die man. Hy het vantevore saam met Clark gewerk en hoewel hy soms soos 'n grootprater voorkom, kom hy meestal sy effe oordrewe beloftes na. As hy spog dat hy met die moordenaar se kop in sy hand gaan inkom kantoor toe, weet jy ten minste gaan hy met 'n goeie bewysstuk na vore kom.

Hy het werklik een keer vir Justin 'n man se kop belowe en toe met 'n balaklava vol speeksel opgedaag. Hulle kon met DNA daarna die regte man se kop eis!

Justin lag saggies en kyk dan verleë op toe hy bewus word van 'n figuur in die deuropening.

Amanda! Maar dan besef hy dat die figuur in die deur langer as Amanda moet wees.
Die meisie se hare is ook 'n skakering donkerder as Amanda se kapsel. Wat is haar naam tog weer? Mulder. Sondra Mulder. Daar is iets aan haar wat hom aan Amanda herinner, maar hy kan dit nie plaas nie. Haar hare val sag vorentoe as sy vir hom 'n boodskap op die amptelike briefhoof van die kantoor aangee.

Haar oë het 'n vreemde hardheid wat die sagte baba-blou weerlê en dit eerder roofvoëlhard laat _b_link__. Op haar werk kan hy geen kritiek lewer nie. Sy is 'n harde werker wat nie skroom om na-ure te werk of om 'n ekstra saak te aanvaar by haar reeds vol lading nie.

Hy wonder wat haar die bitter trekkie om die mooi mond gegee het. Hy weet dat die ander haar as 'n alleenloper sien wat selde meng, maar tog as hulle paaie sosiaal kruis soos by 'n eetplek of werksfunksie, sal sy 'n rukkie vriendelik lag en gesels en dan ongemerk verdwyn, lank voor die ander.

"Mark Clark is op die lughawe. Sal ek hom gaan haal?"

"Dit sal gaaf wees."
Petronella  - Hoofstuk 6 aangepas deur Riaan, LizaC en Douwlina   |Author |2008-10-07 10:20:14
Justin kyk deur die woonstel venster, na Amanda wat heen en weer swaai. Sy gedagtes dwaal terug na sy gesprek met Dokter Helmut De Waard.

"Ek het nie gedink hy's in staat tot 'n normale gesprek nie. Hy was meer soos 'n gedierte, as 'n mens toe ek hom laas gesien het."
"Dis waar. Hy het egter baie goed reageer op behandeling. Jy sou hom nie herken het as dieselfde persoon nie.
Jy sou hom nie herken het as dieselfde persoon." steek vas in sy gedagtes.

'n Beweging in die digte struike laat hom skielik besef, Amanda is alleen en as Ysterklou in die omgewing is, kan Amanda volgende wees.
Hy hardloop uit die woonstel na Amanda, gryp haar en druk haar teen hom vas.
"Amanda kom saam met my na binne asseblief? Ek dink nie dat jy nou alleen moet wees nie."
Amanda staan stil en voel veilig in Justin se arms. Justin hoor haar hart klop en met 'n onbeheerde drif, druk hy Amanda nog stywer. Sy kop sak en hy soen haar op die lippe.
Amanda kyk in sy oë en toe sy praat is haar stem ferm.
"Justin, nee..."
"Amanda, ek probeer nie dinge kompliseer nie. Ek wil jou beskerm met my lewe. Ek wil daar wees vir jou. Gee my asseblief 'n kans."
"Nie nou nie. As die ondersoek verby is..kom ons gesels dan weer."
Justin voel die pyn iewers diep binne, maar respekteer haar besluit. Hy besef dat hul verlede eerder nou meer pyn sal veroorsaak vir Amanda, as wat dit haar sal ondersteun.
"Is jy reg om die uitkenning te doen? vra Justin"
"Ek is reg, kom ons gaan."
"Gee jy om as ons eers by die kantore langs gaan? Ek moet gou iets daar afhandel."
"Geen probleem Inspekteur Faber.
Die formele aanspreek van sy naam, ontgaan Justin nie en hy loer onderlangs na Amanda.

By Scotland Yard stap Justin die kantore binne. Amanda wat agter hom loop hou hom dop en sien die spiere op sy arms bult. Sal sy hom 'n kans gee, wonder sy.
Haar gedagtes word onderbreek: "Gaan jy solank kantien toe en drink 'n sterk koppie koffie, ek is nou terug."
Justin stap deur die gange. Daar is geen beweging of teken van lewe in die kantore nie. Hy vind 'n klein groepie offisiere wat in 'n leë kantoor, in 'n bondeltjie gesels oor die nuutste moord.
"Kan een van julle my sê of Inspekteur Mark Clark vanaf Suid-Afrika arriveer het?"
"Ja Inspekteur, hy is hier." kom dit gelyk.
"Kan julle hom vind en stuur hom na my kantoor. Luitenant Mulder stap saam met my, ek wil jou en Inspekteur Clark saam sien."

Justin kyk na die twee polisiemanne: "Ek het 'n werk wat julle vir my moet doen. Dit is krities dat ons seker maak ons het elke jota en tittel gemerk, weer gemerk, nagegaan en bevestig."
"Goed, julle twee moet verskeie dvd's saam deurgaan. Ek soek leidrade...enige iets wat ons voorheen dalk gemis het, wat nie op Ysterklou se leër genoem is nie, moet aangeteken word. Die kleinste besonderhede is soms die leidraad wat ons soek. Die DVDs is by my privaatkantoor. Jy weet waar dit is, Mulder?"
"Ja Inspekteur"
"Nou goed, laat julle wikkel! Daar is heelwat dokumentasie en beeldmateriaal. Dit is ongelukkig versprei oor my lessenaar en hele kantoor, verskoon my slordigheid, maar julle behoort maklik uit te maak wat daar aangaan."
Inspekteur Clark kyk na Justin wat omdraai en loop. Hy gee 'n sagte lag.

"Kom ons ry, ons het werk om te doen." sê Luitenant Mulder.

***


"Draai hier in, die kantoor is in hierdie gebou."
Mark Clark vind 'n parkeerspasie en die twee maak hul weg na die kantoor.
"Fancy plek! Hoeveel betaal hulle die man?" vra Mark Clark spottend.
"Sal nie weet nie. Kom ons gaan in."
Clark kyk toe, terwyl Mulder alles gereed maak, dan gaan sit sy by die tafel.
Clark praat met Mulder: "Die eerste dvd, mag jou dalk skok, ek het die dvd, een keer gekyk. Nie baie lekker prentjie om te sien nie."
Mulder oorhandg die eerste leër aan Clark en sit die ooreenstemmende DVD in die speler.
"Kreatiewe denke van 'n mal mens." lees Clark die voorkant van die leër hardop.
"Gaan kry jy vir ons koffie, terwyl ek vinnig deur die leër gaan." sê Clark en gaan sit op 'n stoel, by 'n kleiner tafeltjie.
"Ek maak so."

Clark hou Mulder dop terwyl sy heupswaaiend by die kantoor uitstap. Mooi bene, sy oë gaan opwaarts en rus op haar boude.
'Pragtig!' dink hy.

Deur die skrefies in die kas se hortjiesdeur loer twee oë. Sy asem is nog 'n bietjie gejaagd, en hy poog om dit onder beheer te kry. Dit is maar die adrenalien wat pomp. Om jou liggaam te beheer wanneer jy skrik is iets wat met baie tyd en oefening kom, dink hy weer. Van die gebu oorkant het het gesien hoe Justin hierdie leërs alleen deurgaan. Hy het verwag dat Justin weer hier 'n draai sou maak. Nooit het hy geglo dat twee ander sou opdaag nie. Hy moes vinnig wegkruip toe hy die sleutel in die deur hoor. Hy het die straat dopgehou om te sien wanneer Faber opdaag, maar dié het nie opgedaag nie. Net skielik was daar 'n sleutel en 'n draai van 'n deurknop wat hom laat skrik het. Hy moes skarrel, maar het daarem vinnig hierdie kas toegekry voordat hierdie twee die kantoor binnegekom het.

Hy is nou 'n gevangene in hierdie kas, todat hierdie twee weer verkas! Hy wil nie toelaat dat iemand weet hy is hier, of dat iemand weet dat hy kennis dra oor Justin Faber se "aandkantoor" nie. As hy net stil kan wees todat hulle vertrek, kan sy plan steeds werk. Wanneer Faber later opdaag, is dit net hulle twee. Dis mos wat hy wil hê.

"Clark, ek kry nie die koffie nie. Loer gou daar binne rond of jy dit iewers sien. Een ding is verseker: inspekteur Faber is hier nie so presies soos by die kantoor nie. Hierdie is verseker sy "ontspanne" werkplek."
"Ek kyk gou"
Clark laat sy oë vlugtig die vertrek inneem op soek na iets wat soos 'n sak koffie lyk. Hy merk niks op nie, en tree in die rigting van die toe kas. Hy maak die hortjiesdeur oop, min wetend dat dit die laaste ding is wat hy sal doen.

Die Ysterklou besef dat hy nou vinnig sal moet speel as hy nie betrap wil word nie. Hy los Clark net daar op die vloer en beweeg vinnig na die vertrek waar Mulder wag vir die koffie. Sy het reeds ongeduldig begin word en stap terug na die kantoorarea.

Hy hou Mulder dop. Sy is in die pad van sy ontsnapping. Iets hou hom terug om haar gewoonweg van kant te maak. Dalk is dit die trotse draai van haar kop op die sterk skouers, die hoek van die aristrokratiese neus teen die sagtheid van die wange, die hoë voorkop. Dit is asof hy haar herken.

Dan is sy voor hom. Die ysterklou skiet uit met 'n wil van sy eie. Hy herken haar. Sy is ouer, maar onmiskenbaar die gesig op die foto. Die blonde engeltjie op die foto...Hy...herken...Ulrich! Die ysterklou sak terug uit sy baan van die dood, weg van haar gesig na haar regter voorarm. Die lemme omklem haar wit pols, sny deur dit. Sy ander hand smoor die gil van pyn op haar lippe, voordat sy bewusteloos neersak.

Hy gooi haar met gemak oor sy skouer, druk haar vermorselde hand nonchalant in sy baadjiesak. Donker bloed spuit oor die vloer, teen die mure...
LizaC  - Hoofstuk 7   |Author |2009-07-07 20:00:31
Amanda vertroetel haar Guiness afgetrokke. Daar is nie meer baie mense in die kantien nie. Die meeste ouens wat van diens af gegaan het, het reeds hulle pad huis toe geslinger. Maak nie saak waar sy in die wêreld werk nie, een ding bly waar, polisiemanne kan suip soos visse. Sy verstaan hoekom. Na alles wat mens soms in een dag moet sien en ervaar, is daar net een manier om die gemoed skoner te was.
'n Strepie rooi trek haar oog op die papier druppelmatjie onder haar bier. Die hare in haar nek rys terwyl 'n koue rilling sy pad teen haar ruggraat op vind. Deur die verwronge vergroting van die bierglas, sien sy dit onmiskenbaar. Haar eie naam in bloed geskryf is. Sy druk haar vuis in haar mond om te skree, maar die klank skok vas in haar keel. Koue sweet pêrel teen haar haarlyn. Sy staar verlam na die druppel kondensasie wat teen die glas afrol en haar naam verplas tot bloed.
'n Groot hand vat aan haar skouer. Sy is te vreesbevange om te beweeg. Het hy haar dan al so gou uitgesnuffel? Sy kan nie kyk nie. Daar was al te veel nagmerries om die leë swart oë ooit te kan vergeet.
"Amanda, dis ek."
Haar asem ruk verby die emosie in haar keel.
"Dank die hemele, Faber, dis jy!"
Faber kyk stomgeslaan af na die blonde kop wat onverwags in sy arms veiligheid soek.
'Wat het nou weer gebeur? Ek sal die vroumens ook nooit verstaan nie. Die een oomblik vertel sy my baie duidelik dat ek nie aan haar mag raak nie, net om die volgende oomblik in my arms te wil flou val.'
"Amanda," Hy skud haar liggies aan die skouer, "Amanda. Dit lyk of jy enige oomblik gaan flou word. Haal asem."
'Wat gaan aan met die vroumens?'
"Amanda, ruk by!"
Haar oë herfokus stadig. Haar oopgesperde oë steeds vasgenael op die bloedkol.
"Hy was hier. Hy het my naam in bloed geskryf."
Faber se oë volg haar uitgestrekte wysvinger. Die plassie bloed syfer geleidelik wyer, reeds onduidelik, onverstaanbaar, maar onmiskenbaar daar. Faber se kop ruk op. Die opname van al die gesigte in die kantien is oombliklik en in detail. Die arrogansie van die hele situasie sooibrand in sy keel.
'Deksels. Dit kan enige iemand wees. Hy kan al ver weg wees of vir ons staan en loer. Soos ek die ysterklou ken, staan hy vir ons en kyk sodat sy sadistiese luste versadig kan word. Varke soos hy teer op skok en vrees.'
Uit 'n donker hoek bestudeer koue oë hulle smalend. Die koue hand is besig om stadig maar seker kleiner te sirkel. Hy wil hê hulle moet weet presies hoe naby hy werklik is. Hy wil hulle vrees kan ruik soos 'n dwelm, maar nou moet hy eers met Mulder gaan klaarspeel.
Hy kan sien Faber wonder nie meer nie. Dit is nie bloot 'n na-aper nie. Die klou is terug.
"Die DVD's."
"Wat, Faber?"
"Die DVD's. As die klou hier is, weet hy heel moontlik ook van die DVD's. Dis wat dit so moeilik gemaak het om hom te vang. Hy kan orals inwurm. Die man raak onsigbaar."
'Wat moet ek nou doen? Ek kan Amanda nie so alleen los nie, maar ek moet gaan kyk of Mulder en Clark...'
Die besluit word uit sy hande geneem. Amanda begin soos 'n besetene die gang af hardloop. Faber het nooit besef hoe vinnig die vroumens is nie. Hy moet uithaal en wys om by te bly. Haar voetval weerklink hol deur die leë gange.
'Besef die vroumens nie in hoeveel gevaar sy reeds is nie. Nou moet sy soos 'n mal perd stang vasbyt. Deksels. Vir al wat ek weet hardloop sy nog reg in sy lokval in.'
"Amanda! Wag!"
Sy kyk om, maar stop nie voor sy die voordeur van Scotland Yard se gebou bereik nie.
"Ek moet hier uitkom. Ek moet. Ek is nêrens meer veilig nie."
Uit die gange agter hulle rol 'n roggel lag.
Faber se bevele mobiliseer die verbaasde polisiemanne wat rond gaap.
"Seël die gebou af. Daar is 'n reeksmoordenaar in die gebou los. Kry vir Inspekteur Reichler. Sê vir hom daar is 'n moontlike kode twaalf in die privaat kantoor. Hy sal weet wat om te doen."
Die bevele het net 'n oomblik geneem, maar 'n oomblik was sekondes te lank. Faber word yskoud. Amanda is weg.
Douwlina   |Registered |2008-08-14 07:05:42
avatar Hoofstuk 8.

Die groot man sit lank met sy kop in sy hande. Uit die groot musieksentrum pols dit: 'Amanda, Amanda, Amanda.'

Voor hom op die tafel lê die ysterklou.Sy geskenk uit die hel. Sy geskenk van sy broer wat nie sy broer was nie. Sy tweelingbroer, maar ook nie, want hulle het so ver van mekaar opgegroei. Hulle het gesê sy ma was te mal om hulle groot te maak, en toe is hulle geskei.


'Daar is net twee ooit vervaardig. Die oorspronklike kom uit Duitsland en dan hierdie een wat ek graag vir jou wil gee.Voltooi my werk en vind my dogter.Sy is 'n polisievrou, maar ek weet nie onder watter naam en van sy aangesluit het nie.Vind haar. Julle is die volmaakte span vir ons doel.'


Kort daarna het sy broer sy menslike liggaam verlaat en net die seniele dop het oorgebly. 'n Ouman sonder krag in sy ledemate en spoeg wat slymerig oor sy ken gedribbel het, maar die oë...Die oë was versonke swart agate met 'n bose glinstering wat die dop nog lewend laat lyk het. Hy was so trots op sy broer! Hulle kon saam soveel bereik het.


Hy staan vinnig op en loop oor die bykans leë sitkamer se vloer tot by die musieksentrum en draai beslis aan die
aanskakelknop net om te besef dat die stel reeds afgeskakel is.


'Amanda, Amanda.' prewel die vrou uit die enkele skildery teen die vuilgrys muur.


Hy klap verwoed na die vrou en vir 'n oomblik swaai die skildery aan die hakkie in die muur voordat dit op die kaal teëlvloer in stukke val.Die stem is stil. Hy is nie mal soos sy broer en sy ma nie...


Hy wonder wie sy broer se dogter is. Hy moes van Suid-Afrika reis tot hier om haar te vind. Hy haal die vergeelde foto uit sy baadjie se binnesak. Die blondekoppie glimlag hom toe soos 'n engel op papier. Net so oud as wat Amanda omtrent nou moet wees, dit is hoe oud sy moet wees.

........................................



Amanda kom stadig tot verhaal in die koue buitelug. Hemel, sy het haar soos 'n amateur gedra. Sy is tog 'n geharde polisievrou. Hoekom sal dit haar meer ontwrig omdat dit nou persoonlik raak?


Sy het tog geweet dat dit met enige saak so kan wees. Net hierdie geval was die kanse veel erger, want haar pa was die Ysterklou se stiefbroer. Haar grootouers het die seuntjie ingeneem toe hulle gedink het dat haar ouma onvrugbaar is. 'n Jaar later is haar pa gebore en sy stiefbroer het hom verewig verwyt dat hy hom uit sy ouers se harte verdryf het.

Tydens hulle tienerjare het die haat en nyd net toegeneem en toe skisofrenie by haar pa se stiefbroer gediagnoseer was
net na sy agtiende verjaardag, het die vervolgingswaan teenoor haar pa ook toegeneem. Oom Ulrich het 'n plaaswerker in Betsjoeanaland op die erfplaas vermoor en toe verdwyn. Net om jare later toe sy en Heinrich al gebore was, weer te verskyn en haar pa ook te vermoor.


Sy moet sterk wees vir haar pa en Heinrich. Sy moet nou kalm word en hom stuit. Sy weet hoekom haar pa en haar broer vermoor is, maar hoekom die ander slagoffers? Daar moet tog 'n motief en verband wees. Wat vir 'n redelike mens 'n verband is, is nie noodwendig vir iemand soos die Ysterklou 'n verband nie.


Sy hoor Justin agter haar roep na haar. Die trane op haar wange het drooggeword en haar oë voel droog en seer. Sy glimlag hartseer vir die bekommerde Justin.


'Is jy van jou verdomde kop af? Jy gaan nooit weer alleen iewers heen sonder 'n betroubare persoon aan jou sy nie!'


'Net my bearings gekry. Ek is nou weer die Amanda wat jy ken.'


Justin skud sy kop. 'Ja Amanda, asof mens jouself kan wees as iemand jou wil vermoor!'


'Wel, ek gaan nie soos 'n lam ter slagting gelei word nie. Dit bly my ondersoek, my saak. As hy my wil vermoor, sal hy sy huiswerk moet doen. As ek my soos 'n slagoffer gedra, sal ek baie gou 'n slagoffer wees.'


Justin lag teen sy sin.'So 'n bek kort jêm, maar jy gaan nie onverantwoordelik wees nie.'


'Was ek al ooit?'


'Ek gaan jou nie eens antwoord nie. Ek onthou maar te goed toe jy jouself as lokaas gestel het in die Pleinmoordenaar se saak. Byna was jy verkrag en vermoor!'


Sy selfoon lui skril.


'Inspekteur Justin Faber.'


'Justin, dit is Helmut de Waard. Die hel is los hier. Ek het gister met die enigste pasient hier, wat ooit met Ulrich gesels het, gepraat. Die ou was maande lank katatonies, maar het nou onlangs teruggekeer na die realiteit. Hy het my iets baie interessant vertel. Die kuiergas by Ulrich was sy eie broer wat hom op een of ander manier opgespoor het. Skynbaar sy tweelingbroer, maar hy was vermom. Ons het hom op kringtelevisie, maar hy lyk nie eers effens na die Ysterklou daarop nie.

Probleem is, dat jy nou ook nie weet hoe hy in die ware lewe lyk nie.'


'Dan is ons half terug by die begin. Hel jong, is moord 'n familietradisie in daardie gesin?'


