Teken Aan

Facebook

 
Banner
Welcome, Guest
Please Login or Register.    Lost Password?
praat-afrikaans.co.za Announcements

Begin hier, lees my heel eerste!

01/22/2011 00:00
Hi almal, baie welkom by die forum! Ek hoop julle geniet julself gate uit. Ek weet ek gaan! Dis net 'n lekker plek om te kuier en gesels in Afrikaans, om mekaar te help, te terg, siele uit te trek, te komplimenteer, grappe te vertel en soortgelyke nonsens.

As daar enige iets is waaroor jy wil kuier en/of gesels, en daar's nie 'n geskikte forum daarvoor nie, noem dit onder die VERSOEKE forum, en ek kyk of ek gou vir julle 'n forum kan skep vir daardie onderwerp. Ek wil rêrig net hê ons moet ammal lekker saam kuier oor enige twak en nog wat...nes Afrikaners alleen kan. Die idee van die hele site en die forums is bloot om Afrikaans te promoveer soveel as moontlik.

Praat Afrikaans sal standpunt inneem in die vorm van verwydering-van-die-pos of verbanning-van-die-individu teen die volgende op die Forum:

* Enige vorm van bemarking of advertensie wat nie deur die blad se Administrasie goedgekeur is nie. As jy graag op Praat Afrikaans wil adverteer of bemark, kontak admin@praat-afrikaans.co.za, ons het advertensieprogramme wat jou kan help.
* Agressiewe gedrag wat buite die aanvaarde norm val van die deursnee-gebruiker se sosiale milieeu.
* Onnodige, ongevraagde belediging of belastering van 'n persoon buite die omvang van 'n driftige debat.
* Opmerkings wat voor-die-handliggend as rasisties voorkom.
* Enige vorm van gemorspos of haatpos.
* Enige poste waarvan die gees daarvan in die opinie van die Administrasie voorkom om Anti-Afrikaans te wees.

Praat Afrikaans sal geen standpunt inneem teen die volgende op die Forum nie:

* Godsdiens en sake van geloof
* Morele waardes en opinies
* Geen gesprekke sal gesensor word nie, behalwe in die geval waar die gesprek die hoofdoel van Praat Afrikaans blyk te benadeel.
* Politiese opinies
* Suiwerheid van die taal en keuse van taalgebruik: (a) Mense wat swak Afrikaans praat, (b) Mense wat probeer leer om Afrikaans te praat, (c) Mense wat sms-taal gebruik, (d) Mense wat hul taal meng.
* Ligter "beledigings" (of dan "stekies"), of tong-in-kies uitsprake binne die verband van 'n driftige debat

Praat Afrikaans poog op geen stadium om homself uit te gee as 'n kenner op die gebied van taalsuiwerheid nie, en poog ook op geen stadium om 'n toepasser van taalreëls te wees nie. Praat Afrikaans het geen amptelike opinie oor wat presies suiwer Afrikaans is, of wat dit behoort te wees nie. Praat Afrikaans skep slegs 'n platvorm vir mense wat Afrikaans tot 'n mate magtig is om saam te kan klets. Ons uitsluitlike doel is om die taal te bemark, bekend te stel en die gebruik daarvan te bevorder.

Praat Afrikaans behou steeds die reg voor om op te tree teenoor enige pos wat, in die opinie van die Administrasie, blyk die hoofdoel aan te tas of te verhinder.
 

HootSuite: Social Media Dashboard

Kry HOOTSUITE nou vir al jou sosiale behoeftes!
  • 30 Dae gratis toetstydperk van die "PRO" weergawe
  • Skeduleer en outomatiseer honderde boodskappe / plasings oor talle sosiale netwerke
  • Plaas gelyktydig na al jou sosiale netwerke, met een knoppie
  • Voeg tot 9 spanlede by tot jou rekening

Wie's nou aanlyn?

Geen