'Jy wil nie weet nie, jy wil wragtig nie weet nie! Die ma het hulle pa skynbaar ook vermoor en opgesny en die stukke lyk in haar vrieskas gehou! Die kinders het maar hulle roomys en vienna's so van Pa se boude en blaaie gehaal.'


'Jy lieg nou. Hoekom weet ons dit nie? Hoekom is dit nie op sy lêer nie? Is my mense dan dom?'


'Geensins. Die Ysterklou het dit self nie geweet voordat sy broer hom opgespoor het nie. Sy aanneming was mos maar in geheimhouding gehul en lank voor die aanneemouers en die eie ouers so streng gekeur is soos vandag.'


Amanda maak vir hom ronde oë om te vra wat aangaan, maar hy beduie net met die een hand dat hy haar later sal invul.


'Justin, daar is nog iets. Hoewel die vriend hier in Weskoppies terug is in die werklikheid, is sy werklikheid nog maar effens versteur. Ek is nie seker van sy storie nie, maar daar is een of ander wilde verduideliking dat dit die broer is wat in ons bed dood is en die Ysterklou is die een wat by ons voorhek uit is...'


Die dokter se stem vibreer nog in sy ore toe hy Inspekteur Reichler hoor roep.'Inspekteur Faber! clark is dood. Daar is 'n bloedspoor vir meters ver en dan niks.'
mvick  - Hoofstuk 9   |Registered |2008-08-18 06:42:46
avatar Oppad na die ondergrondse kantoor is Justin se gedagtes op hol.

"Vinniger asb!" Justin maan die polisiewa bestuurder. 'Tog so bedagsaam! Een van my kollegas is vermoor en hulle stop vir verdomde ou omies op die voetoorgang! Duiwels!'

Clark was een van Faber se bo-baas speurders en was sleutel om bewyse te kry in verskeie sake wat Faber al opgelos het. Clark was nie baie gewild onder die vroulike geslag nie, het altyd n arrogansie aan hom gehad wat nie gepas het by sy bierboep, bles en ongeskeerde snor nie. Maar hy was uitstekend in sy werk en na hy sys nor afgeskeer het en bietjie meer aandag aan sy voorkoms begin gee het, het minder dames aanstoot geneem van sy flankeerdery.

'Wat sou nou gebeur het dat hy so skielik in die geheime, of so te se gewese geheime kantoor, vermoor is. Niemand weet tog van die plek nie. En Mulder? Waar sou sy gewees het?'

"Draai hier voor regs!" Die sirene loei agter n taxi en die skuif so vinnig oor dit ry amper n fietsryer om. Die bande skree luidend om die draai en Faber moet vashou om nie oor die sitplek te gly nie.

'Dis dan net hy, Clark, Amanda en Mulder wat geweet het waar die geiheme kantoor was. Hoe het hulle in die eerste plek op Clark afgekom? Of wag......Reichler het oor die foon gese Clark is dood, en daar is n bloedspoor en dan verder niks. Hoe weet hulle of Clark wel dood is? Wie se dit is Clark se bloed? En waar die hel is daai Mulder dan?

En Amanda. Hoekom is sy n teiken? Die beste plek vir haar op die stadium is by hoofkwartiere, hy kan nie enige kanse vat ni.e. Nee, sy is te kosbaar vir hom.

Hy het haar gevra om solank terug te gaan hoofkantoor toe en met Helmut skakel. Hulle moet n identikit van die man kry wat met Ulrich gepraat het en dit publiseer. Miskien gebruik die man dieselfde vermomming en kan iemand hom dalk herken. Daar is nog geen bewyse dat dit dieselfde persoon is wat die moorde gepleeg het nie, maar dis hul enigste leidraad. Hy het haar ook gevra om n identikit van Ulrich uit te reik soos hy die mees onlangste gelyk het. As daar n tweeling broer is sal iemand sekerlik hom op Ulrich se identikit kan uit ken.

'Wees net veilig asb' het hy haar gemaan terwyl hy sy duim oor haar wang gevfryf het toe hy haar gegroet het. Hy het n oomblik iets in haar oe gesien wat hy na verlang het.

'Justin...ek...'haar oe het syne verlaat...'ek sal. Jy ook asseblief'

Net voor hy haar wou soen het sy geleentheid met sirene luidend daar opgedaag en sy het omgedraai en gemaak of niks gebeur het nie.



"Stop net hier voor!" 'n Enkele polisiemotor staan voor die hoofingang met ligte wat loei. Faber se geleentheid laai hom af en vertrek weer.

Hy staan buite die gebou en neem eers die omgewing in. Kon enige iemand gesien het wat hier gebeur het? Die meeste wat iemand sou sien kon sekerlik net gewees het as iemand in en uit di egebou beweeg het. Maar die kantoor is so versteek niemand kan van die straat sien wat gebeur nie. En hierdie is so n stil buurt, watter persoon sal die tyd van die nag hier rond beweeg?

"Faber? "

"Ja. Wat kan jy my vertel?"

"Dis n gemors daar binne. Bloed spatsels teen die mure. 'n Groot plas bloed voor en oor die rekenaar, sekerlik waar Clark gesit het toe hy vermoor is, en dan n bloespoor tot by die valdeur, nog n groot plas bloed, sekerlik het hy Clark daar laat le voor hy hom verder uitgesleep het tot hier in die straat. Die bloespoor stop hier langs die sypaadjie waar hy sekerlik die lyk moes ingelaai het.

"En jou naam...konstabel? "

"O, skies inspekteur. Hubert. Ek het vir Reichler geskakel."

"Hoe het jy tewete gekom van wat hier gebeur het?"

"Dis eintlik vreemd. Ek het n oproep gekry in my kantoor...uhm...ek was net besig om navorsing te doen op my rekenaarm,toe kry ek die oproep en die persoon aan die ander kant gee my toe die adres en se iemand is vermoor ek moet kom kyk.

"Nou hoekom het jy hierheen gekom? Hoekom het jy nie die nooddienste laat kom nie?"

"Ja, uhm, dis wat Reichler ook gese het. Ek het net gedink hoe gouer ek reageer hoe gouer kan ons dalk die leidrade kry. En veral dat die persoon my direk geskakel het..."

"Wat?!" Faber val hom in die rede en vestig nuwe aandag op die onervare groentjie terwyl hy voel hoe hy warm word onder sy kraag.

"Wel...uhm...toe my foon lui kon ek hoor dis n direkte oproep en het nie deur sentrale gekom nie. Ek het ook sentrale geskakel na die oproep om uit te vind waar die oproep kon vandaan kom maar hulle het bevestig dat hulle nie weet van die oproep nie.

"Dis vreemd. Waar is die inspekteurs? Jy kan dalk bewyse besmet het sonder dat jy weet aangesien jy so sonder toesig hier opgedaag het en deur alles gegaan het!"

"Nee, inspekteur, uhm, ek was vreeslik versigtig. Ek het my rubber handskoene opgesit voor ek hier ingestap het en van alles wat ek kon uitmaak fotos geneem soos hulle ons gewys het met opleiding. O, Reichler het gese hy sal binnekort hier wees, hy het probleme met sy diensvoertuig. Die ding is uitgeboek deur een of ander nuwe groentjie. Die sot het blykbaar die verkeerde motor geneem en nie besef daar is motors vir inspekteurs en vir konstables nie. Ha ha! Die mannetjie is in die moeilikheid!"

'Dit maak nie sin nie Dink Faber. Wie sal n groentjie konstabel direk bel oor n moord by n plek wat nie veronderstel is om te bestaan nie? Dalk die moordenaar self? '

"Wat van Mulder?"

"Wie?" die konstabel het duidelik nog nie van haar te hore gekom nie. Hy moet baie nuut wees, al die nuwe ouens maak binne weke met haar kennis, al is dit net op n afstand in die gang af met daai tierboskat lyfie van haar.

"Toemaar, duidelik is sy nie hier nie. Goed, laat ons gaan kyk wat het ons."

"Uhm...as inspekteur nie omgee nie. Ek wil net gou hier buite rook. Ek het nog nooit soveel bloed in my lewe gesien nie. Ek wil net so bietjie, uhm, asem skep...hu-hu...uhm..."

"Nou goed. As Reichler hier aankom se vir hom hy moet inkom"


Nou maak niks sin nie. Hier is net een bloedstreep. Clark is nie 'n ligte man nie so dit sal nie maklik wees om hom te dra nie. Kon Mulder in wees op die moord? Dit is baie duidelik die Ysterklou se werk die besef Faber soos hy deur die toneel stap. Hy soek dadelik vir die DVDs. Weg! Nes ek gedink het. As hierdie die werklike Ysterklou was sou hy nie omgegee het oor die DVDs nie. Hierdie werk is hopeloos te sistematies. Of het die Ysterklou n sin van werklikheid gekry?

Op die grond sien hy voetspoor merke langs die bloedspoor. Dit is te verwagte maar selfs n groentjie sou dit opgemerk het. Hoekom het Hubert dan niks gese nie? Snaakse mannetjie daai. Hy lyk bietjie oud vir n groentjie, maar deesdae is niks meer onmoontlik nie.

Hy volg die bloedspoor tot waar die volgende bloedplas le. Iets wat die groentjie nie sou opmerk nie is die verskil in bloedkleur hier. Hier is duidelik nog iemand vermoor hier. DIt kan nog nie bevestig word wie nie, maar die aantal bloed toon duidelik dat n persoon dit nie sou oorleef nie.

"Amanda kom in" Faber roep haar op die twee-rigting radio.

"Staan by Inspekteur Faber"

Nog steeds so vervlaks formeel! "Amanda, enige nuus van Mulder?"

"Nee inspekteur Faber. Haar selfoon bly net lui en sy is nie by die huis nie. Die sentrale probeer haar nog opspoor maar geen teken.

"Goed. Waar bly Reichler so lank? Het jy hom al die aanwysings gegee? "

Hy draai regs en sien die bloespatsels teen die muur. Nog iemand se kop het haar gewaai, dis n patroon wat hy al goed ken. Mulder miskien? Hy draai terug om te kyk na waar Clark n paar ure gelede sou gesit het.

"Reichler?" kom Amanda se stem oor die radio.

"Ja, Reichler! Dis hy wat my geskakel het oor Clark!"

"Hou gou aan, Faber. Ek wil net gou iets bevestig"

Nou wat nou al weer? Faber merk bloedbevlekte voetspore op wat na die lessenaar lei, en nou merk hy n tweede stel voetspore wat teruglei van die rekenaar.

"Wat het hier gebeur?" Wonder hy.


"Justin!" Amanda se stem is skielik dringend en angstig. "Reichler is nog op vakansie in Hawaii! Hy kom eers volgende week terug!Hy kon onmoontlik jou geskakel het! Kom weg daar!"

"Bliksem!" Net toe Faber wil omdraai voel hy 'n verdowende pyn teen sy slaap. Dan word alles swart om hom.
LizaC  - Hoofstuk 10   |Author |2009-07-07 20:18:21
"Jy..?"

"In lewende lywe, ja."

"Maar hoe?"

"Mens leer baie kunsies in 'n malhuis, Justin. Jy sal nog sien."

"Wat bedoel jy?"

"Net wat ek sê. Jy gaan nog sien hoe die binnekant van 'n malhuis lyk... Nee, nie as besoeker nie. As pasiënt."

"Hoe so?"

"Wel, ek het jare gelede 'n belofte gemaak en ek hou my beloftes. Na jy my laat toesluit het, het ek my voorgeneem om jou op te spoor en te laat boet. Jy gaan boet vir elke stukkie vernedering wat ek moes deurmaak. Die elektrokonvulsiewe terapie; die duisende spuite; ewige vrae; ure van eensame opsluiting. Jy gaan betaal... druppel vir druppel... in jou eie bloed."

"Hoekom my nie net doodmaak en klaarkry nie?"

"O nee. Dis te genadig vir jou. Skuim!"

Justin se kop tref die muur verblindend toe die hou hom onverwags tref. Vir 'n oomblik is al wat hy sien die verblindende wit lig wat alles met pyn oorspoel. Dan sypel 'n rooi waas voor sy oë soos die bloed uit die wond bo sy oog uitstreep.

Ulrich trek verwonderd sy wysvinger oor die oop wond. Hy lek die klewerige rooi behaaglik van sy hand af en trek die warm klam yster geur diep in sy longe.

"Jy sien, jy is toe glad nie so slim as wat jy gedink het nie. Sit 'n mooi blonde lyfie soos Amanda in die prentjie en jy swymel. Nee, inspekteur Faber, ek is teleurgesteld. Diep teleurgesteld. 'n Man van jou statuur maak mos nie so nie. Wat word van die polisiediens se waardes. Nee, nee, diep teleurgesteld. Ek sal jou daarvoor moet straf."

Die verblindende sterre kom in groen en rooi kolle tot rus voor Justin se oë. Deur die waas van pyn besef hy dat sy arms onnatuurlik styf agter sy rug vasgetrek is. Hy het geen idee of dit dag of nag is nie. Hy weet nie waar hy is of hoe hy hier gekom het nie. Die laaste wat hy kan onthou was Amanda se waarskuwing dat hy moet wegkom voor hy deur die oorweldigende swart van tydloosheid ingesluk is.

'Amanda. Waar sou sy wees? Is sy veilig? Hy durf nie oor haar uitvra nie. Die laaste ding wat hy nou moet doen is om die Ysterklou se aandag op haar te fokus.'

Justin probeer om sy vingers te beweeg, maar hulle is gevoelloos stram en geswel van te min bloedtoevoer.

"Ha, ek sien jy het jou hande ontdek. Interessant hoe magteloos mens sonder hulle gebruik is. Toe jy my in boeie laat slaan het, het jy my hande van my probeer wegvat. Die eerste weke was die ergste. Eensame opsluiting is een ding, maar ek is vasgemaak soos 'n sleg hond! Ek sal jou nooit daarvoor vergewe nie!"

Justin probeer hom teësit, maar Ulrich druk die vuil stuk lap in sy mond. Dit ruik na muf en grond. Sy lippe word onnatuurlik oopgesper. Sy tong druk sonder plek om te roer. Hy is te bang om te sluk, maar sy rou droë keel het sy eie refleks.

"Hou jou bek en luister... Dis nou my beurt... en ek gaan elke oomblik geniet. Julle is net marionette. Almal weet dit nog net nie. Ek kies self wie gaan in my swart komedie speel, toertjies uithaal om my te vermaak.

My kleinboet Joseph Lazarus Wechsler het so baie van marionette gehou. Sondae het hy ure op die plein gesit en kyk na die marionetmeesters. Dit was sy droom om een te wees. Maar toe kom die Nazi varke en steel sy droom. Nou gaan julle betaal. Julle gaan almal betaal."

Justin probeer effens verskuif om meer bloedtoevoer na sy bene te kry. Hy weet onmiddellik dat dit 'n fout was om te beweeg. Die skemer spat weer in blink splinters toe die vuishou hom tref. Die kreun glip ongenooid uit sy wese.

"Ja jou vark. Julle plat pote en die Neo-Nazi's is mos kop in een mus. Julle wou mos nie help toe hulle my broertjie soos 'n vark geslag het nie. Julle bliksems. Julle sal vrek. Almal van julle gaan vrek. Hierdie keer gaan julle my nie kan keer nie. Ek het reeds al julle toutjies in my hand.

Sy sataniese lag sidder 'n onwillekeurige rilling lang Faber se ruggraat af.

"Is jy bang Faber? Jy gaan in 'n malhuis vrek, weet jy dit? Ek gaan jou breek. Ek gaan jou lyf breek tot jy net genoeg lewe in jou oor het dat jy besef hoe ek besig is om jou gees breek. Eers dan gaan jy gekrok in 'n malhuis sit. Niemand gaan jou ooit weer heel kry na wat ek jou gaan wys nie."

"Ek wil vir jou 'n storie vertel..."

"Eendag op 'n reëndag, lank, lank, nee, so agt jaar gelede... was daar 'n oulike blondekop seuntjie met die naam Kyle."

Justin se lyf stu verwoed teen die boeie en toue wat hom soos 'n invalide vaspen.

"Ah, ek het jou aandag... Wel, die skoolbus het nie per ongeluk in die taxi vasgery nie. Ek het alles haarfyn beplan. Dit was amper jammer van die ander onskuldige ou kindertjies, maar weet jy, Kyle het so mooi gesoebat dat sy pappa hom moes kom help voor hy dood is. Amper soos Joseph."

Die trane rol ongestoord oor Justin se wange. Die magtelose woede verskerp die ondraaglikheid van die pyn, vergroot sy onmag om te beweeg.

"Ag sies tog. Ons groot slim inspekteur se hartjie bloei. Ek wonder wat gaan hy doen as ek sy Amanda'tjie voor hom bykom?"

Justin se oë sper onwillekeurig wyer.

"Ah, ek hou so daarvan as jy reageer op my voorstelle. Dit maak dit soveel lekkerder as ek weet ek dra jou goedkeuring weg. Ha ha ha ha..."

"Ja, waar was ek nou weer? Amanda'tjie. Amanda. Amanda. Amanda. Ek kan nie wag nie. Sy is die hoofgereg op my spyskaart. Sulke sielvolle intelligente oë as dit is waarvan jy hou. Die oog is mos die siel se TV-skerm. Oë kan niks vir my wegsteek nie. Ek het elkeen van my slagoffers in die oë gekyk voor my ysterklou sy werk voltooi. Dis asof hulle vrees my die krag gee om die werk te voltooi.

Ulrich maak vir hom roereiers op 'n primusstoof gaar. Hy skep hompe op snye brood en verorber dit smaaklik voor Justin terwyl hy verder praat. Justin se maag draai, maar hy is nie seker of dit van honger of walging is nie. Die benoude eier reuk laat sy slukderm hortend teen die vuil lap rebelleer.

"Nee, moenie vir my sê jy hou nie van my kookkuns nie. Ek doen dan spesiaal moeite om nie die eiers rou te eet nie, dan maak jy so. Sies man! Julle plat pote het geen maniere nie."

"Dit laat my dink. Mark Clark was so vol van homself, hy het nie eens gesien wat kom nie. Dink mos hy kan 'n vrou soos gemors behandel, maar jonge Sondra het hom reggesien. Hy het nooit gedink dat hy haar nie kan vertrou nie... Vertroue... Ja, vertroue... Amanda. Daar is nou iemand op wie ek kan vertrou."

Ulrich ruk Justin se kop op sodat hy hom voluit in die oë moet kyk.

"Sien. Ek kan vertrou dat sy simpel genoeg sal wees om na 'n stuk gemors soos jy te kom soek. En dan... sal ek vir haar wag. Dit gaan my soetste oomblik wees wanneer ek haar die volle potensiaal van my klou kan wys. Ek wil die vrees in haar oë sien en haar vrees ruik. Weet jy hoe oorweldigend soet is 'n vrou se vrees? Dis orgasmies. Jy moet dit tog probeer. Ja, Amanda'tjie. Ek kan nie meer wag vir haar nie... maar daar is nog 'n verrassing of twee wat ek vir haar moet voorberei...
Douwlina  - Hoofstuk 11   |Registered |2008-09-11 07:29:39
avatar Amanda loop saam met haar pa onderdeur die lae doringboomtakke. Hy hou vir haar die takke terug. Een tak swaai te vinnig uit sy hand en streep haar 'n venynige bloedstreep oor die bo-arm.


'Jammer, Grootnooi.'


Hulle soek tweelinglammers. Die ooi het sonder haar lammers by die kraal aangekom. Dit is waarskynlik 'n rooikat se werk.


'Ounooi, jy moet altyd versigtig wees. Hier, en waar jy ookal gaan. Die lewe is wreed en nie altyd wat jy verwag nie.'


Amanda sien die hartseer kyk in haar pa se mooi bruin oë. Sy weet dat hy van Oom Ulrich praat. Pappa het haar vertel hoe lief hy eers vir sy ouboet was, maar hoe hy geleidelik begin leer het om hom te vrees. Sy skielike woede-uitbarstings en sy onlogiese haat vir sy jonger stiefbroer. Teen die einde was Ouma Dina ook bang vir haar stiefseun.


Toe Oom Ulrich oud genoeg was om Landbou Kollege toe te gaan, het die probleme net al meer geword. Die psigiater het vir Oupa verduidelik dat skisofrenie meestal op daardie ouderdom manifesteer. Oom Ulrich was lank in Weskoppies toe hy 'n lektor vir die duiwel aangesien het en hom aangerand het.


Na sy ontslag is hy nie terug Kollege toe nie, maar het op die plaas kom boer onder Oupa se waaksame oog.Ouma het op Klaas se verminkte lyk in die melkkamer afgekom. Oom Ulrich het rustig beskuit in sy koffie sit en doop in die groot kombuis,sy hande nog rooi van die bloed.


Ouma het begin gil en Pappa wat vir die naweek tuis was van die Kollege af het met die haelgeweer ingestorm, oortuig dat Ouma vir 'n slang geskrik het. Oom ULrich het Ouma teen Pappa vasgestamp, by die deur uitgevlug en verdwyn vir tien jaar.


Amanda het van Oom Ulrich geweet, maar tog die dag op die speelgrond die blondeman met die mooi blou oe vertrou toe hy haar nader roep en die mooi porseleinpop met die blink goue hare en ronde blou oe aanbied. Hy het haar op 'n swaai gestoot en vir haar roomys gekoop. Hy het oor haar hare gestreel en haar taai handjies by die spuitfontein gewas.


Dit was veel later toe sy nie Mamma se huilery en Pappa se woede kon verstaan nie en alleen met haar pop in die boomhuis gaan wegkruip het dat sy die rooi bloeddruppels op haar nuwe porseleinpop se sagte laplyfie gesien het. Verspreid vanaf die delikate nek oor die wit lapborskassie. Sy het die porseleinpop in die boomhuis gelos en niks gesê vir haar ouers nie, want
hulle was alreeds so ontsteld.


Daardie nag het haarself wakker gegil uit 'n nagmerrie en slaapbeneweld tog die waarheid vertel oor die bebloede poplyfie.


Sy hou vir Pappa 'n tak weg en sien hoe hy vries en na iets voor hulle staar. Voor hulle in die dowwe paadjie lê die twee wit lammers. Hulle wit velletjies en sagte buikies is oopgeskeur en bloed dam rooi jellierig in die voetpaadjie op. Sommige plekke skub dit reeds swartdroog op. Daar is nie aan die lammers gevreet nie.


Pappa begin hardloop. Angstig, bevrees vir Mamma alleen met klein Heinrich by die opstal.Hy ruk weg tussen die bosse voor haar. Sy hardloop ylings agterna, vrees 'n harde klont op die krop van haar maag. Sy sien Mamma verskrik met Heinrich in haar arms op die stoep staan.

Pappa is nie daar nie. Iewers tussen die lammers vol bloed en Mamma wat bleek en grootoog op die stoep staan, het haar pa verdwyn.


Die werkers en later die polisie soek en soek, maar Pappa is nêrens.Sy bid dat hulle hom kry en toe hulle hom eindelik kry,wens sy dat hulle hom eerder nooit gekry het nie. Dit wat van hom oor was.


En nou is Justin weg en sy weet nie of sy wil hê dat hulle hom kry nie....
mvick  - Hoofstuk 12   |Registered |2008-09-11 07:29:56
avatar Justin voel sy gewrigte brand van die pyn waar die tou sy vel wegskaaf. Nadat Ulrich uitgestap het het hy probeer om meer en meer beweging is sy vingers te kry. Al wat Justin kon uitmaak toe Ulrich uitstap was 'n mompeling van Nazi's en 'n begrafplaas.

Waar kan hy wees? Hoe lank sit hy al hier? Hy was die een oomblik nog by die geheime kantoor, en toe hy homself weer bevind sit hy hier, in hierdie muwwerige kamer. Die ligte is dof en die venster is toegeslaan met planke. Is dit waar Ulrich al hierdie tyd weggekruip het?

Na die lyk in die Judenbusch begrafplaas gevind is, is die hele plek deursoek vir moontlike leidrade. Hierdie kamer kan dus nie in die begrafplaas wees nie, hulle sou dit sekerlik gevind het.

Die bloed syfer uit Justin se gewrigte, maar Justin begin sy vingers meer vrylik beweeg. Voor sy bloed opdroog, dien dit tydelik as smeermiddel op die tou wat die vel op sy gewrigte nou al weggeskaaf het.

Justin kan nie glo dat Ulrich verantwoordelik is vir Kyle se dood nie. 'Hoekom?' wonder Justin, 'Kyle was 'n onskuldige kind!

'Die...die...'"Varknek!" Justin se emosies oorweldig hom en hy bars uit in 'n onbeheerbare geween. Sedert Kyle se dood kon hy nog nooit 'n traan stort nie, en het altyd gewonder of hy so gevoelloos is dat hy nie eers oor sy eie kind se dood kon huil nie.

'Dit gebeur soms, wanneer iemand blootgestel word aan sulke ekstreme geweld, soos wat jy in jou werk blootgestel is, dat mens sekere emosies moet onderdruk ten einde op die saak te fokus. In jou geval het jy al so jou gevoellens onderdruk, dat, ten spyte van die seer wat jy het, jy nie kan kontak maak met daai gevoel nie. Derhalwe jou onvermoe om te huil. Jy is nog opsoek na antwoorde, en tot jy nie vrede gemaak het met die feit dat dit 'n ongeluk was nie, sal jy nie kan kontak maak met daai intense gevoel van verlies nie.'

Hy spreek nog maandeliks die sielkundige. En uiteindelik kan hy nou al daai opgeboude seer uitlaat met sy trane wat nou oor sy wange stroom.

'Wat het ek ooit aan Ulrich gedoen dat hy dit sou doen? Wat?! Wat het Kyle aan hom gedoen?'

"Kyle! Ek is so jammer! Pappa is so jammer..." Justin voel hoe sy binneste in eenstort.

Iewers onderbreek 'n deuntjie Justin se geween.

"Ulrich?"

Daar is geen antwoord. Justin kry beheer oor sy toestand, vee die trane wat in sy oe begin brand het teen sy kniee af. Hy luister mooi...

Daar is dit weer! 'My selfoon! Ulrich het dit wraggies hier gelos! Dit moet op daai tafeltjie langs die deur le!

Justin begin met nuwe mening sy hande wriemel. Die tou skuur oor die vlees waar daar nou geen meer vel is nie en bloed sypel vrylik in sy hande af, maar Justin veg voort. Asof hy 'n nuwe rede gekry het om te lewe. Hy kan voel hoe daar meer speling is tussen die tou en sy gewrigte. 'Net 'n kwessie van tyd, as ek kan vasbyt is ek binnekort los!'

'Ulrich,' dink Justin. 'speurder of te nie, vandag maak ek jou vrek, jou vieslike verskoning vir 'n wese. Mag jy vir altyd in die hel vrot!'

**************************************

"Amanda...Amanda!"

Amanda skrik met eens toe sy haar naam hoor. Sy was so diep ingedagte sy het nie die forensiese inspekteur voor haar sien staan nie.

"Ja?" vra sy. Sy verwag dat hulle, soos met al die ander moordtonele, geen beduidende leidrade gekry het oor die moordenaar nie.

"Ek dink jy moet saam met my kom" se die speurder.

"Het julle iets gekry? Se my, asb!"

"Ons het, maar ons het gehoop jy sal vir ons kan se wat dit is. Kom saam!" die speurder draai om en stap by haar kantoor uit en Amanda haas agterna.

'Wat kan dit wees?' Amanda kan haar opgewondenheid nie wegsteek nie. Het hulle uiteindelik 'n deurbraak gemaak? Miskien is dit 'n leidraad na wat van Justin sou geword het. Miskien 'n teken dat hy nog lewe. Of miskien is dit 'n leidraad oor wie hierdie moorde pleeg of nog beter, waar hulle die siek monster kan opspoor!

Die speurder draai regs in die gang af, en dan stop hy voor 'n deur. Hy haal 'n identiteitskaart uit so bosak en gly die kaart deur die kaartleser langs die deur. Dan tik hy 'n kode in 'n elektronies paneel in. "Klik!" maak die deur oop.

"Kom in Amanda."

Amanda stap by die deur in - 'Laboratorium - slegs FOrensiese personeel' - staan op die deur.

Die speurder druk die deur toe agter haar en dit sluit outomaties toe.

"Kom kyk hier."

Hy lei haar na 'n helder verligte tafel in die middel van die laboratorium, en sy sien daar le 'n voorwerp op.

Toe sy langs die tafel staan, raak sy skielik yskoud.





"
riaan  - Hoofstuk 13 - Namens Vettie gelaai deur Riaan   |SAdministrator |2008-09-11 07:30:38
avatar Stadig stap Amanda vorentoe. Sy knip haar oë twee keer om seker te maak dat wat sy sien, wel daar op die tafel lê. " Inspekteur? waar het julle dit gekry?" Hy kyk na Amanda asof sy iets uit die buitenste ruimte is."Dit het op die moord toneel agtergebly. Die groentjie konstabel het dit daar opgetel? Weet jy wat se ding dit is?"

Nou is dit Amanda se beurt om verbaas te lyk. "Dit my liewe inspekteur is die veel besproke Ysterklou!." Is hier iemand wat dit al ondersoek het? Ek wil dadelik weet hoe oud die bloed op daardie ding is."Kyk vir vinger afdrukke of enige florensiese getuienis" Ek wil dadelik die uitslae hê.Amanda stap saam met die inspekteur na buite. Hy kyk haar agterna toe sy wegry. "Wat 'n geitjie" dink hy by homself.

Justin vroetel met die toue en moet hard op sy tande byt om nie te gil nie. Die toue skaaf oor sy rou vingers. "AHHH!" Dankie tog die toue is los. Hy sit doodstil en luister of hy nie enige geluide hoor nie maar die kamer is grafstil. Stadig kom hy in 'n staande posisie en loop na die tafel waar hy vroeër sy selfoon hoor lui het.
Nou moet hy maak dat hy wegkom, hy kan nie dat daardie vark van 'n Ulrich hom hier kry nie. Hy skuifel in die gang af en tot sy verbasing gaan die deur oop.


"Amanda, waar is jy? Gaan dadelik na die hoofkantoor ek sal jou daar kry." " Justin? Is dit jy? Dank die Vader. waar is jy nou?" "Moenie tyd mors nie Amanda jy is in lewens gevaar!" Gaan dadelik - Ry nou!.

Later toe hulle twee teenoor mekaar sit en alles vertel is, bewe Amanda.
"Dink jy rerig dis Oom Ulrich wat die moorde pleeg?
Hoekom sal hy my wil vermoor? Ek ken hom nie eens behoorlik nie."
Justin kyk skuldig op na waar sy sit. Hy is so bang om haar te vertel wat daardie gedierte van haar gesê het. Maar hy sal dit een of ander tyd moet doen. Sy is volgende op die lys...

Nie een van hulle merk die konstabeltjie op toe hy verby die kantoor loop en weer terugkom nie. Hy klop aan die deur en stap binne. "Inspekteur daar het 'n pakkie vir u gekom. Hy loop vorentoe en oorhandig die pakkie aan Justin. Met bewende vingers skeur hy die papier los en vroetel in die boksie - in sy hand hou hy die bebloede oorbele van Mulder - Hy weet dit is hare, sy het dit altyd gedra. Amanda is spierwit geskrik en staar net woordeloos na Justin - so asof hy die skuldige is. "Mandatjie ek het vermoed Mulder het dit nie gemaak nie." Ek is jammer my meisie." Hy gooi die boks neer en uit die hoek van haar oog merk Amanda die koevert.
"Justin daar is 'n koevert in die boks." " Met haas skeur sy die koevert oop. Amanda snak na haar asem, dieselfde servet vat sy 4 dae tevore in die kantien gekry het lê nou op haar hand. Justin vat dit by haar en vou dit oop: "Amanda, moenie bang wees nie, om dood te gaan is nie so swaar nie, jy gaan lank ly, ek wil die vrees in jou oë sien soos dit nakend in my broer se oë gelê het. Soete nagrus vir jou my meisie...
LizaC  - Hoofstuk 14   |Author |2009-07-07 20:26:29
Amanda is verby die punt van vrees. Die woede gloei soos kole in haar oë. Wie dink Ulrich is hy dat hy haar lewe wil hom verwoes? Sy is nie van plan dat hy haar lewe van haar kom steel nie. Nie lewend nie en ook nie dood nie. Dit is tyd dat hulle die uitvaagsel vastrek.
"Justin, jy weet waar die muishond wegkruip. jy het tog ontsnap van waar hy jou aangehou het..."
"Ja, Amanda, maar ek het die idee gekry dat hy dit vir my moontlik gemaak het om te ontsnap. Hy het dalk nie gedink ek gaan dit regkry nie, maar hy het dit ook nie vir my te moeilik gemaak nie. Ek weet nie wat in sy kop aangaan nie, maar dit lyk of hy met 'n kat-en-muis-speletjie besig is. Ek het ook reeds speurders gestuur om die plek te gaan deursoek. Sover het ek nog niks van hulle gehoor nie. Die kans is groot dat hy hom al lankal weer skaars gemaak het. Hy is bewus van al ons bewegings."
"Inspekteur Faber", kom 'n jong polisieman aangedraf. Hy is so bleek soos 'n laken.
'Wat nou weer', dink Faber by homself?
"Inspekteur, ek is jammer, maar hulle het jou dringend nodig by die Judenbusch."
"Amanda, kom jy saam?"
Die drie draf na die wagtende polisievoertuig terwyl die nuweling hulle inlig."
"Dis Mulder. Hulle het haar lyk gekry. Dit lyk of sy op 'n ander plek vermoor is, maar haar lyk is... dit is afgryslik.."
Faber vloek onderlangs. Die slagting gaan blykbaar nie stop voor hulle nie die Ysterklou finaal gestop het nie. Hulle het vermoed Mulder het dit nie gemaak nie, maar nou is dit bevestig. Dit is dus wat Ulrich bedoel het met die Judenbusch en Neo-Nazi's. Hy moet tog onthou om na te gaan of Mulder enige verbintenisse gehad het met hulle.
Die begraafplaas is met die gewone lint afgespan om nuuskierige oë weg te hou. Dit is net nie paslik om die lint en abnormale beweging in die rustige ou begraafplaas te sien nie. Die ondersoekbeampte is amper dadelik by Faber-hulle.
"Maak julle gereed. Dit is nie 'n mooi prentjie nie."
"Dit is nooit 'n mooi prentjie nie."
"Glo my, die is van die ergste wat ek al gesien het."
Faber het gedink dat hy al alles gesien het, maar sy maag dop om toe hy begin registreer wat alles hier gebeur het.
Amanda, sê absoluut niks. Haar oopgesperde oë steek nog witter af teen haar asvaal gesig. Sy gaan sit onwillekeurig en laat haar kop tussen haar knieë sak. Al knyp sy haar oë styf toe en probeer asem haal soos sy geleer is, wil die gru beelde nie voor haar wyk nie.
Vir 'n tweede keer is Joseph Lazarus Wechsler se graf bloedbesmeerd. Hoe Ulrich dit reggekry het, weet Justin nie, maar die lewelose masker van Mulder se gesig hang grotesk oor die van die engel.
"Daar is meer.", dreun die ondersoekbeampte se stem.
"Kyk hier..."
Die koevert is aan Amanda gerig.
"Ek het gedink ons moet wag tot julle hier is voor ons dit opmaak."
Hy vou die bebloede brief met latex handskoene oop, versigtig om geen leidrade uit te wis nie."
"Jy sal jou familielid, Sondra, volg. Die oortredinge van die vaders sal gewreek word tot die bloedlyn skoon vloei. Jy is volgende..."
Amanda druk haar hande oor haar ore, asof sy die woorde daarmee sou kon stop. Asof sy die hele nagmerrie daarmee sou kon stop, maar dit help nie. Die bebloede feite is steeds daar, Sy is volgende...
"Justin, hy het vir jou ook iets gelaat," kom dit bruusk van die beampte af.
Justin wil eintlik nie weet wat dit is nie, want wat dit ook al gaan wees, kan net negatief wees.
Justin kyk onbegrypend na die groot stuk van 'n kinderlegkaart. Hy verstaan nie wat die ysterklou vir hom wil sê nie. Dit maak net eenvoudig nie vir hom sin nie. Die vreeslike slagting gekombineer met 'n kinderlegkaart? Hy draai die stukkie om en om tussen sy vingers. Hy soek na iets meer wat vir hom 'n leidraad kan gee.
Dan sien hy dit. Op een van die lippies van die legkaart is die letters KJF in bloed geskryf. Die yslike waarheid slaan hom 'n kishou. KJF. Kyle Justin Faber. Die oggend van Kyle se dood, het hy en sy seun nog vasgesit oor die feit dat Kyle so 'n legkaart wou saam neem skool toe. Ulrich moes hulle toe al reeds baie fyn dopgehou het. Hy het geweet van die onderonsie... Hy is regtig Kyle se moordenaar.
Faber probeer die lug terug suig in sy longe, maar dit voel asof 'n onsigbare hand die lewe stadig maar seker uit hom probeer pers. Die monster het geen einde nie. Hy sal nie stop voor hy gedoen het wat hy beplan nie. As hulle baie gelukkig is, kan hulle hom dalk keer voor hy dit deurvoer, maar dan sal hulle baie gelukkig moet wees.
Justin word bewus van die forensiese ekspert wat oor een of ander iets te kere gaan. Dit is amper onmoontlik om sy brein te fokus, maar met enorme inspanning, begin die man se woorde hier en daar betekenis aanneem. Justin word eerste bewus van die man se gesange oor die meesterlike disseksie wat die moordenaar moes doen om Mulder se gesig so effektief van haar kopbeen af te kon stroop. Die opmerking stuur 'n nog groter golf van walging deur Justin.
'n Mens moet self al te veel gesien het om so opgewonde te kan raak oor sulke gruwels. Die woorde "nie meer as 16 uur dood" dring egter deur tot Faber se verwarde gemoed. Hy besef dit moet een of ander vorm van betekenis hê, maar hy kan nie die kloutjie by die oor bring nie.
Dan besef hy. Mulder was nog nie dood toe hy ontvoer is nie. Ulrich moes haar nog êrens aangehou het terwyl die arme vrou moontlik in die vreeslikste pyn verkeer het. Wat het hy nou weer gesê van 'n familielid? Amanda se niggie?
"Amanda? Het jy geweet Mulder is familie van jou?"
"Nee, Justin. Dis vreeslik. Ek weet daar was êrens sprake van 'n buite-egtelike kind van Ulrich, maar die familie het nooit daarvan gepraat nie. Hulle het altyd stilgebly as een van ons naby gekom het. As ons enige iets gevra het, is ons ook net stilgemaak. Die onderwerp was een groot taboe. Dink jy iemand kan so siek wees om selfs sy eie kind te vermoor? Ek kan dit nie glo nie. Nie eens van Ulrich nie."
"Inspekteur Faber," word hulle weer onderbreek. "Jy beter hier kom kyk."
"Wat nog?" sug hy diep uit sy wese. Hy het nie nog krag vir verdere onaangename verrassings nie.

Een van die grafkelders, nie ver van hulle af nie, is oopgebreek. Die geroeste hek hang skeef in sy skarniere. In die bek van die familie kelder, hang Mulder se lyk skeef opgeprop teen die hek.
Die ontstellende gedagte flits deur Justin: Die ysterklou in hulle besit, is dalk nie die enigste een nie.
Douwlina  - Hfst 15   |Registered |2008-09-23 06:08:24
avatar Hoofstuk 15.

'Liewe hemel, Amanda! Die man was altyd gek, maar nou is hy totaal buite beheer. Hoe skakel ek, jy en Klein Kyle by hierdie bykans vreemde polisievrou, Mulder, en die ander slagoffers in? Selfs 'n totaal mal mens sal 'n patroon volg. Ons moet net die patroon opspoor.'

'Justin, iewers het dit iets te doen met Neo-Nazi's, Judenbusch en hierdie aaklige ysterklou. Ek weet werklik nie meer nie. Ek is moeg gedink. Het hy my pa so gehaat dat hy sy hele nageslag wil uitwis? Maar hoe pas klein Kyle in, of was hy bloot 'n slagoffer omdat ek en jy mekaar ken? Genadiglik is hy nie gemartel nie, want hy wou om een of ander rede hê dat dit na 'n ongeluk lyk. Dalk om jou twee keer deur dieselfde hel te sit. Eers moet jy vrede maak met jou kind se ongeluk en dan weer met die vreeslike besef dat hy
vermoor is omdat ek en jy betrokke is by hierdie bisarre ondersoek.'

'Ek kan nie toelaat dat hy my emosioneel so 'n laagtepunt laat bereik, dat ek Kyle faal nie. Hy gaan nie daarmee wegkom nie. Dink jy dat dit gaan daaroor dat ek gehelp het om hom in 'n gestig te laat beland?'

'Ek dink nie hy het een van ons ooit daarvoor vergewe nie, maar Justin, ek weet nie of ek kan glo dat Ulrich sy eie dogter sou vermoor nie. Soos ek verstaan het, het hy juis na eie familiebande gesmag. Dat dit juis was wat gemaak het dat hy so 'n vreeslike haat teen my pa ontwikkel het. My pa was die eie kind wat hom, die stiefkind, sy plek ontneem het in die gesin waar hy grootgeword het.Ek is oortuig dat ons moet seker maak wie in Suid-Afrika as Ulrich begrawe is. En dan sal ons Mulder se lêer moet nagaan. Hoe het die Ysterklou geweet wie sy is, maar ons mense het nooit haar sekerheidsklaring bevraagteken nie?'

'Mulder was maar 'n snaakse entjie mens. Nie eintlik vriende gehad waarvan ek weet nie en sy het ook nie eintlik uit haar pad gegaan om nuwe vriende te maak nie.'

Justin se selfoon lui skril en hy ruk soos hy skrik. Nog slegte nuus? Hy loop 'n paar tree van Amanda en
die res van die groep weg om die oproep te neem.

'Inspekteur Justin Vermaak.'

Hy luister na die stem, hoor die woorde, maar dit is asof hy nie die betekenis kan inneem nie. Hoe die
duiwel gaan hy die nuus aan Amanda oordra?

'Is jy seker? Geen idee waarheen sy is nie?

Hy druk die selfoon ru terug in sy baadjiesak.Eintlik voel hy lus op dit teen 'n grafsteen flenters te gooi in woedende moedeloosheid. Hy het waaragtig nie nog komplikasies nodig gehad nie.

Amanda sien hom praat, dan verstar en merkbaar verbleek. Sy hou hom dop as hy die foon met woede in sy sak prop en met stadige tree na haar aangestap kom. Sy sien die amperse wanhoop in sy wese. Wat sou met hom gebeur het? Watter nagmerrie het nou oor sy pad gekom? Dan sien sy die pynlike jammerte uit sy oë
skroei op haar gesig en sy weet duidelik dat hierdie nagmerrie haar betrek.

'Justin?'

'Amanda, ek is so jammer.'fluister hy byna.'Jou ma is weg. Sy sou vanoggend 'n lesing aangebied het by
'n skryfskool vir aspirantskrywers, maar het nooit opgedaag nie. Haar motor staan voor haar huis. Op die tafel in die voorportaal was 'n vreemde plant in 'n keramiekpot. Haar buurvrou sê dat dit die eerste keer is dat sy dit daar sien. Dit is geidentifiseer as 'n Judenbusch...'

Hy vang Amanda in sy arms wanneer sy soos 'n semelpop ineenstort.

Amanda is deur 'n vaderlike dokter by die ongevalle afdeling van die hospitaal onder sedasie geplaas.

Justin sit kop in sy hande langs haar bed. Môre is nog 'n dag met sy eie kwaad. Vandag gaan hy net hier
langs haar bed deurbring. Hy besef skielik dat hy hierdie jongvrou al lankal liefhet. Vader, as een van
hulle nou moet sterf, hoeveel tyd het hulle nie gemors nie!

Hy tel die bleek hand op wat bo die wit lakens uitsteek en soen dit sag, sit dan net so met sy lippe teen haar hand. Hy maak sy oë moeg toe, voel hoe die trane brand agter sy ooglede, voel die moegheid om sy skouers kom hang,voel hoe sy polse brand onder die wit verbande wat nou die skaafmerke van die
toue bedek. Buite in die gang hoor hy die jong polisieman, wat gereël is om Amanda te bewaak, hoes.

Roker, dink hy voordat sy kop vooroor sak op die bed en slaap hom oorweldig.

Hy droom van Kyle. Hulle rol oor die groen gras, stoei, lag. Kyle se lyfie is warm en lewendig soos 'n klein hondjie in sy hande. vaagweg is hy bewus van 'n figuur op die sypaadjie voor sy huis, maar Kyle eis sy aandag en wanneer hy weer opkyk, is die sypaadjie verlate.

Die droom verander en hy sien Amanda met die voetpaadjie afloop na die rivier op hulle plaas. Sy het 'n wit rok aan wat sterk opwys teen die groen van die doringbome. Donker stamme verbreek die groen lower, maar dan maak 'n donkerder figuur hom los uit die agtergrond. Hy kan nie die gesig sien nie,maar weet dat dit Ulrch is. Die son blink op die ysterklou. Hy probeer 'n waarskuwing uitgil, maar
geen geluid ontsnap sy lippe. Sy voete is geanker en hy moet magteloos aanskou hou Amanda nader en nader aan Ulrich loop, droomverlore, salig onbewus van die gevaar.

Hy ruk wakker. Vir 'n oomblik weet hy nie waar hy is nie, maar dan is alles helder. Die jong polisieman rook nie! Dit was wat hom gehinder het. Hy kom vervaart orent net voor 'n geweldige hou hom laat terugval op die stoel en teen die bed.Hy hoor deure oopgaan en 'n vrou lank en deurdringend gil voordat hy sy bewussyn verloor.

Sy eerste gewaarwording is 'n kloppende hoofpyn. Stemme vererger die hoofpyn. Hy kan nie die woorde uitmaak nie, want die vrouestemme fluister. Hy herken Amanda se stem. Dank die Vader dat sy nog leef! Nie te danke aan Baasspeurder Justin nie.

'Justin! Jy is wakker.'

Sy ooglede voel seer en geswel en maak moeilik oop. Die buislig in die hospitaalkamer is skielik te helder.

Amanda en haar ma! Amanda nog in haar hospitaalslaapklere, haar oë groot in haar bleek gesiggie.

'Hoe...?'

'Ek moes by julle uitkom, maar kon niemand vertrou nie. Ek wou nie 'n rekenaar of selfoon gebruik nie,want ek is selfs bang vir julle medewerkers. Ek het 'n taxi geneem lughawe toe,op 'n vliegtuig geklim en hier is ek. Ek is jammer dat hulle julle laat weet het van my sogenaamde vedwyning...'

'My ma het by my hospitaalkamer ingestap net toe jy platgeslaan word. Sy het so gegil dat die suster aan diens die alarm gedruk het en almal na my kamer gestorm het.Die arme polisieman op diens het die aanval oorleef, seker maar omdat die Ysterklou - as dit hy was - haastig was om met ons klaar te speel.'

'Hoekom moes Mevrou so vinnig by ons uitkom?' begin hy weer soos 'n speurder funksioneer.

'Omdat ek 'n belangrike ontdekking gemaak het. Dit is Ulrich se broer wat op julle spoor is. Ek weet hoekom...'
mvick  - Hoofstuk 16   |Registered |2008-09-17 08:05:40
avatar Die kamer is donker en muwwerig, met net die skemerson wat deur 'n toegesperde venster beur en die prentjie onthul. Aan die een kant staan 'n ou yskas met muf om die rante, en bloedsmeersels teen die vuilvlek deur. Langs die yskas staan 'n staaltafel, half verroes, waaronder die vloer van maaiers wemel tussen wat lyk na 'n slaghuis se afval. Die kamer se vrotreuk word slegs na die buitewereld geblok met 'n groot staaldeur wat die ingang na die kamer versper. Bo-op die tafel le 'n versameling messe, tange, bore en 'n slypsteen.

Teen die een muur hang 'n rooi vlag in repe opgesny, met die vier swart bene van die Swastika soos 'n wawiel uitgesper. Wat eens 'n wit kring om die vier bene was, is deurtrek met 'n donker, rooierige smeersel. Langs dit is 'n reeks foto's teen die muur opgeplak. Justin met 'n kind langs hom, waarvan die kop uitgeskeur is. Amanda as klein dogtertjie tussen 'n man en vrou. Die man se kop is ook afgeskeur. Daar is verskeie soortgelyke foto's, almal met onerkenbare persone op, die koppe is almal afgeskeur. Die muur is oortrek met die slagoffers van 'n waansinnige reeksmoordenaar.

Teen die ander muur staan 'n bruingevlekte toilet en wasbak, met 'n gekraakte spieel bo aan die wasbak. Water drup - drup in die wasbak in, en die toiletpyp lek stadig water op die gruissvloer, wat tussen die afval in vloei, en 'n bloedstroom onderdeur die yskas laat vloei tot in die hoek van die kamer waar 'n poel gestolde slik versamel.

Onder die vlag le 'n verweerde kussing en matras vol gate. Klein stukkies beendere le oor die vloer versprei. 'n Kas langs die matras wieg ongebalanseerd van een kant na die ander kant. 'n Rot snuffel nuuskierig van die kas, al langs die muur af in die rigting van die vleesafval, naby die staaldeur verby wat nou ooptrek. 'n Voet kom skielik af en vermorsel die rot op die plek. Die voet skop die rot in die rigting van die tafel, tot waar die bloedstreep eindig in die middel van die Dawidster wat die vloer oortrek.

Die staaldeur slaan toe. 'n Figuur stap met lang, swaar gemete tree oor die gruisvloer wat krakend die figuur se teenwoordigheid te kenne gee. Dan gaan die yskas se deur oop, en 'n voorwerp toegedraai in plastiek word te voorskyn gebring. Die plastiek word met onbehoorlike versigtigheid van die voorwerp verwyder. Wat nou uitgeken kan word as 'n menslike kop, word dan op die tafel neergesit met die stomp kant waar die nek eens was sodat die gesig van die kop in die rigting van die Swastika vlag kyk. Dan word die kop se ooglede oopgesper, asof die maniak die oe wil forseer om na die oorsaak van sy waansin vas te staar.

Dan kom die stem, kil en grof. "Moenie bekommer nie, my broer. Daai teef het ons vandag dalk uitoorle, maar haar dag is naby...haar dag is naby..."
riaan  - Hoofstuk 17 (Deur Vettie aan my ge vonkpos)   |SAdministrator |2008-10-28 21:26:23
avatar Waar Amanda en haar moeder saam met Justin in die privaat kamer sit is dit doodstil." Weet mev waaroor al hierdie sinnelose moorde gepleeg word?" Justin kyk met ongeloof na die ouer dame. Sy kyk skuldig van die een gesig na die ander. Na al die jare van geheimhouding sal sy nou hier haar diepste en donkerste geheim moet vertel. Sy voel bitter want dit wat sy so lank bewaar het, moet nou oopgekrap word, maar sy moet want anders gaan hierdie moorde nooit ophou nie.
"Amandatjie ek is jammer dat jy dit na al die jare by my moet hoor. Ek het gedink ek sal my geheim saam graf toe neem, maar nou moet dit uit." Sy kyk verskirk na Amanda wat met haar kop in haar hande sit. Justin staan op en gaan langs haar sit en vou haar hande in syne toe. So dwing hy haar om na hom te kyk en nie na haar moeder wat lyk of sy enige oomblik kan ingee nie.
" Praat maar ma ek dink nie daar is enige iets in hierdie wereld wat my meer kan skok na wat ek alles vandag deurgemaak het nie" Die vrou kyk skeef op en kry 'n doodse uitdrukking in haar oë.
"Manda ek sal voor begin sodat jy presies verstaan wat gebeur het my kind, maar moet asb. nie oordeel nie,luister eers na dit wat ek jou vertel" "Ek en jou pa was pasgetroud en Ulrich was 'n gas aan ons huis, hy was immers jou pa se stiefbroer ,al het almal jou pa verbied om hom te sien en almal geglo het hy het verdwyn een aand het iets gebeur- ek kan dit nie wegwens nie en dit het gebeur ek en Ulrich het 'n groot fout begaan en ek betaal nog vandag daarvoor."
"Ek het swanger geraak met sy baba - Mulder soos julle haar ken. Jou pa was woedend en het Ulrich soos 'n sleg hond weggejaag - maar hy kon my nie ook wegjaag nie - dan sou die mense praat. Mulder is gebore en ons het haar by die kinderhuis gaan aflaai, ek kon haar nie hou nie, jou pa wou nie." "Hy kon nie elke dag na haar kyk en aan die hartseer dink wat sy veroorsaak het nie." "Sy is van een gesin na 'n ander want sy was onstabiel volgends die verslae wat ons gelees het. Miguel Zwarski, dit is Ulrich se broer, hy is die een wat Ulrich se dood wil wreek en al die skuld word op jou geplaas want hy voel as jy nie gebore is nie sou sy broer se dogter vandag die lewe gelei het wat sy verdien het. Hy het geglo dat pa se hart later sal versag en hy tog vir Mulder sal gaan haal waar sy ook al was. Maar toe is jy gebore - jou pa se oogappel. Hy gaan alles in sy vermoë doen om die hartseer en pyn wat jy volgens hom aan hulle gedoen het te wreek" " Hy sal nie ophou voordat hy jou ook vermoor het nie"
Amanda en Justin sit met lee oë na die vrou voor hulle en kyk. Die ongelooflike storie wat sy hier kwytgeraak het is amper te veregaande om te glo. Maar toe Amanda na die vrou voor haar kyk sien sy die lee oë en die rou hartseer oor haar gesig. En sy besef dat dit die rede is hoekom alles gebeur Dit maak sin. " Justin kan jy asb. my ma na die lughawe neem? Sy kyk met dooie oë na Justin.
"Mandatjie asb" " Ma asb. gaan nou en gaan kuier - wees veilig ek praat weer met ma as alles verby is" Die vrou staan op en stap met geboë skouers uit. Justin kyk nog eenkeer om, dan neem hy die vrou se hand en saam stap hulle in die gang af...
LizaC  - Hoofstuk 18   |Author |2008-11-09 10:54:00
Amanda probeer om nie te dink nie, maar maak nie saak hoe hard sy probeer nie, daar bly 'n onwelkome refrein deur haar maal: 'Sondra Mulder was my half-suster. My ma en Ulrich...'
Sy wens sy kon die opgekropte emosie uit haar skreeu, of huil, maar alles bly verstok in haar vassteek. Haar ma het haar lewe aan Miguel Zwarski uitverkoop. Ulrich is dood, maar haar nagmerrie is nog nie verby nie. As sy net helder kan dink, maar die effek van die sedasie is nog nie heeltemal uitgewerk nie.
Mulder? Ulrich? Selfs 'n monster soos Ulrich, het darem nie sy eie dogter vermoor nie. Mulder. Hoe sou dit gewees het om 'n sussie te hê? Sal sy later ook voel soos toe Heinrich dood is, of is hierdie groot niksheid al wat sy sal bly voel?
Hoe kon haar ma dit gedoen het? Hoe kon sy? Haat Miguel hulle almal so baie, dat hy sy tweelingbroer se eie dogter sal vermoor? Dis seker nie onmoontlik nie, sy was ook deel van die buite-egtelike skandvlek op die familie se naam.
Maar Justin is oortuig dat Ulrich hom gevange gehou het. Hy het tog dinge geweet wat net iemand sou weet wat self in Weskoppies was. Maar... as Miguel alles van die ysterklou by Ulrich gehoor het, sou hy dalk vir hom van sy ander ervaring ook vertel het. Telepatie? Hulle sê 'n tweeling voel soms mekaar se emosies en ervaringe aan. Is dit dalk wat gebeur het? Daar is soveel vrae waarop sy nie antwoorde het nie.
Amanda sien weer in haar gedagtes die bebloede ysterklou. Sou dit Mulder se bloed aan die klou gewees het? Hoe aaklig.
Kyle? Wat van Kyle? Wie het dan vir Kyle vermoor? Is hy vermoor? Was dit nie maar net 'n ongeluk nie? Tog die lagkaartstuk met sy voorletters... As sy net deur die mistigheid van haar moeë brein kan breek.. Wat mis sy?
Natuurlik! Kyle was 'n waarskuwing vir haar en Justin, maar hulle het dit nie verstaan nie. Justin se pad het met hare gekruis toe hy na die eerste gru-moord in Australië ingeroep is. Die jong Duitser was seker so oud as wat Ulrich se jongste broer, moes gewees het toe die Neo-Nazi's...
Hulle was toe al reeds op Ulrich se spoor, maar hy was te slim vir hulle. Justin was skaars terug in Suid-Afrika toe Kyle... Hoekom het hulle nooit twee en twee bymekaar gesit nie? Nee, dis te vreeslik om daaraan te dink. Sy en Justin is verantwoordelik vir Kyle se dood. As hulle nie so diep gaan krap het nie...
Skielik is Amanda weer bewus hoe geïsoleerd sy is waar sy sit. Sy het dit vir agt jaar reggekry om die noodlot vry te spring, om Ulrich vry te spring. Miguel wil sy broer se werk klaar maak. Hy kan enige plek wees. Sy moet êrens heen gaan waar sy veilig kan wees, maar waarheen? Waar bly Justin?
Sy probeer nog effens dronkerig haar klere aantrek. Sy moet hier uit. Miguel het vir Justin hier uitgeslaan... Hy kan enige plek wees. Sy moes nooit haar ma weggestuur het nie. Dan hoor sy 'n vaagbekende hoesie voor haar deur. Haar nekhare rys onwillekeurig. Laat dit asseblief nie Miguel wees nie...
Douwlina  - Hfst 19   |Registered |2008-10-31 10:01:50
avatar 'Ag Vader, Marko, moet ek vir altyd boet vir een nag van vrees en passie en strooiseltjies liefde?'

Die ouer weergawe van Amanda verberg haar gesig in haar hande. Om haar maal passasiers wat wag vir dieselfde vlug na Suid-Afrika.


'Eers was dit jy en jou diere! Beeste en skape en die verdomde saalperde. Daardie nag toe ek bevrees in my bed geluide soos 'n bang klein hondjie gemaak het, het jy uitgestap in
die donderstorm na jou perde toe. Hulle sou bang wees vir die donderslae. Wat die hel het jy gedink was ek? Die bewende bondel vrees wat jy agtergelaat het, 'n huilende vrou wat nie kon kompeteer vir jou aandag teen senuwee-agtige perde nie. En toe kom troos Ulrich my...en later? Later was dit jy en Amanda teen die wêreld en ek was weereens alleen. So vreeslik alleen.
Tot Heinrich gekom het. Heinrich, vir wie ek nog nie eens kon rou nie.'


'Ek wat treur oor 'n weerlose baba met die gene van verwoesting in haar. Jy het my nooit verwyt nie, want jy het nooit weer oor haar gepraat nie en wanneer jy saans tuiskom en ek loop met rooi gehuilde oë, dan het jy dit kamma misgekyk.'


'Wie is Miguel Zwarski regtig? 'n Wreker uit die hel? Die Judenbush in my voorportaal! Daar was een by die verpleegstasie op Amanda se vloer. Een met 'n groot rooi strik soos wat 'n bloemiste sou omgesit het. Hemel, ek moet Justin kry! Amanda is alleen.'


Sy vroetel vervaard in haar handsak na haar selfoon, sukkel om die nommers te druk. Haar vingers dom teen die vrees in haar.


'Justin! Amanda, is sy alleen? Is daar 'n polisieman wat haar bewaak? Daar was 'n Judenbush in 'n pot op die toonbank by die verpleegstasie. Een soos wat by my afgelewer is in Suid-Afrika. Hy is in die hospitaal. Hy is by Amanda!'


Sy hoor Justin op 'n polisieman skreeu om uit te vind of Amanda veilig is en om seker te maak dat die twee poliesmanne by die ingangsportaal ook na Amanda se hospitaalkamer gaan.

Sy weet dat Miguel Amanda nog meer haat as wat Ulrich vir Marko gehaat het. Ulrich wat self honend langs die ontbyttafel staan en Marko vertel presies hoe hy sy vrou die vorige nag
vertroos het.En die haat en die vrees wat soos galsterige botter op haar tong kom lê het. Sy het altwee die mans skielik daardie oggend gehaat, maar dit was vir Ulrich wat sy gevrees het. Hoe kon hy van Sondra weet? Sy het hom nooit vertel nie. Hoekom so Miguel haar wou vermoor?


Ja, sy het nie haar kind vergeet nie. Dit is sy wat 'n privaatspeurder gehuur het om haar op hoogte te bring van waar Sondra is. En die geheime ontmoeting, net een maal, met die stil meisie
met die broeiende oë. Haar eersgeborende. So baie soos Amanda en tog so verskillend van Amanda.
Sy sou daardie meisie se ma kon wees, haar vriendin, maar Sondra het anders besluit en sy het dit gerespekteer.


Die Judenbushstruikie is Miguel se visitekaartjie. Om Justin en Amanda te treiter met die graf van Lazarus in die Judenbushbegraafplaas.Nog 'n geheim.Het Miguel en Ulrich werklik nog 'n jonger
broer gehad waarvan Ulrich geweet het? Ulrich het vir haar en Marko vertel hoe hy na sy eie ouers gaan soek het en dat hulle albei dood is, maar hy het niks gesê van 'n broertjie nie.Dit was toe
hy hulle kamma om vergifnis gesmeek het en gevra het dat Marko tog sy broer moet bly, want hy is al wat Ulrich oor het. O, hy was oortuigengd! Tot hy soos die duiwel langs die tafel gesmaal het:
'Broer? Broer? Mooi grap! Ons het nog altyd 'n familie gedeel en nou deel ons jou mooi vrou.'


Sy het haar asem ingeruk, wou dit ontken, maar niks kon Ulrich nou keer nie. Hy het seker gemaak dat hy elke merkie op haar liggaam waarneem en nou het hy sy troefkaarte gespeel. Van die geboortevlekkie onder haar linker bors tot die klein swart moesie op haar regter dy. Ulrich was die duiwel
self.

Sy en Marko het bymekaar gebly en na Amanda was daar Heinrich en hy was hare soos Amanda Marko se kind was.Sy kon haar hart uitstort teenoor hierdie kind van haar. sy was so naby aan hom en
nou is hy dood en Amanda in gevaar. Sy kan nie nog iemand naby haar verloor nie!


Skielik besef sy dat Ulrich en Miguel stelselmatig haar gesin vermoor het. Sy het 'n Judenbush ontvang, maar daar was geen aanslag op haar lewe nie. Kort daarna is Heinrich vermoor en nou Sondra. Miguel is op Amanda se spoor. Is die moorde van haar familie nie omdat sy gestraf moet word nie?
Ulrich was so seker van sy eie mag dat hy haar aan haar arm daar by die ontbyttafel soveel jaar gelede opgetrek het. 'Kom Rene, laat ons gaan. Jy wil tog nie by hom bly nie.'

Maar sy wou by Marko bly en hulle het stelselmatig weer die flarde van hulle huwelik aan mekaar gelas tot sy besef dat sy swanger was. Aborsie was onwettig en sy en Marko het besluit om die baba by geboorte af te gee. Hulle het goeie jare daarna gehad, maar sy het altyd geweet dat Marko sy dogter liewer gehad het as sy vrou.

Maar as hulle haar wou straf, hoekom klein Kyle vermoor? In Australië was Amanda en Justin saamgegooi in die ondersoek, maar dit het meer as 'n ondersoek geword. Daar was 'n verhouding
en hulle was gedurig saam. Ulrich sou dit weet. Klein Kyle was die stukkie van die legkaart wat Justin aan hulle sou verbind, want Amanda was baie lief vir die seuntjie en toe is dit juis sy dood wat Justin en Kyle se ma weer tydelik bymekaar snoer oor 'n skuldgevoel wat Justin gehad het. Dit was so erg vir hom toe hy gedink het sy seun is in 'n ongeluk dood,maar nou sal dit soveel swaarder vir hom wees as hy weet dat hy en Amanda die oorsaak van
die seuntjie se dood was.

En die ander moorde? Dalk was daar van die begin af 'n dubbele motief. Wraak vir sy laatlam broer en wraak op die vrou wat hom verwerp het en hy hou Amanda vir laaste, want sy is spesiaal.
Sy is die dogtertjie wat alles gehad het wat sy dogter sou begeer.

Haar selfoon lui met 'n lawwe deuntjie.

'Justin, is sy veilig?'

'Ek is jammer Renè. Sy is weg uit haar kamer. Niemand het haar die hospitaal sien verlaat nie. Ons is besig met 'n soektog deur al die afdelings.Die polisieman voor haar deur het teen opdragte in, sy pos verlaat om met 'n verpleegster te flankeer. Hy sê sy oog was die hele tyd op haar deur.
Hoe waarskynlik dit is, bevraagteken ek.'


Iewers roep 'n manstem na Justin in die agtergrond: 'Inspekteur, maak gou Reichter het iets gevind...


Renè drafstap na 'n taxi. Sy gaan Amanda nie verloor nie! Sy gaan terug wie wat ook al sê.
mvick  - Hoofstuk 20   |Registered |2008-11-04 08:26:34
avatar Die gehuurde rooi Fiat jaag teen 'n besete spoed deur die strate van Wittlich. Hy pyl af op 'n padkruising en jaag blindelings oor die rooi lig, rakelings verby die vragmotor wat besig is om die pad te kruis.

Amanda rol en skud rond soos wasgoed in 'n tuimeldroer terwyl die gejaag voortduur. Haar hande en voete is agter haar vasgebind met elektriese kabel en een van die hospitaal se groen kussingslope oor haar kop met kleefband vasgeplak. 'n Polsense pyn klop waar sy haar kop herhaaldelik teen die sy van die kattebak stamp soos die motor rondskud. Haar asem snak benoud deur die kussingsloop in haar gesig. Weer ruk die motor eenkant toe en sy word om-en-opgeruk dat sy hard op haar gesig beland en 'n skroeiende pyn deur haar neus skiet. Sy kry haarself op haar rug gedraai en voel hoe die bloed teen haar wang begin afloop.

'Hoe het ek hier beland?' wonder sy. 'Die een oomblik was ma nog in my kamer, en Justin het saam met haar uitgestap...'

Die motor swier weer om 'n draai en Amanda rol weer, maar die keer strek sy haar elmboog uit om die slag weerstand te bied. Dan voel dit vir haar of die motor op 'n langer uitgestrekte pad kom soos wat die versnelling egalig word.

'Daai kuggie...daai kuggie is die laaste ding wat ek kan onthou. Dink Amanda...Dink! Hoe was dit moontlik vir hom om my te vang? Ek moes dan geweet het hy sal terugkom! Ek moet hier probeer uitkom!' Amanda besef sy raak paniekerig en dwing haarself om te bedaar.

'Kry beheer Amanda. Waar begin ek?' Sy kom agter dat sy swaar asemhaal en dat sy eers sal moet vry kom van die sloop voor sy dalk versmoor. Sy kan voel haar hande is redelik stewig vasgebind, maar sy sal dit probeer loskry na sy behoorlik kan asemhaal. Sy probeer 'n stukkie van die kussingsloop tussen haar tande beetkry. Sy druk haar tong teen die materiaal en probeer dit so haak tot in haar mond in. Na etlike probeerslae is die materiaal geweek in haar speeksel en raak dit al moeiliker vir haar om deur die nat materiaal asem te kry. Sy probeer nog 'n slag. Die keer help die natheid die materiaal so vou dat sy dit tussen haar tande kan beetkry. Haar asem jaag van die benoudheid en inspanning. Dan probeer sy die kussingsloop met haar tande van haar kop af trek. Sy trek haar kop opwaarts en voel hoe die kleefband om haar nek vastrek. Sy trek harder, en voel hoe die kleefband beweeg. Haar oe begin traan en sy gee skiet toe dit haar nekhare begin afskeur. 'As sy net die materiaal kan lostrek...' Dan herhaal sy die proses. Die keer gaan dit makliker en sy kry 'n hernude, laer vasbyt plek op die materiaal en trek weer. Dan onthou sy die mansverpleegster wat in haar kamer ingestap het om vir haar medikasie te gee. Sy het aanvanklik geskrik maar hy het vriendelik geglimlag en gese die medikasie sal haar laat ontspan. Dit was nogal 'n aantreklike, ouer man en sy het nogal gedink dat dit vreemd is dat so 'n man nog sal verpleging doen, maar tog het sy niks vermoed nie. Hy het so aangenaam voorgekom, hy het haar...laat veilig voel. Die volgende ding wat sy weet was sy hier. Hy het beslis nie soos Ulrich gelyk nie, sy sou hom beslis herken het.

Sy trek nou met mening en al haar krag aan die materiaal tussen haar tande. 'Ek moet eenvoudig net hierdie ding loskry!' Haar kakebeen begin kramp van die inspanning. "ek kan nie nou opgee nie, ek kan nie!" Sy trek harder en voel haar nekspiere brand. Sy stamp haar agterkop teen die bakwerk toe haar tande van die materiaal losgly.'Ag nee, aggenee! Ek kan nie nou opgee nie...' dan tref 'n skielike mismoedigheid haar. Sy voel die trane in haar oe begin brand. Sy raak bewus van die weerlose situasie waarin sy nou haarself bevind.Sy voel die emosie binne haar opbou en probeer veg teen die trane wat nou dreig om uit te bars, soos 'n damwal wat wil breek.'Ek kan nie nou....' Dan flits Justin deur haar gedagtes. 'Justin!' Sy laat haarself toe om na al die tyd kontak te maak met haar emosie. 'n Stortvloed van trane stroom oor haar wange soos sy begin snik. Sy dink aan al die gru wat sy die afgelope paar weke moes aanskou, sy dink aan haar pa wat so gewetenloos geslag is. Sy dink aan Sondra en Heinrich. Sy dink aan klein Kyle, so onskuldige klein gesiggetjie met sy laggie wat enigiemand se dag kon opbeur.'Arme klein Kyle!' snik sy voort. En dan aan Justin. 'Ek moes hom gese het hoe ek voel! Hoekom wou ek hom nooit toelaat nie? Na al die tyd...' Dan is dit asof die beeld van Justin 'n kalmte oor haar begin bring en sy begin bedaar. 'Bly net aan Justin dink' maan sy haarself. 'Wat sou Justin nou gedoen het? Wat sou hy vir my gese het as hy hier by my was? Ek moet begin beheer kry. Kom Amanda, jy is 'n polisievrou! Ruk jouself reg en tree op soos een!' Sy hoor Justin se stem in haar gedagtegang. "Kom Amanda! Kry beheer!" Haar mismoedigheid draai om in woede. 'Ek gaan nie 'n slagoffer wees nie!' Amanda gryp weer die materiaal tussen haar tande vas. Sy ruk en pluk herhaaldelik daaraan. "Ek moet hier los!" grens sy tussen haar tande deur. Dan voel sy dit. Eers 'n klein skeurgeluidjie. En dan moet die volgende pluk, 'n groter skeur. Sy gee nog een pluk en dan is dit asof 'n swaar kombers van haar gelig word as sy voel hoe die materiaal meegee. Sy voel hoe haar nek koel lug kry soos die materiaal van haar nek wegskeur tot op haar ken. Sy buig haar kop onmiddelik vorentoe om bietjie van die lug in te asem. 'Dis heelwat beter as om deur 'n sloop asem te haal' dink sy. Vir haar is dit 'n oorwinning en dit gee haar opnuut moed om terug te veg.

'Sien Amanda, sien! Jy kan dit doen! Jy is nie 'n hulpelose slagoffer wat net gaan terugstaan vir hierdie waansin nie! Jy gaan terugveg!'

Sy raak dan bewus van die motor wat nou stadiger begin beweeg. Hulle moet nou iewers heen afdraai, as ek kan sien waar ons is...Dan beur sy haar gesig onder die geskeurde deel van die kussingsloop in en skeur dit verder oop sodat haar hele gesig nou oop is. Sy kyk om haar rond of sy nie iewers 'n lug gaaitjie kan sien nie. Die lig van buite skyn skraps deur 'n opening tussen die deur van die kattebak en die res van die motor. Daar is nie nou tyd nie, sy moet haar hande loskry. Voor hierdie motor stilhou moet sy vry wees om te kan veg. Nou dat sy behoorlik asem kan kry en geherfokus het kan sy behoorlik evalueer hoe haar hande vasgebind is. In die polisie kollege is hulle opgelei hoe om iemand vas te bind sodat hulle glad nie kan loskom nie. Hierdie man is 'n amateur. Sy kan voel dat hy haar vasgebind het op 'n manier wat mens in deesdae se films sien. Alhoewel dit baie naby is aan die regte manier, het hy 'n paar beginsels gemis wat mens nie sommer in die films sien nie. Die spasie tussen haar hande is te groot en die lengte van die kabel tussen haar hande en voete is te lank. En die probleem met elektriese kabel is dat dit te dik is, so mens kan dit relatief maklik losknoop. 'Ja nee, die ou IS 'n amateur!' Sy voel die opwinding in haar opbeur soos sy tot die besef kom dat sy haarself gaan bevry. Al wat sy moet doen is om haar kniee op te trek na haar bors toe en haar hande onder deur haar voete te skuif sodat haar hande voor haar is. Dan kan sy haar mond gebruik om die kabel van haar hande af los te knoop en dan kan sy haar voete bevry. Party motors het 'n nood-vrylatingshefboom in die kattebak, as sy dan so een kan vind dan is sy vry!

Sy trek haar kniee op sodat sy haarself in 'n bolletjie in trek en voel hoe die kabel styf om haar gewrigte span. Dan trek sy haar hande in die rigting van haar voete sodat sy dit verby kan skuur en voor haar kan uitkry. Maar dis asof haar arms te kort geword het en sy kry nie haar hande oor haar voete nie. 'As ek net my bene bietjie verder kan optrek' Sy beur haar kniee verder op sodat haar kniee teen die kattebak se deur skuur. 'Dis 'n goeie ding ek het nog my hospitaalrokkie aan' dink sy. Met haar normale noupassende minnirokke so sou nooit haar bene vrylik kon beweeg nie en nie so maklik kon loskom nie. Waar haar kniee nou teen die kattebak sy deur vasdruk druk sy haar bene effe wyer oop en kry sy dit net ver genoeg op dat haar hande verby ruk.

Deur al haar gewerskaf raak sy salig onbewus van die motor wat al stadiger beweeg en tot stilstand kom. Die bestuurder skakel die enjin af. Hy sit 'n oomblik stil terwyl hy die omgewing om hom inneem. Doodse stilte heers om hom. 'Niemand in sig' dink hy. Hy klim uit die motor, haal diep asem en begin saggies fluit op die toon van "My nooi is in 'n nartjie". 'Ek het gese ek gaan jou kry...' dink hy, ingenome met homself. Die grond kraak stadig onder sy voete soos hy na die kattebak stap. "kraak...kraak..." 'Hmmm...vanaand is dit finaal volbring. Julle sal die loon dra van julle sondes' Hy gaan staan oor die kattebak en druk die sleutel in die sleutelgat...
Vettie  - re: Hoofstuk 21     |Registered |2008-11-05 12:53:22
avatar Amanda besef met 'n skok dat die kattebak oop is en die son skyn vol
in haar oë. Sy knip dit 'n paar keer maar kan nog nie mooi sien nie
dit is asof sy deur water na die persoon hier voor haar kyk. Dit is
vir 'n paar oomblikke doodstil en dan hoor sy weer die kuggie. Die man
hier voor haar is siek besef sy onmiddelik. Die oomblik van bekommernis
oor die mens hier voor haar neem die wyk as hy haar hardhandig aan haar
arm gryp en regop ruk - hy gooi haar oor sy skouer asof sy so lig soos
'n veertjie is - dan besef Amanda met 'n skok wat besig is om met haar
te gebeur, hy het haar! Sy is volkome in sy mag en sy kan niks daaraan
doen nie. Die adrenalien skok met 'n ruk deur haar are en sy besef sy
moet iets doen sy gaan nie haarself soos 'n skaap ter slagting laat
begelei nie. Sy skop en slaan vir al wat sy werd is maar die seningrige
ou man gooi haar met 'n ruk van sy skouer af en al wat sy dan onthou voor
die duisternis genadiglik oor haar sak is die verskriklike slag toe haar
rug die grond tref.

Die reuk - dit is in haar neus, haar mond, haar keel, in haar maag dit
dreig om haar te oorweldig maar dan vat koel hande aan haar voorkop en
vee die slierte hare wat oor haar wang lê weg. Sy maak haar oë oop en kyk
verward in die stink donker rond - het sy haar verbeel of het iemand wel
aan haar gevat? Dan dring die reuk van verrotte vlees weer in haar
bewusyn op. Sy probeer beweeg maar kom dan agter sy is half staangemaak
teen die muur vasgemaak en kan glad nie beweeg nie. Sy is lam van vrees
en probeer verskik haar arms en bene beweeg maar sy is so styf vasgemaak
dat sy kan voel hoe die sirkulasie na haar vingers en tone afgesny word.
Stadig dring dit tot haar deur dat daar nog iemand saam met haar in
hierdie donker vuil klein vertrekkie is, sy kan sy asemhalling duidelik
hoor. Haar hart gee rukbewegings en sy kan skaars asemhaal.
"Wie is daar? Praat met my!"
Skielik is daar 'n flou liggie in die vertrek en dadelik soek sy na die
ander persoon. Hy sit doodstil op 'n deurmekaar matras in die hoek,dis te
donker om sy gelaatstrekke uit te maak, maar nou weet sy hy is daar.

Hy staan stadig op en kom in haar rigting geloop. Nogsteeds kan sy nie
sy gesig sien nie, sy draai haar kop half skuin sodat sy hom kan sien.
Hy gaan teen die teenoorgestelde muur staan en streel daaraan so asof
daar iets wonderliks is waarvan net hy bewus is. Amandag merk dan eers
die tafel op en sien dat daar iets in 'n toegedraaide plastieksak is.
Stadig begin hy die plastiek losmaak...
LizaC  - Hoofstuk 22   |Author |2009-07-07 20:47:01
Justin slaan met moedelose frustrasie sy vuis teen die kamermuur. Die ware Reichler het na hy terug is van verlof, gedink dat hy iets gekry het, maar dit was 'n dwaalspoor. Hy moes haar nooit alleen gelaat het nie. Hy moes iemand anders gekry het om haar ma terug te neem. As haar ma net nie so verwese gelyk het nie. Hy kon sien dat sy met iemand moet praat. Hy hoop sy is nou ten minste veilig op die vliegtuig. Hy kan nie nou nog verdere komplikasies hanteer nie.

Hy sal homself nooit kan vergewe as Amanda iets oorkom as gevolg van sy eie nalatigheid nie. Sy oë soek deur die kamer vir leidrade. Enige leidrade. Hy kyk na Amanda se hopie klere wat op die vloer lê. Sy moes om een of ander rede besluit het om haar klere te probeer aantrek. Wat sou haar sover gedryf het. Sy was toe hy weg is, baie ver van gereed om op haar eie voete te staan. Iets moes haar beslis gedryf het om tot sulke drastiese stappe oor te gaan. Hoekom het sy niemand geroep nie? Is sy alleen in haar hospitaal kabaai hier uit? Dit maak nie sin nie? Al wat hy kan dink is dat iemand haar moes verwyder het, maar hoe? Die konstabel op diens het niks gesien nie - nie dat hy oortuig is dat sy aandag by sy werk was nie. Verdomp! Waar moet hy nou begin soek?

Justin ondervra weer die benoude konstabel, maar hy niks gesien of gehoor nie. Die hospitaal administrasie se in- en uitklok sisteem, het ook vandag nie gewerk soos dit moes nie. Twee kragonderbrekings het die sisteem uitgeskop. Miguel se werk? Kan wees. Hy is geslepe genoeg om so iets te orkestreer. Justin loop weer op-en-af in die kamer. Die forensiese span sal nou-nou hier wees, maar hy weet nie hoeveel tyd hulle tot hul beskikking het nie. Hy mag net nie te laat wees nie. Dink Justin. Dink. Wat sou jy gedoen het as jy die klou was? Twee kragonderbrekings. Hy sou tog nie so arrogant wees om haar fisies deur die gange te vat en die personeel uitgang te gebruik nie, hulle sou te maklik gesien kon word. 'n Rolstoel deur die hoofingang sou moontlik wees, maar onwaarskynlik. Dink Justin. Dink.

Iets blink vang sy oog naby die venster. Amanda se enkelkettinkie. Sy het dit nooit afgehaal nie. Dalk wou sy vir hom 'n boodskap los, dat sy teen haar sin weg is. Nee. Dit is gebreek. Dit moes aan iets vasgehaak het toe is weg is hier. Sy oë dwaal op na die groot venster wat op die plat dak uitkyk. Deksels. Hoekom het hy die nie vroeër gesien nie. Hulle moes tog besef het dat dit gevaarlik sou kon wees. Dan sien hy die hare wat aan 'n splinter in die vensterraam vasgehaak het. Amanda is ontvoer.

Sy stem sweepslag in die gang af. Die konstabels reageer dadelik. Dit vat nie lank om die plek te kry waar sy afgedra is nie. Dit lyk of die persoon wat haar gedra het, nie noodwendig baie fiks is nie. Plek-plek is tekens dat hy gerus het met sy vrag. Dit lyk beslis nie asof sy by haar bewussyn was nie, want sy sou meer leidrade gelos het vir hom.

By die parkeerterrein verdwyn die leidrade soos mis voor die son. Justin kan skree van frustrasie. 'n Klein seuntjie van sowat vyf jaar oud staan die geünivormde manne oopmond en aangaap.

"Soek julle vir Kersvader?", vra hy oopmond?

"Wie"

"Kersvader. Julle is te laat. Hy is al lankal hier weg met sy rooi motor."

Justin neem 'n oomblik voor die moontlikheid hom tref. Amanda was seker toegemaak in iets wat vir hierdie kind soos 'n sak gelyk het. Hy vra met vriendelikheid en geduld wat hy nie voel nie, die seun uit. Al wat hy wys word is dat Kersvader sy sak geskenke agter in rooi Fait gegooi het. Die seuntjie het nogal gewonder of sy ma aan diens was toe Kersvader die motor gehuur het, want sy werk ook vir Europcar en hy ken hulle logo.

Dit vat nie lank daarna om al die moontlike motors op te spoor met die moderne satelliet opsporingstelsels nie. Nou net om die regte een betyds te kry.

Die dowwe hoofpyn agter Justin se oë word kloppend duideliker soos een span na die ander terugrapporteer dat hulle soektog niks opgelewer het nie. Minute sleep soos ure verby. Niks. Nog 'n doodloopstraat.
Douwlina  - hoofstuk 23   |Registered |2008-11-13 09:57:14
avatar Rene voel asof sy wil mal word. Amanda is in gevaar, Amanda is al wie sy oor het en sy
kon haar nie beskerm nie. Hoekom het sy nie dadelik besef dat die Judenbush met sy mooi
rooi strik, gevaar vir haar kind spel nie? Sy is net 'n mens en was ook erg ontstel deur
haar eie onthullings en die dood van haar seun.

Haar hand bewe wanneer sy die sleutel van die gehuurde motor oor die toonbank neem, maar
wanneer sy agter die stuurwiel inskuif voel sy kalmer. Sy is nou besig om iets te doen, al
is dit net om teenwoordig te wees as hulle Amanda opspoor of as sy dalk iets vir haar kind
kan doen. Heinrich was altyd daar vir haar en sy vir hom. Vir Amanda het sy gesien as 'n
sterk vrou wat haar eie pad kan en wil loop. Nou besef sy hoe broos Amanda daar in haar
hospitaalbed gelyk het. Sy is maar net soos Marko was. As iets hulle seermaak, sal hulle
eerder die mense naaste aan hulle wegstoot as wat hulle hulle seerkry wys of vir 'n oomblik
swak voorkom.

Sy vloek saggies wanneer 'n ander voertuig voor haar insny. Sy trap die petrol diep in en
voel die kragtige motor versnel. Binne in haar trek vrees 'n nou kring op haar maag. Al maak
sy Miguel met haar kaal hande dood...



Amanda voel die vrees in haar saamklomp. Sy sien in haar geestesoog die ysterklou na haar
reik,voel dit om haar gesig sluit en die spier en vel stadig van haar skedel stroop, sy sluk
swaar en sluit haar oë. Sy hoor die man saggies, tergend giggel. Iewers ritsel plastiek en
die reuk van bloed en verrotte vlees kleef taai in haar neus. Hoeveel keer het sy al by 'n
lyk gestaan en juis daardie reuk gekry?

'Amandatjie, maak maar oop jou ogies. Ek het 'n geskenkie vir jou. 'n Voorbeeld van my werk.
'n Meesterstuk!'

Hy giggel weer, vroetel met die plastiek. Sy weier om haar oë oop te maak. As sy dit lank
genoeg toehou, sal die nagmerrie dalk verdwyn. Maar dit verdwyn nie, 'n hand sluit in haar
hare, pluk haar kop agteroor dat trane uit haar oë loop. Dit voel asof haar kopvel losskeur.
Sweet slaan op haar bo-lip uit en sy ruik haar eie vrees, rou en primitief. Haar oë vlieg
oop en sy kyk in die grynsende gesig van Miguel vas. Ten spyte van haar vrees sien sy tog
die ooreenkoms met sy broer,Ulrich die Ysterklou.

'Hallo, Pop.' sê hy in haar gesig, so naby dat sy die warm asem op haar vel voel en die suur
reuk daarvan ruik.

'n Doodse gevoel sprei oor haar liggaam. Is dit soos 'n bok voel as dit in die kake van 'n
roofdier beland. Hulpeloos, ver verby rassionele vrees. Sy staar in die ligte yskoue blou
oë. Is dit hoe haar laksman lyk? Hy laat haar kop so vinnig los dat sy agteroor val.

'Jou persentjie.' sê hy en plaas die plastieksak op 'n tafeltjie naby haar, trek die
plasties verder af. Naarheid stu in haar op, brand suur in haar keel, bitter vloeistof stoot
in haar mond en oor haar tong.

'Oeps, het ek jou fyngevoelige gemoed versteur? Moenie nou braak nie. Jy sal daarin verstik
as jy so op jou rug lê. Ek gaan julle bietjie alleen laat. Hou mekaar maar geselskap. Ons
wag vir nog gaste. Ek gaan solank vir die ander voorberei. Aai, die liewe Rene. En Justin?
Sal hy nou kan wegbly?'

Hy verdwyn na buite soos 'n skim. Sy laat haar oë deur die vertrek dwaal. Hy woon beslis al
'n geruime tyd hier. Die vertrek is gemaklik ingerig. 'n Rekenaar staan op 'n ruim lessenaar
waaragter rye en rye boeke op rakke teen die muur rus. Sy sukkel om die titels te lees, want
dit is skemer in die vertrek. Mechanical Hands. Ichirao Katao. The Rise of the South African
Reich.Die Ossewabrandwag. Volkisch Integralism. Minerale rykdom in Suidelike Afrika. Grond
eise en konsessies.

Daar is 'n foto van 'n klein dogtertjie by 'n groot hond op die muur regoor Amanda.Eers dink
sy verward dat dit 'n foto van haarself is, maar sy herken nie die hond nie. Sondra! Dit is
Sondra.Nog 'n foto van dieselfde dogtertjie by 'n mooi blonde vrou. Dan 'n foto van haar ma!
Rene is duidelik nie van die kamera bewus nie. Sy vee haarslierte uit haar oë en is ver
swanger.

Daar is fotos van haar pa, Heinrich as jong student, haarself waar sy 'n toekenning kry
besondere werk,Sondra as jong polisievrou, ernstig in haar netjiese uniform en dan ouer
foto's van 'n jong vrou met 'n vlegsel oor die skouer, 'n tweelingseuntjies aan haar knieë
en 'n ligtekop pokkel op haar skoot.

Haar pa was tog glad nie politiesgesind nie. Hy was maar net 'n boer wat vir sy vrou en
kinders wou lewe en uit die grond uit 'n bestaan maak.

Die skerm van die rekenaar is aan.Sy maak die buitelyne van 'n kaart uit. Oral is rooi in
verskillende skakerings op die kaart. Onderverdeling A234/ Plaas Weltevrede 1808. Die
familieplaas! Diamante. Dit is al wat dit kan wees. Diamante. Maar hoe sou Miguel of Ulrich
daarby baat? En Sondra en Kyle? Dan onthou se weer die boeke oor Nazisme en die foto van
die vreemde vrou met haar drie seuntjies. Hoekom sou haar grootouers juis vir Ulrich
aangeneem het? Was daar 'n familieverband en waar was Miguel en die kleiner seuntjie op die
foto gedurende die tyd wat Ulrich deel was van Marko se gesin.

Sy spits skielik haar ore. Verbeel sy haar of hoor sy 'n motor aankom?
mvick  - Hoofstuk 24   |Registered |2008-11-19 07:12:50
avatar "Faber, dis Reichler hier!"

"Reichler, ek hoop jy het goeie nuus, die vader alleen weet ek het dit nodig."

"Ons het by 'n tak van Europcar 'n leidraad gekry. 'n Rooi Fiat is gister gehuur deur 'n ene Meneer Marko Zwarski en..."

"Dit is hy!" Justin besef dadelik dat Miguel, Amanda se pa se naam moes gebruik het aangesien sy eie identiteit hom sou weggee. Geen wonder hulle kon hom nie opspoor nie.

"Waar is die motor nou?" vra Justin angstig.

"Ek stuur die GPS ko-ordinate nou deur Faber."

"Goed, kry my daar! Goeie werk Reichler!"


Justin spring in die naaste taxi. "Voer hierdie ko-ordinate in jou GPS in, dis waarheen ons gaan."

Terwyl die Taxi bestuurder die ko-ordinate insleutel lui Justin se selfoon weer.

"Reichler, maak sommer seker jy reel die taakspan. Dit gaan dalk moeilik...."

"Justin Faber, ha-ha-ha!" Die kil, growwe stem slaan Justin se asem weg.

"Wat is fout? Jou tong in gesluk?"

"Miguel! Ek gaan jou vrekmaak, hoor jy my?"

"hmmm...kom nou Justin, jy weet jy moet my eers kry, maar sekerlik het julle teen die tyd al die ko-ordinate gekry van die huur motor se opsporingstelsel. Waar anders sou Reichler die taakspan moes stuur, hmmm? EK se jou wat. Maak seker jy kom alleen. So nie, kan jy vanaand Amanda se oorblyfsels gaan optel by die Judenbusch. Ek sal seker maak sy wag jou in met ope arms, ha-ha-ha!!!"


'Die bliksem! Hy is ons alweer een voor! Dink Justin dink! Hy moes dit so beplan het. Hy het met opset die huurmotor gebruik sodat hy weet ek hom kan opspoor. Hy wil my daar he. Nou ja jou vuilgoed, jy gaan my kry!'

"Reichler!" Justin besef skielik dat Reichler reeds oppad is na die plek waar hulle die motor opgespoor het. Justin roep Reichler se naam in sy selfoon op en druk die skakel knoppie. Terwyl die foon begin lui kyk hy oor die Taxi bestuurder se skouer na die GPS monitor. Flubach? Sou dit wees waar hy al die tyd weggekruip het? Dis so 'n klein dorpie, en die teiken punt dui aan dat dit redelik buite die dorpie is.

Reichler antwoord en Justin val hom vinnig in die rede.

"Waar is jy nou? Goed, wag net daar ek sal jou nou sien."
LizaC  - Hoofstuk 25   |Author |2009-01-14 04:55:09
Amanda se spiere trek onwillekeurig saam toe sy die deur agter haar hoor oopgaan. Sy is nie seker hoe lank sy so op die koue vloer gelê het nie. Sy moes weggedommel het, want die bietjie sonlig wat saam met haar ontvoerder inkom, wys dat hoogmiddag al verby is.
"Jou ridder op die wit perd is oppad. Ek kan nie glo hy is so onnosel om oop oë in my lokval in te loop nie. Lyk my 'n verliefde man is 'n maklike prooi. Geen wonder jy het gedink dit sal nie te moeilik wees nie, my ou broer."
Hy streel liefderyk oor die half ontbinde kop. Amanda voel dit bitter gal in haar keel walg. Sy probeer aan iets anders dink, want sy weet dat sy net hier in haar eie gemors gelos sal word.
"Ek is dors", kom dit onwillekeurig oor haar lippe.
"Ag, siestog. Jou arme ding. So jammer dat jy maar nog so 'n bietjie sal moet uithou. Jou geliefde speurdertjie sal nou-nou hier wees, dan kan hy jou versorg voor ek julle albei van die gras af maak. Dan is daar nog net jou geliefde moedertjie om van ontslae te raak."
Die onwillekeurige kreun wat oor haar lippe kom, laat hom dreigend nader kom. Hy verstik half in die woorde wat hy wil uitspoeg. 'n Hoesbui oorval hom en buig hom dubbel. Toe hy sy mond afvee, is daar bloed aan sy hand. Hy vloek onderlangs en sit op sy hurke om sy asem terug te kry.
Sy stem kom hortend en met moeite asof hy uitgeput is van die inspanning.
"Soos jy kan sien, het ek niks meer om te verloor nie. Die dokter het gesê dit sal toenemend gebeur en dat ek elke keer swakker sal wees na so 'n insident. Sien, solank ek myself kan kry om nie te hoes nie, is ek okay. Kan ek selfs met inspanning 'n veertjie soos jy rondsleep as ek moet, maar moenie dink ek is van plan om jou weer rond te dra nie. Die laaste keer was amper te veel. Ek was amper bang ek maak dit nie. Jy is verantwoordelik dat ek besig is om stadig dood te gaan. As dit nie was dat ek jou so moes rondsleep nie, kon ek nog beter gevoel het. Soveel meer rede waarom jy moet vrek saam met Justin."
Amanda kyk bleek van koue en honger na die man. Sy kan skaars glo dat dit dieselfde mens kan wees. Kry hom amper jammer. 'Dit moet vreeslik wees om so deur haat verteer te word, dat jy jou eie liggaam verder sal breek om die planne deur te voer.'
"Hoekom haat jy ons so?", fluister sy.
"Hoekom? Hoekom?", kom dit al driftiger oor sy lippe. Die sterk stem slaan duideliker deur en klink amper weer soos die man wat soos 'n verkleurmannetjie kan verander.
"Julle is die skandvlek op ons familie, wat alles kom opdons het. Jou geheul met die Duitsers. Jou ma se verraad." Hy draai na die dooie oë: "Ulrich, ek sal haar laat betaal soos ek belowe het, ek sal hulle almal vrek maak. Jy sal sien broer. Ek sal hulle vir jou wys as ek klaar is."
Sy stem word al meer kermend en verward soos iemand wat kontak met die werklikheid verloor.
Dan draai hy na Amanda en vee my sy bebloede hand oor haar wang. Amper teer, asof sy kosbaar is.
"Sondra, ek is so jammer. Ek het nie geweet dit is jy nie. Ek het nie bedoel nie. Jou hand was so klein en weerloos in myne. Ek is jammer. Ek het nie geweet nie. Jy was te vinnig op my."
Sy oë kom weer half terug in fokus en dis asof hy weer bewus raak van sy omgewing, van Amanda.
"Dis jy, dis jou skuld dat sy dood is. Jy sal moet betaal. Moenie dink dat jy sal vryspring omdat jy soos sy lyk nie. Jy sal betaal vir my kind se dood. Dis alles jou skuld!"
Amanda krimp verder ineen as die agterkant van sy hand haar wang met 'n oorverdowende slag tref. Die droë bloed op haar gesig meng met Miguel s'n. Bloed teen bloed is die laaste gedagte wat deur haar flits voor die gesing in haar kop plek maak vir die genadige mantel van niksseggende duister.
Douwlina  - Hoofstuk 26   |Registered |2009-01-23 11:49:27
avatar Amanda veg teen vlae naarheid wat haar wil oorval. Haar ore suis en 'n onverwagte hittegloed
walm oor haar gesig. Sy voel hoe sy op haar kopvel begin sweet. Die reuk van verrotte vleis
hang swaar in die warm kamer.

Hy ruk haar aan haar hare:'Moenie jou oë toemaak nie. Groet jy nie familie nie?'

Hy du die grusame kop nader aan haar gesig.Die linker oog is oop en staar haar verwytend
deur 'n dowwe film aan.'n Groen brommer vryf sy voorpootjies bymekaar voor hy weer lustig
begin suig aan die sug wat uit 'n bars langs die neus loop.Daar is klein swart miere in die
grys hare.Die gesuis in haar kop word 'n dreigende rivier in vloed.

'Soen!' Die blou lippe smeer doodsvog oor haar wang as sy tenspyte van die pyn haar mond
wegruk.

'Jy het geen respek nie! Duiwelskind!' Sy oop palm klap teen haar wang, trane skiet in haar
oë en sy proe vars bloed aan die binnekant van haar mond. Met haar tong voel sy die stuk-
kende plek aan die binnekant van haar wang.

As sy net nie verskriklik swak en duiselig gevoel het nie. Sy besef dat dit hipoglukemie
moet wees. Sy is al hoelank sonder kos vasgemaak en sy was nog nie eintlik topfiks toe
hy haar ontvoer het nie. Iewers moet sy krag kry, want van veg of vlug gaan daar geen sprake
wees as sy so sleg voel nie. As sy haar bewussyn moet verloor! Alles sal verlore wees.

'Dors.' prewel sy oor droë lippe. 'Asseblief.' nog sagter agterna. Haar oë verloor fokus.
Die kamer swem in en uit in haar visie.

Hy is besig om die kop met teer hande weer in plasties toe te draai. Hy soen die gesig lief-
devol. 'My broer...my ou boetie...' dan tel hy lappe op wat sterk na eter ruik.Hy draai
die kop laastens in die lappe toe. Wit stroke soos hospitaalverbande, maar nie heeltemal
so nie. Dit laat haar aan die lap om 'n mummie dink.

Hy plaas die kop met deernis terug in die vrieskas. 'Slaap Boeta, dit sal goed wees vir
jou. Netnou-netnou het ons ons wraak voltrek.' Hy maak die deur toe en waai soos 'n kind
met sy hand:'Tatta Boeta...'

'Jy is dors.' sê hy en kyk haar aan asof dit eerste keer is wat hy haar sien, asof sy 'n
dorstige reisiger is wat net vir water aan sy deur kom klop het.

Hy hou 'n oop blikkie koeldrank na haar toe uit, besef toe dat haar hande nog vas is.Hy
druk die oop kant teen haar mond. Sy walg om te drink waar hy dalk gedrink het, maar as
die koeldrank warm en soet in haar mond vloei, sluk sy gretig.

Die selfoon op langs die rekenaar begin lui. Dit lyk asof hy nie die foon hoor nie. Hy
staan net met die blikkie teen haar mond. Kyk sorgsaam dat sy alles drink. Toe glimlag
hy en afsku, groter as vir die verrottende kop, vul haar. Sy oë kleef aan haar, ontklee
haar, raak haar aan.

Hy tree terug van haar, sy oë steeds op haar, die aaklige glimlag steeds op sy lippe wat
nog bruin spikkels op het van die hoesbui netnou. Sy hand voel-voel agter hom op die tafel.
Hy bring die selfoon na sy oor.

'Miguel.'en draai dadelik sy rug op haar toe hy skynbaar die stem herken.

'Lazerus. Ja, Lazarus, met 'n z, ja.'hy praat gedemp dat sy hom nie moet hoor nie.

'Dit was Ulrich, ja. Hoeveel? Waarde?' 'n hoesbui skeur deur hom. Hy hou die selfoon
weg van sy gesig. Sy sien die identiteit op die klein skerm voor die skermpie donker
word. JJ Mine. Sy is nie seker of sy reg gesien het nie.

Hy kry die hoesbui onder beheer. Daar is rooi bloed aan sy hempsmou en bloedskuim in
die hoekies van sy mond. Hyswets toe hy sien dat hy die foon doodgedruk het tydens die
hoesbui, soek op sy foon se adresboek en druk bewerig die regte knoppie.

'JJ Mining Company, goodday...'hoor Amanda duidelik voordat hy die luidspeker op sy
foon kan dooddruk. Hy gluur haar aan, maar sy het reeds haar kop laat sak op haar bors
en hou hom nou onder deur haar kuif met skrefiesoë dop. Dit lyk asof hy aanvaar dat sy
slaapof haar bewussyn verloor het. Tog praat hy dringend, maar sag. Sy hoor net hier en
daar 'n woord.

'Weltevrede....Kliprant.....Botswana.... Johannesburg, Renè....'

Buite hou 'n voertuig stil. Dit kners op die gruis. Daarna klap 'n motordeur, toe is
dit doodstil.
Vettie  - re: Hoofstuk 27   |Registered |2009-02-09 18:59:33
avatar Amanda luister na die voetstappe op die gruis. Sy wonder wie nou hier gaan aankom. Is dit dalk Justin? Saggies prewel sy by haarself; Liewe Here asb, enige iemand maar asb moenie dat dit Justin wees nie". Ulrich staan op van waar hy voor die tafel gaan sit het. Die rooi skuim in die hoeke van sy mond is nog daar. Amanda voel lus en skreeu vir hom om sy mond af te vee, maar sy is bang as sy nou haar kop oplig dan gaan hy weet dat sy wakker is.Hy wag wag vir die voetstappe om tot stilstand te kom voor die deur. Dit is doodstil en Amanda kan haarself hoor asem haal.Sy is doodbenoud en kan die sweet op haar voorkop voel deurslaan.

Die deur gaan stadig oop en kraak op sy skaniere, dit voel vir Amanda of haar longe gaan bars, soos sy haar asem ophou. "Ulrich ? Ulrich?" Die stem klink vir Amanda vaagweg bekend maar sy kan nie fokus nie. "Ulrich is jy hier?... Richy, dis ek Rene." Die skok van die stem en die naam maak Amanda skoon naar van skok sy ruk haar kop op en kyk vol ongeloof na die vrou wat hier voor haar staan." Mamma, Mammie is dit jy? " Nou eers lyk dit of Ulrich die ander persoon raaksien. Hy kyk na Rene met 'n wilde uitdrukking in sy oë." Wat de joos soek jy hier? Wil jy ook vrek soos jou dogtertjie? Sy verdien dit nie om te leef nie , my dogter moes sterf ter wille van haar!!!" Ulrich lyk soos 'n mal mens toe hy op Rene afstorm. sy maak haar reg vir die stormloop wat kom en gryp Ulrich styf teen haar bors vas." Ek is hier my liefling, en ek is hier om te bly, as jy nou van haar ontslae raak is daar niemand wat tussen ons twee staan nie en kan ons ons lewe saam oor begin" Sy vryf met haar hand teer oor die agterkant van sy kop. "Toemaar my liefling, ek is hier en alles sal goed afloop"

Waar Amanda staan kan die weersin op haar gesig, duidelik gesien word. " Mammie wat maak jy hier? Hy gaan jou doodmaak nes hy met die ander gedoen het. Mamma asb. sorg dat jy hier uitkom." Rene lig haar kop op en kyk in Amanda se rigting. Stadig laat sy Ulrich los en loop in Amanda se rigting. "Jy wat weet jy? Ken jy ooit vir Ulrich of die redes agter sy moordlus? Weet jy wie hom daarnatoe gedryf het? Jy, jy jou klein feeks, Pappa se meisiekind die enigste in die hele wereld. Niemand anders het saak gemaak nie net altyd JY!!!!!" Amanda voel hoe die duiseligheid haar oorweldig en sak stadig in die donker bodemlose put weg. Toe sy later wakker word sien sy Ulrich en haar ma by die tafel sit, hulle gesels onderlangs asof hulle haar nie wil wakker maak nie. Amanda voel lus om net oor te gee en het nie eers meer hoop op redding nie. Sy bid saggies by haarself dat die einde net vinnig moet aanbreek.

Toe sy haar oë op die twee mense voor haar fokus kom sy agter dat haar hande nie meer vas is nie en dat sy nou op die bed lê. "Sondra, sondra my meisie voel jy nou beter?
Amanda besef dat hulle met haar praat en dat sy nou Sondra se plek ingeneem het. Sy wil skreeu dat sy nie Sondra is nie, maar die teerheid op Ulrich se gesig is ongelooflik. Toe besef Amanda met 'n skok as sy en haar ma wil bly lewe moet sy vir eers Sondra wees.
LizaC  - Hoofstuk 28   |Author |2009-07-07 21:02:39
Dit voel vir Justin asof hy alle begrip van tyd verloor het. Minute tik ongenadiglik vinnig verby maar tog sleep die dag stadig verby. Na wat soos 'n ewigheid voel, kry hulle die weggesteekte motor. In die middel van nêrens. Daar is nie 'n enkele gebou of selfs 'n beduidenis van 'n gehuggie naby nie. Dit is asof die ysterklou en Amanda in 'n lugleegte verdwyn het. Die pes het hulle sowaar op 'n dwaalspoor gelei. Die vraag is net: wat het van hom en Amanda geword. Hulle kan tog nie te ver weg wees nie.
'n Span forensiese deskundiges is besig om die area te fynkam. Die honde eenheid is ook ingeroep. Die wêreld krioel van polisie aktiwiteit. As iemand net nie in die geharwar belangrike leidrade vernietig nie. Dit kan so maklik gebeur as daar te veel mense op die toneel is. As die tyd net nie so min was nie. Elke sekonde tel. As hulle haar nie vinnig genoeg vind nie, kan dit te laat wees vir Amanda.
"Inspekteur Faber, kom kyk hier", klief dit deur die koue.
Justin hardloop na waar die jong speurder opgewonde rond wip.
"Kyk, hier is nog 'n voertuig se spore. Dit lyk asof hy met die tweede voertuig hier weg is om ons op 'n dwaalspoor te lei. Daar is ook modder aan die kant van die gehuurde moter se bande, wat verskil van die grond hier."
"Roep vir Reichler. Hy is die ekspert op voertuie en bande. Laat hy gou kom kyk of hy kan uitmaak watter soort voertuig dit was. Kry die forensiese ouens om gipsafdrukke te neem. Ons het nie baie tyd nie. Die bliksem is slim, baie slim. Ons sal versigtig moet wees."
Justin se selfoon bleep-bleep dat hy 'n sms ontvang het.
Rene se nommer. Maar hoe nou? Sy is veronderstel om op 'n vlug Suid-Afrika toe te wees.
"Help. Ek & A @ klou. Ou huis @ woud"
Duidelik is die boodskap se stuur onderbreek. Ag Vader, gelukkig is hulle nog lewendig. Vir die oomblik.
"Luitenant, kom dadelik hier. Kry iemand by hoofkantoor om hierdie selfoonnommer se koördinate op te spoor. Dit is waar hulle is. Vind uit of hier naby 'n ou stal van een of ander aard is. Ek wil weet of daar enige konneksie tussen Ulrich en Flubach is. Keer elke klippie om as dit nodig is. Roep nog soekspanne in, enige iets. Tyd is kritiek. Reichler, kon jy iets wys word?"
"Dit lyk asof hy haar eers iewers moes gaan los het voor hy die voertuie omgeruil het. Daar is geen teken dat sy hier oorgelaai is nie. Daar is net een stel spore met geen teken dat hy iets of iemand gedra het nie. Die spore is nie diep genoeg om ekstra gewig aan te dui nie. Ek weet nie presies hoe hy dit gedoen het nie, maar hy het beslis moeite gedoen om sy spore te probeer uitwis."
"Omtrent 'n kilometer terug was 'n opstal wat lyk of dit bewoon word. Gaan vind uit of enige iemand iets gesien of gehoor het. Hulle kon nie spoorloos verdwyn het nie. En nog 'n ding. Ulrich het haar ma ook. Daar is nou twee lewens op die spel."
"Justin, ons het die koördinate. Dis so vyf kilometer van hier af."
"Kom, ons het nie baie tyd nie."
Douwlina   |Registered |2009-02-23 11:06:48
avatar Hoofstuk 29.

Renè het met my kop kom smokkel. Ek weet nie of ek haar moet vertrou nie. Sy haal eiers en spek uit die yskas. Skuif die kop uit haar pad om by die brood uit te kom.Daar is soveel stemme in my kop. My broer praat sag met my. Die gedreun van die yskas en die sis van die gas voordat Renè 'n vuurhoutjie oorverdowend trek en teen die gasplaat hou, maak dat ek nie hoor wat hy sê nie. Die gasvlam sis soos 'n boosaardige slang. Spek skiet in die pan.Die geluide maak my mal. Dalk moet ek weer die verdomde pille drink. Leponex. Dit maak my so siek, so afgestomp. Dan voel ek niks. Dit is belangrik om te voel. Nie te veel voel nie, want dan kan jy nie goeie besluite neem nie.

Ek is nog oukei. Kyk watter wonderlike slag kon ek slaan met die diamante op Marko se plaas.Ek kon uitwerk dat as hy
uit die weg is, sy nasate uit die weg is, dan bly daar net die aangenome seun oor as eienaar van die mineraleregte.

Alles net so in Marko se pa se testament. En ek is my broer se enigste erfgenaam noudat Sondra ook dood is.

Renè. Sy het ons verraai, sy het teen ons gekies, maar sy sê Marko sou my broer doodgemaak het as sy saam met hom
gegaan het en netnou toe sy die klein feeks, Amanda, so helse klap gegee het, het ek gedink dat sy werklik aan my
kant is. Nou weet ek nie.

'Moet haar nie vertrou nie.' sê die stem uit die yskas.

'Wees versigtig.' sis die gasvlam.

Haar hare val oor haar gesig as sy die eiers in die pan behendig omkeer.

'Jy het seker lanklaas geëet. Jy moet eet om jou krag op te bou.' sê sy en kyk my besorg aan. Hemel! Sy is so mooi!

Net soos ek haar onthou van daardie steeloomblikke op Ulrich se fotos en later my eie. Ek en Ulrich saam, en ook nie saam nie. Dan is dit hy, dan is dit ek en soms is dit ons. Maar Kleinboet nooit saam nie. Ons was al weggegee soos klein hondjies, toe is hy daar by Ma.

Renè is 'n goeie ma. Hoekom sal sy na ons teruggekom het as sy twee kinders deur ons verloor het? Maar sy was nie
goed vir Sondra nie. Sondra moes ook weggegee word nes ek en Ulrich.

'Liefde laat jou snaakse dinge doen.' sê Ulrich.

'Ja, maar hoekom nou?'

'Omdat dit tyd is.'

'Dit was lankal tyd. Voor Amanda en Heinrich nog daar was.'

Hy sien dat Renè hom vreemd aankyk.

'Dit is tyd dat jy eet. Kan ek vir Amanda ook iets gee om te eet terwyl ek en jy by die tafel aansit?'

'Hoekom?'

'Haar bloedsuiker val altyd. Jy wil tog nie hê sy moet daarvan sterf nie. Jy het mos ander planne.'

Ek kyk lank na Renè. Sy kyk terug en glimlag dat haar kuiltjies diep in haar wange duik. Ek is nie seker wat om te
doen nie.

'Ek gaan haar nie losmaak nie.'

'Dan gee ek eers vir ons kos en voer haar later. Mits dit goed is met jou?'

Ek kyk na die gedekte tafel. Dit sal soos 'n gesin wees.

Ek sien Renè vroetel in haar handsak. Wat het sy daar? 'n Wapen? Nee, sy haal 'n pakkie peppermente uit en buk by Amanda.

'Maak oop jou mond.'

Amanda lyk gedisoriënteerd, haar oë fokus nie heeltemal nie. Rene druk 'n wit lekker tussen haar onwillige lippe in.

'Suig verdomp! Dis nie gif nie.'Amanda begin lyk asof sy dit wil uitspoeg.

'Wil jy nog 'n klap hê? Suig, magtig.'

Wanneer Renè omdraai na my toe is haar oë onpeilbaar. Dit lyk asof storms daarin woed. Dan klaar dit op en sy
glimlag weer. Dit is asof die son deur onweerswolke breek. Ek wou graag dat Ulrich by ons sit terwyl ons eet, maar
ek hoor hom nie. Dalk rus hy.

Ek hoor 'n motor buite. Ek is seker daarvan. Staan op en loop venster toe. Druk die gordyn effe weg, tuur uit. Niks.Ulrich praat al harder. Daar is nog stemme uit die kamer agter my.

'Shuddup! Shuddup!'my kop wil bars.

Ulrich praat die hardste. 'Hulle is daar. Renè het ons verraai.'

'Shuddup! Shuddup!'
mvick  - Hoofstuk 30   |Registered |2009-02-24 18:04:06
avatar Die son hang bloedrooi oor die heuwel en die plantasies se skadus kruip al langer oor die gruis pad wat in die rigting van 'n klein houthuisie kronkel.

"Van hier af moet ons te voet beweeg," gee Faber die instruksie, "ek wil seker maak hy vermoed niks."

Dit lyk nogal vreemd, die houthuisie op so 'n groot stuk lee grond. Die plantasie omsingel die werf asof dit enige indringers wil uithou.

Die koordinate van die selfoon is binne 'n twintig meter radius vanaf die huisie se koordinate opgespoor.

Rene moet daar wees. dink Faber. En as Rene daar is, Amanda ook.

'n Angsgolf ruk skielik deur sy ligaam. Die Vader alleen weet wat ons hier gaan kry, wat sou Miguel met hulle aangevang het?

"Faber!" Reichler wuif hom nader.

"Hier staan nog 'n motor, kyk." Reichler lig 'n hoop ptakke op wat lyk soos 'n groot bos wat uit die lug uit geval het. Onder die takke is 'n motor versteek. "Luitenant Clayton het dit opgemerk."

"Goed. Nou weet ons ons is op die regte plek. Reichler, beweeg jy en Clayton om na die agterkant van die huisie en sien of daar 'n ingang is. Hou julle afstand sodat jy nie gewaar kan word nie. Ek sal van die vlank af inbeweeg saam met Konstabel Matthews. Ek sal vir jou sein wag oor die agterste uitgang. Dan, op my sein sal ek en Matthews die voordeur afbreek en Miguel onkant betrap" Angs sweet drup teen Faber se sye af, en die persperasie vorm op sy bo lip.

"Moet ons nie eerder vir die taakspan wag nie Faber? Hulle is opgelei in die ding en hulle sal binne 'n uur hier wees." protesteer Reichler.

"Daar is nie tyd nie Reichler, maak soos ek se!" Faber se asem jaag. Dit is 'n paar jaar sedert hy in so 'n situasie was. 'n Gyselaarsdrama in die Fillipyne. 'n Tweederangse leier van 'n tereurgroep het paniekerig geraak tydens 'n onderhandeling waartydens 'n gesin van drie Britse burgers aangehou is. Die leier het vasgeglo dat hy gevang sal word as hy die gyselaars vrylaat. Faber kon niks se om die bloedgieting te verhoed nie. Die taakspan het nie genoeg tyd gehad om te reageer nie. Teen die tyd wat hulle reageer het, was al drie gesinslede se koppe afgesny met 'n macheti. Die terorris het die eerste en naaste agent aangeval en is in sy spore gestuit met 'n horde skote. Binne was 'n groot aantal Marijuana gevind en lee drank bottels...

"Faber?"

"uh? Ja, nee Reichler, jammer. Ons sit met 'n waansin daarbinne wat reeds etlike grusame moorde gepleeg het. Ek is bevrees as ons wag en die taakmag daag hier op is dit dalk te laat. Ons weet nie wat is Miguel se volgende aksie nie. Amanda en Rene maak staat op ons, ons moet dit doen. Moenie bekommer nie, jy weet wat om te doen."

"Reg so Faber, ek verstaan. Clayton, laat ons gaan".

Reichler en Clayton verdwyn in die lang grasse en Faber besef weereens hoe goed sy span opgelei is. Die son sit nou onder die horison en dis nou laat skemer. Die plantasie is nou een groot massa wat dreigend oor die oop werf hang.

Dis goed dis donker, ons sal moeiliker raakgesien word. dink Faber.

"Matthews, laat ons aanbeweeg!"
LizaC  - Hoofstuk 31   |Author |2009-07-07 21:04:59
Renè se ore spits vir elke geluidjie. Sy is seker sy het 'n voertuig gehoor. Net vir 'n oomblik het die klank verby die gedreun van die ou yskas gesluip om haar moed te gee. Toe is dit weer grafstil.

Die ondraaglike stilte is heel moontlik wat haar die meeste vang waar hulle wag op Faber se reddingspoging. As sy net kan hoor wat buite aangaan, sal dit soveel makliker weet, sal sy haar kan voorberei op wat kom. Sy hoop en bid net dat die SMS Faber wel bereik het. As hy hulle nie vinnig kry nie, is dit neusie verby vir haar en Amanda. Die manier waarop Miguel haar dophou is senutergend. Elke beweging, elke asemhaling word deur hom gemonitor. Dit is onmoontlik om die selfoon weer te probeer gebruik. Nou-nou toe sy die peperment uit haar handsak gehaal het, het dit gelyk of hy haar enige oomblik gaan bevlieg. Versigtig wees. Een verkeerde beweging kan haar en Amanda se einde beteken.

Miguel se bleek gelaat wys dat hy nie heeltemal so sterk is wat hy graag sou wou voorgee nie. Sy kop wil-wil visvang, maar elke keer skrik hy weer helder wakker. As sy net nader aan Amanda kan kom om te kyk of sy nog reg is. Die peperment kon dalk help, maar wat sy werklik nodig het is proteïene. As Miguel haar net wil toelaat om haar kind te help. Dis die moeilikste rol wat sy nog ooit in haar lewe moes speel. As sy ooit hier uitkom, moet sy tog eendag 'n boek oor haar lewe skryf. Daar is genoeg stof om 'n gruwelike riller te skryf, maar wie sal ooit glo dat sy op een dag haar liefling dogter moes klap dat sy sterre sien en net daarna doodluiters kos langs die half ontbinde kop van haar grootste nagmerrie moes uithaal. Op 'n manier help die nagmerrie kwaliteit van die hele gemors haar oorleef. Dis asof sy haarself kan bluf dat sy nou-nou gaan wakker word en dit alles net 'n aaklige droom was.

Miguel dommel weer weg en Renè skuifel versigtig tot by Amanda. Haar vel is abnormaal wit en haar asemhaling heeltemal te vlak vir gemoedsrus. Amanda reageer nie eens op Rene se aanraking nie. As Justin nie gou kom nie, gaan dit te laat wees vir haar kind. Nee, sy kan haar dit nie eens indink nie. Sonder Amanda bly daar niks oor om voor te leef nie. Haar kop sak vir 'n oomblik op die koue hande. As Amanda net leef. Sy sal baie vinnig iets drasties moet doen, met of sonder Justin.

Die hare in haar nek rys toe sy bewus word van die warm liggaam wat agter haar staan.

"Jou feeks. Ulrich was reg. Jy het ons verraai."

Die klap kom so vinnig en onverwags, dat Renè haar ewewig verloor en in die omdraai se momentum, teen die bed se hoek val. Haar kop klap teen die harde vloer en die vertrek spat in sterre uitmekaar. Deur 'n waas van pyn sien sy die koue oë agter die uitgestrekte vlekvryestaal kontrapsie. In haar lewe het sy nog nooit soveel gekonsentreerde haat gesien nie. Alles in haar trek saam om vir oulaas te probeer veg vir haar lewe.

As Miguel haar vandag doodmaak, sal hy dit nie sonder 'n geveg doen nie. Haar bene trek in 'n fetus posisie in. Die dof gevlekte staal glim in die dowwe skemer. Miguel strek sy ander hand uit om haar vas te gryp. Die oomblik toe hy oorleun, skop sy met alle krag haar bene op en reguit. Die slag tref hom in die maag. Hy brul soos 'n besetene.

"Vandag vrek jy saam met jou gebroedsel. Ek moes jou nooit geglo het nie. Ulrich was reg. Ulrich, jy was reg." Skreeu hy vir die yskas.

Renè skarrel uit sy pad en gryp die pan waarmee sy netnou kos gemaak het. Sy besef die wapen is totaal ontoereikend, maar dis die beste wat sy kan doen. Sy vlug deur toe. Sy sataniese lag klief deur die lug.

"Dis gesluit, teef. Jy is vas. Jy is myne."

Hy stik effens in die woorde. 'n Hoesbui ruk sy lyf ineen. Hy gryp na sy middel om die hoes effens te probeer terughou. Bloederige skuimbolle lel teen sy ken af.

Rene stamp teen die deur in die hoop dat dit sal meegee, maar die lendelam struktuur is sterker as wat sy vermoed het. Sy soek skarrelend vir die sleutel. Sy het vroeër gesien dat dit aan 'n gerafelde tou vasgemaak is. As sy net kan sien wat Miguel daarmee gedoen het.

Haar oë soek koorsagtig vir uitkoms. Die hoesery gee haar speling, maar as sy nie vinnig iets drasties doen nie, is dit te laat. Dan sien sy die gerafelde tou. Dit hang half skeef uit Miguel se sak. Sy moet naby genoeg kom om dit in die hande te kry. Sy pyl op die dubbelgevoude man af, stamp hom verder van balans af en gryp twee maal na die sleutel. Die tweede keer kry sy dit vasgevat. Sy pluk aan die tou om dit uit sy sak los te kry.

Hy keer met die ysterklou en kloof haar linkerarm tot op die been oop. Bloed stroom en maak haar greep op die tou 'n taai glibberige gemors. Daar is nie tyd om die wond te probeer toedruk nie. As sy nie nou uit hierdie hel ontsnap nie, is dit in elk geval te laat.

Haar greep gly onhandig in die haas om die deur oop te kry. Sy gil as die ysterklou weer in haar arm inbyt. Sy weet nie waar sy die krag kry om los te ruk en die deur oop te kry nie. Al wat sy weet is dat sy nou onmiddellik hier moet uit. Die kruipende donker is al wat haar nou kan red. Sy moet by die bome kom. Haar struikel-val om die hoek van die geboutjie word gestuit teen 'n iets hard en koud.

"Amanda", is die laaste gedagte wat deur haar brein flits voor donker haar bewussyn opeis.
Douwlina   |Registered |2009-03-18 12:04:05
avatar Hoofstuk 32

Justin sien die deur oopgaan. Twee donker figure stoei teen die dowwe lig. Die ondergaande son flits vir 'n oomblik rooi op die blink van metaal. Dan val die kleiner figuur grond toe.

'Amanda!'

Die figuur in die deur kyk op asof hy nou eers bewus word van die mense buite. Hy spring weg uit die opening. Verdwyn in die skemer huis. Justin se opleiding weerhou hom daarvan om na die stil figuur te storm. Dit sal die persoon glad nie help as hy nou platgeskiet word nie.

Hy beweeg van struik tot struik. Dit bly onheilspellend stil in die huis. Geen geluid, geen beweging. Waar is Miguel? Die figuur op die vloer in die portaal is steeds roerloos.

Iewers klap 'n deur in die huis, dan is dit weer stil behalwe vir 'n nagvoël wat roep vir sy maat.Skielik is die voël stil en dan hoor Justin die geluid van vlerke in tussen blare. Die voël het vir iets of iemand geskrik.Die geluide kom van agter die gebou. Justin staan so stil dat 'n kriek iewers regs van hom begin skree. Wanneer hy weer vorentoe beweeg, is die insek stil.

'Amanda? Renè?' roep hy sag, vraend. Die figuur beweeg nie. Ag vader, laat hy tog nie te laat wees nie. Dan hoor hy dit. 'n Sagte kreun. Liewe hemel! Hy is nou naby genoeg om die helderrooi bloed om die stil figuur te sien. Die gesig is weg van hom gekeer. Hy hurk vinnig by die vrou, draai haar om en ruk sy asem in wanneer hy die gapende wonde aan Renè se arms sien.Haar gesig is wasbleek. Slegs die geringe beweging van haar borskas wys dat sy nog lewe.Hy trek haar na veiligheid in die beskermende donkerte buite. Sy vingers is glad en glyerig van warm bloed.Onder sy vingers op haar pols voel hy 'n flou klop.


Hy sien uit die hoek van sy oog hoe Reicher beskermend stelling inneem naby hom, sy pistool gereed in sy hande. Hy ruk toe 'n onheilspellende gil die stilte verskeur. Die gil word skerp afgesny deur die knal van 'n pistool. Nog 'n skoot klap.

'Justin, Reichler, hy is weg! Kom help! Mathews is dood.'dit is Clayton,die jong polisieman wat nou kort by hulle taakmag aangesluit het. Hy strompel bebloed uit die donker. Sy oë wyd van
vrees.Sy regterhand klou verbete aan sy pistool hoewel daar 'n skeurende wond gaap bokant sy elmboog.Hy druk met sy linkerhand 'n oop wond aan sy keel toe. Hy stort enkele treë van Justin neer.


'Ek kon hom nie keer nie...Die klou...'


Iemand roep dringend oor 'n radio. Justin is verskeurd. Iewers in die huis is Amanda. Haar ma lê en leegbloei voor sy voete en in die gras, enkele meters van hom af, lê een van die jongmans wat onder hom werk en roggel in sy eie bloed. Agter die huis is een van sy mense waarskynlik dood en die Ysterklou is op vrye voet.

'Amanda!'

Daar is geen antwoord nie. Renè maak haar oe oop. 'Amanda. Sy is in die kombuis.

Bewusteloos. Bloedsuiker...'fluister sy met inspanning. 'n Dun straaltjie bloed vloei skielik in 'n klein stroom uit haar een mondhoek. Haar oë word dof van die pyn, maar sy veg teen die donker mag van die dood. 'Kry haar... Keer hom. Sy is al wat ek oorhet.'


Justin voel asof sy hom vry gemaak het. Hy hoor Reichler se stem asof van ver. 'Ek sal by haar bly. Soek vir Amanda.' Sy voete vind self hulle pad deur die skemer portaal, gang-af.

Hy kyk versigtig by elke deur in. Skielik is die kombuis voor hom. 'n Soet reuk maak 'n aanslag op sy reuksintuig. Dit ruik soos outopsiekamer, dink hy flietend. Dan sien hy Amanda sit op die vloer. Sy leun vorentoe sodat haar hare haar gesig bedek. Nylontoue sny diep in
haar sagte armspiere in soos haar liggaam vorentoe lê teen die toue. Sy beweeg nie.

'Amanda!' Dit lyk asof sy dood is.
LizaC  - Vettie se hoofstuk 33   |Author |2009-07-07 21:11:41
Justin voel hoe die adrenalien deur sy are vloei. Hy storm vorentoe en buk by die stil figuur wat vorentoe hang. Met haastige, dom vingers knoop hy die toue los. Hy voel hoe die slap arm
uit sy hand gly. Amanda lyk soos 'n lappop waar sy met die een hand nog aan die tou hang, vinnig knoop hy die laaste tou los en raap haar in sy arms op.
Toe hy buite kom lê hy haar saggies op die gras neer en gooi sy baadjie oor haar. Hy kyk rond en skreeu: "Reichler, kom help hier!" Hy sien die flitsende ligte deur die bosse aankom en staan regop. Hy voel iets kriewel in sy nek, draai stadig om en kyk na die oop deur. Moet hy, of sal hy wag tot later?
Nee!Amanda is nou sy prioritiet, sy moet eers veilig wees.
Hy wag tot die ligte tot stilstand kom en hardloop na die eerste ambulans toe: "Help asseblief dadelik daardie drie daar. Twee van hulle bloei sleg en Amanda se bloedsuiker is buite beheer."
Hy stap verby na waar die polisie voertuie tot stilstand gekom het. Reichler tree vorentoe en verduidelik aan die konstabels wat gebeur het - hulle stap almal na die oop deur toe. Justin stop langs Amanda waar sy in die tweede ambulans getel word. Sy lyk so weerloos en sy hart gee sommer 'n ruk toe hy haar bleek gesiggie teen die kussing sien. Hy buk af en druk 'n sagte soen op haar voorkop.
"Gou beter word my liefling," fluister hy teen haar sagte vel. Hy draai om en stap met vasberade tree aan na waar die ander wag.
Reichler kyk met groot oë na Justin waar hy nou ook langs die vuil kombuis tafel staan. Een van die konstabels het die yskas oopgemaak. Die half ontbinde kop staan halfoop binne in die plastiek sak. Justin loop nader - hy kry weer die kriewelrige gevoel in sy nek. Hy haal die plastiek sak uit en kyk na die kop hier voor hom.
"Soveel hartseer vir soveel mense en jy is niks." Hy trek die plastieksak terug oor die kop en draai om.
"Reichler sorg asseblief dat alles hier gefynkam word, elke stukkie afval en vuilheid moet deursoek word. Hier lê al die antwoorde van hierdie sinnelose moorde. Justin se woorde word stomp afgesny deur onheilspellende gille, almal storm gelyk na buite. Justin kyk na waar die voetuie staan en sien die konstabel op sy rug. Hy hardloop verskrik nader en sien dadelik die gapende wonde waar die man se maag moes wees. Oor sy skouer skreeu hy: "Reichler, laat een van die manne die kombuis oppas. Laat die res uitsprei en die omgewing fynkam."
Oor die tweerigting radio hoor hy dat die tweede ondersteunende span 'n verlate ambulans langs die pad gekry het. Amanda dink hy dadelik.
Riechler kom langs hom staan waar hy verwese na die sterwende polisieman kyk.
"Justin die kop, dit het net verdwyn! Dit is nie meer op die tafel waar jy dit neergesit het nie."
Justin kyk op na Reichler. "Amanda ook - hulle het haar ambulans langs die pad gekry. Net die lyke van die paramediese manne - geen pasiënt nie."
LizaC  - Hoofstuk 34   |Author |2009-07-08 06:10:10
Justin vee moeg met sy hand oor sy oë. Sy grootste vrees is bewaarheid. Die ysterklou het weer spoorloos met Amanda verdwyn. Hy het so veel kundiges moontlik op die verskillende tonele om leidrade te soek. As hy maar homself in duisende stukke kon sny om oral te wees, sou dit soveel makliker gewees het, maar hy weet dit is onmoontlik. Voor sy oë ontvou meer leidrade oor Miguel se beweegredes. Hy kan sien hoekom hy die slagoffers uit die weg wou ruim, maar hy wens hy het geweet waarheen die duiwel nou weer met Amanda is. Leidrade by die ambulans-toneel is volgens Reichler meer as gewoonlik, maar hulle weet nog steeds nie waarheen die twee verdwyn het nie.

Dat Miguel 'n baie siek man is, is beslis. Op die ruwe houtrak staan genoeg medikasie gekry om 'n klein apteek te bedryf. Al wat hy kan hoop is dat die Ysterklou foute sal maak omdat hy haastig en siek is. Dit is hulle grootste hoop.

Dat die man 'n obsessie met die Nazi's het, is meer as duidelik. Daar is genoeg boeke opgestapel oor kwazi-Nazi bewegings reg oor die wêreld, om navorsers vir lank besig te kan hou. Sy kleinboet, Joseph Lazarus Wechsler, se dood het beslis die hele moordvlaag begin. Teen die mure is duisende uitknipsels van koerantberigte, artikels, foto's en aantekeninge. Niemand sal ooit vir seker weet of die jong seun se dood beplan was nie. Heel moontlik was die kind net verkeerde tyd op verkeerde plek. Hoe dit ookal sy, Ulrich en Miguel volg al vir jare elke beweging deur of teen die Neo-Nazi's. Uit die verskil in handskrif op die notas, lyk dit asof Ulrich begin het met die bisarre versameling. Na hulle kontak in Weskoppies, het Miguel sy werk kom voortsit. Justin staan verstom voor die verhaal wat voor hom oopvou.

Die gesigte van die vier jong mans wat vir hulle broertjie se dood verantwoordelik was, gryns dof van die vergeelde koerantuitknipsel af na Justin. Oor elke gesig is 'n ster van Dawid getrek. Vier toutjies span van elke gesig, na vier groeperings foto's, uitknipsels en notas. Elke groepering afgesluit met 'n gru-foto van verminking. Justin herken die tonele. Die Rathaus, Vliehmarkt, Judenbusch en die blonde seun in Amsterdam.

Sy aandag verskuif na 'n volgende groepering foto's. 'n Familiestamboom ontvou met haat en nyd oor alles geskryf. Amanda en René se foto's, die enigstes wat nog nie deurgetrek is nie. Die klou se werk is duidelik nog nie klaar nie. 'n Aantekening langs hulle foto's trek sy aandag.

"Nog net julle twee, dan is die diamante op die plaas myne!" Die afskrif van Marko se pa se testament, flap verlep teen die aansteekbord. So dis waaroor dit eintlik gaan, dink Justin. Die skoonmaak van die bloedlyn, is toe nie die enigste motivering nie. Dit is verbasend hoeveel mense hulself sal wysmaak as daar geld op die spel is. Familie-vetes kan skielik nuwe afmetings aanneem. Nou maak alles nog meer sin. Justin wonder by homself of Miguel werklik gedink het dat hy daarmee sal kan wegkom. Sou hy homself as Ulrich probeer voordoen, om die erfporsie op te eis? Uit dit wat René gesê het voor sy met die ambulans weg is, was dit duidelik dat Miguel nie altyd meer seker was of hy Ulrich of Miguel is nie. Hoe ver moet mens heen wees om te kan glo dat jy jou broer is? Nog 'n fotostaat trek Justin se aandag. Ulrich se testament. Dalk is Miguel nie so mal as wat hulle dink nie. Hy is Ulrich se enigste erfgenaam. Amanda en René is die laaste klip in sy pad. René is ook lank nie buite gevaar nie.

Justin se selfoon maak seker dat die sekuriteit om Rene se kamer verder opgeskerp word. Dalk is sy die enigste manier om Miguel vas te trek. Justin blaf 'n laaste paar opdragte voor hy hospitaal toe jaag. Terwyl hy deur die nag sny, bly sy brein deur die feite sorteer. Hy is nou nog verstom hoe Miguel dit reggekry het om hom eers as Reichler voor te doen. Justin kan nou nog skaars glo dat die moordenaar voor hom gestaan het nie. Dat hy met hom gepraat het, saam met hom gewerk en beplan het terwyl hy hom 'n rat voor die oë gedraai het nie. Die suiwer arrogansie van die plan, het dit laat werk. Dat hy 'n meester van vermomming en strategie is, is onbetwyfelbaar. Dit gaan 'n meester neem, om 'n meester uit te oorlê. Hy sal verder moet opskerp, anders is dit verby met Amanda. As dit nie alreeds te laat is nie. Die Judenbusch, amper vergeet hy daarvan. Miguel se stem spook by hom: "So nie, kan jy vanaand Amanda se oorblyfsels gaan optel by die Judenbusch. Ek sal seker maak sy wag jou in met ope arms..." Hy sal dadelik iemand moet uitstuur Judenbusch toe. 'n Soektog deur sy sakke lewer een laaste sigaret, wat sy bewende hande 'n bietjie kalmeer. Hy moet onthou om 'n nuwe pakkie te koop, maar eers moet eers weer met René praat. Dalk weet sy van nog 'n plek waar hy sou kon wegkruip. Sy het op een of ander wyse van die opstal in die woud geweet, dalk weet sy nog iets wat kan help. Een van Reichler se manne is reeds na Judenbusch oppad, toe Justin die hospitaal se trappies opdraf. Sy lyf kla dat hy al te lank sonder kos en slaap klaarkom. Hy draai by die koffiemasjien voor hy na die waakeenheid stap. Die wag by die deur salueer hom toe hy nader stap.

Hy kyk af na die bleek gesig tussen die pype en masjiene. Haar hart se ritme is 'n flou maar egalige versteuring op die masjien se skerm. Die rooi bloed wat haar moet voed, sypel in die bleek arm weg. Die personeel wou hom nie by haar toelaat nie, maar hy't gesê dis sy skoonma. As hierdie nagmerrie verby is, is dit wat sy gaan word. Hy kan nie dat Amanda weer uit sy lewe verdwyn nie. Daar is geen reaksie toe hy René se naam noem nie. 'n Suster kom nader om die aarvoeding na te gaan.

"Hoe gaan dit met haar?"

"Sy stabiel, maar onder baie sterk verdowing. Dit sal 'n wonderwerk wees as ons haar kan deurhaal. Dit is al die derde punt bloed daardie. Sy sal heel waarskynlik nog moet kry. Gelukkig is daar nie slagare af nie, maar die wonde is baie diep. Dokter hoop dat al die spiere sal herstel. Sy kan selfs die arm se gebruik verloor. Net tyd sal leer."

Justin besef, dat hy hier niks meer wys gaan word nie. Hy gee René se bleek hand 'n drukkie en sê: "Ek sal haar soek en kry, al is dit die laaste ding wat ek doen. Dit belowe ek jou."

Op pad Judenbusch toe, stop hy vir brandstof en sigarette. Sy oë brand van vermoeienis. Daar is nog geen nuus van Judenbusch nie. Dalk is dit nie waarheen hy haar geneem het nie. Hy en Miguel ken al mekaar se redenasies en bewegings soos dansmaats. Hy verwag moontlik dat ek hom daar sal gaan soek. Die vraag is nou net of hy die plek dus gaan vermy of 'n lokval gaan probeer stel. Wanneer twee opponente mekaar te goed begin ken, begin 'n hele nuwe spel op 'n totaal ander vlak, waar elke nuwe skuif onvoorspelbaar raak. Die polisiemotor se radio gee 'n kraak, maar is dan weer stil. Die pad word te stadig opgevreet deur die wiele. As die wolkbedekking nie so dig was nie, sou hulle vir hom 'n helikopter kon stuur, maar die weer het om alles te kroon, teen hulle gedraai. Justin wens hy het nie alleen gery nie. Gewoonlik verkies hy dit so, maar skielik het hy behoefte aan iemand om mee te praat. Teorieë en gedagtes mee te toets, soos hy en Amanda altyd doen. Amanda. Hy moet nie te veel aan haar dink nie, anders gaan hy mal word. Hy hoop net hy lees die Ysterklou reg. Dan het hulle dalk nog 'n kans. Die nag rek saam met die pad. Justin se foon ruk hom uit sy mymering. Hy het amper aan die slaap geraak agter die stuurwiel. Hy moes nie alleen gery het nie. Reichler se nommer flits op die skerm.

"Justin, ons het hom gekry."

"Waar? Is sy okay?"

"Flubach se begrafplaas. Een van die patrolliemotors het 'n verdagte voertuig opgemerk. Ons het haar nog nie, maar hulle het Miguel gekry. Hy is bewusteloos."

"Ek is oppad. Brei die soektog uit. Ek moes gedink het Judenbusch is te ver. Hy is siek. Verdomp. Ek moes verder gedink het."


Reichler tel vir die hoeveelste keer die aand sy selfoon op. Miguel is dood. Longkanker en inspanning het sy tol geëis. Hulle kon hom nie weer by kry nie. Nie dat hy 'n enorme begeerte gehad het om die man se lewe te red nie, maar hy was die enigste een wat geweet het waar Amanda is. Nou is dit ook nie meer nodig nie. Hy wens iemand anders kon hierdie oproep na Justin maak. Hulle het dit wat van haar oor was op 'n graf gekry. Die engel met uitgestrekte arms oor haar gesiglose liggaam uitgesprei. Die grafskrif dof in die eerste lig: "Maria Zwarski. 1 April 1921 - 15 Oktober 1958. Aan ons engel Moeder. Ons sal nooit vergeet nie."


Justin sluit moeg sy woonstel se voordeur oop. Was dit dae, maande of jare gelede wat hy hier weg is? Amanda is dood. Niks maak meer saak nie. Die skok was vir René te veel. Sy het eenvoudig ophou veg. Die dubbele begrafnis was amper te veel vir hom. Hy wil nooit weer iets van speurwerk hoor nie. Hy het te veel verloor. Hy wil nie meer voel nie. Hy weet nie eens of hy meer wil leef nie. Eers Kyle, nou Amanda.

Sy oë gly oudergewoonte oor die woonstel. Sy huishulp het duidelik skoongemaak voor hy gekom het. Daar lê 'n hoop onoopgemaakte pos op die sitkamertafeltjie met die watermerke. Voor sy oë sien hy 'n ander watermerk op 'n druppelmatjie. 'n Merk wat met bloed vervloei. Sy kop sak tussen sy hande. Die drukking wil nie bedaar nie. Hy hoor Miguel se stem koggel: "Ek sal seker maak sy wag jou in met ope arms..." Hy hoor sy eie stem deur die vertrek terugkaats: "Jy het gewen Miguel. Ek was nie vinnig genoeg nie. Jy het gewen."

Hy weet nie hoe lank hy so gesit het nie. Dit is half donker toe hy opstaan om vir hom 'n sterk dop te skink. Hy sit uit gewoonte die lig aan voor hy gaan sit en die TV remote optel langs die pos. 'n Pakkie wat half onder die tafeltjie staan, trek sy aandag. Iemand moes dit seker saam met die pos afgehaal het. Dit is nogal swaar vir iets wat uit Duitsland gepos is. Dit is seker iets wat Reichler-hulle aangestuur het. Al wat hy kan wys word, is dat dit in Dusseldorf gepos is. Hy maak dit oop en kry 'n brief met die woorde: "Lees eers" in groot letters daarop geskryf, bo-op 'n verdere pakkie geplak.

"Wanneer jy hierdie pakkie kry, is my werk klaar. Sondra is dood en ek weet dat ek heel moontlik nie die diamante sal kan ontgin soos my plan was nie. Die longkanker vreet vinniger aan my as wat ek verwag het. Hier is my testament. Dit is nou alles joune. Die myn, die eiendomme in Duitsland, alles. Jy het alles wat saak gemaak het, behalwe Amanda. Jy weet nou hoe dit voel om alles te verloor. Hoe ons al die jare gevoel het. Dit is jou straf. In die pakkie is vir jou 'n geskenk uit die hel. Gebruik dit gerus. Mag ons mekaar daar ontmoet.

Miguel Ulrich Zwarski-Dixon."


Hy skeur die pakkie oop. In sy hande glim 'n splinternuwe ysterklou.

3.20 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

Last Updated ( Maandag, 25 Augustus 2008 )
 
< Prev

Beveel ons aan by jou Sosiale netwerk


RedditDel.icio.usGet more widgets at VivoCiti.comDiggGoogleHuggReddot@eShiok!LiveFacebookSlashdotNetscapeTechnoratiStumbleUponSpurlWistsSimpyNewsvineBlinklistFurlFarkBlogmarksYahooSmarkingNetvouzShadowsRawSugarMa.gnoliaPlugIMSquidooco.mmentsBlogMemesFeedMeLinksBlinkBitsTailranklinkaGoGo
Module is designed by http://www.vivociti.com

Teken in op ons RSS kanaal

Statistieke

Members: 600
News: 130
Web Links: 0

Meningspeilings

Gaan die Bokke wen op Ellispark ook, en onoorwonne uit die reeks tree?